Lascaux
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Lascaux is die naam van 'n dorp in die département Dordogne (Frankryk). In die omgewing van Lascaux, sowat twee kilometer suidoos van die dorp Montignac, lê die bekende grot van Lascaux met 'n aantal rotstekeninge, wat tot die oudste bekende menslike kunswerke behoort. Die grot is deur die UNESCO as wêrelderfenisgebied erken.
Die tekeninge ontstaan vermoedelik in die Magdalénien-tydperk, tussen 17 000 en 15 000 v.C., en verbeeld hoofsaaklik destydse diere soos die oeros, perd en hert in 'n hoogs realistiese manier. 'n Ander gewilde motief is die omtrekke van die menslike hand.
Die grot is op 12 September 1940 ontdek en sedert die jaar 1948 toeganklik vir die publiek. Die kooldioksied, wat deur die daaglikse 1 200 besoekers vrygestel is, beskadig die tekeninge egter duidelik. In 1963 is die grot weer vir die publiek gesluit. Die tekeninge is vervolgens gerestoureer en word nou daagliks bewaak.
'n Namaaksel van die grot, Lascaux II, staan sedert die jaar 1983 oop vir die publiek. Afbeeldings en reproduksies van ander kunswerke uit Lascaux word in die Museum vir Prehistoriese Kuns "Le Thot" naby Montignac vertoon.