Mos
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
?
Mos |
|||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|
![]() "Muscinae" uit Ernst Haeckel se Artforms of Nature, 1904
|
|||||||
Wetenskaplike klassifikasie | |||||||
|
|||||||
|
|||||||
|
Mosse is klein plante wat selde hoër as 50 mm (2 duim) groei. Hulle groei gewoonlik dig by mekaar in in trosse of matte in klam plekke of in skaduwee. Hulle het nie blomme nie en hulle eenvoudige blare bedek dun draadagtige stingels. Met tye produseer mosse sporekapsules wat as snawelvormige kapsules wat deur dun stingels omhoog gehou word kan verskyn.
Inhoud |
[wysig] Oorsig
Botanies gesproke is mosse briofiete, of nie-vaatplante. Hulle kan onderskei word van die oënskynlik soortgelyke lewermosse (Marchantiophyta of Hepaticae) deur hulle meersellige risoïede. Ander verskille is nie universeel vir alle mosse en alle lewermosse nie, maar die teenwoordigheid van duidelik gedifferensieerde "stingels" en "blare", die gebrek aan diep gelobte of gesegmenteerde blare, en die gebrek aan blare wat in drie range geranskik is, dui almal aan dat 'n plant 'n mos is.
Die afdeling Bryophyta het voorheen nie net mosse ingesluit nie, maar ook lewermosse en horingblaaie. Die ander twee briofietgroepe word nou baie keer in hulle eie afdelings geplaas.
Behalwe daarvoor dat hulle 'n vaatstelsel ontbreek, het hulle 'n gametofiet-dominante lewensiklus, i.e. die plant se selle is haploïed vir die grootste deel van hulle lewensiklus. Sporofiete (i.e. die diploïedliggaam) is van korte duur en is afhanklik van die gametofiet. Dit is in teenstelling met die patroon wat deur meeste "hoër" plante en deur meeste diere gevolg word. In vaatplante word haploïed generasie byvoorbeeld deur die stuifmeel en die saadknoppie verteenwoordig terwyl diploïedgenerasie deur die alom bekende blomplant verteenwoordig word.
[wysig] Lewensiklus
Meeste plantsoorte het 'n dubbele chromosoomgedeelte in hulle selle (diploïed, i.e. Elke chromosoom het 'n ooreenstemmende chromosson wat die selfde genetiese inligting bevat) terwyl mosse (en ander briofiete) slegs 'n enkele stel chromosome het (haploïed, i.e. elke chromosoom in 'n sel is uniek). Daar is tydeperke in die moslewensiklus wanneer hulle 'n volle gepaarde stel chromosome het maar dit is slegs tydens die sporofietstadium.
Die lewe van 'n mos begin met 'n haploïed spoor, wat ontkiem om 'n protonema te produseer, wat of 'n massa filamente of talloïed (plat en tallusagtig). Dit is 'n oorgangstadium in die lewe van 'n mos. Uit die protonema groei die gametofoor ("gamete-draer") wat differensieer in stingels en blare ('microphylls'). Van die punte van die stingels of stamme ontwikkel die geslagsorgane van die mosse. Die vroulike organe staan bekend as archegonia (enkelvoud archegonium) en word beskerm deur 'n groep aangepaste blarewat as die perichaetum (meervoud perichaeta) bekendstaan. Die archegonia het nekke genaamd venters waarin die manlike sperm afswem. Die manlike orgaan staan as antheridia (enkelvoud antheridium) bekend en word toegevou deur aangepaste blare genaamd perigonium (meervoud perigonia).
Mosse kan of dioicous (vergelyk met dioecious in saadplante) of monoicous (vergelyk met monoecious). In dioicousmosse, word beide manlike en vroulike geslagsorgane op verskillende gametofietplante gedra. In monoicous (ook autoicous genoem) mosse, word dit op dieselfde plante gedra. In teenwoordigheid van water swem sperm van die antheridia tot by die archegonia en bevrugting vind plaas, wat lei tot die produksie van 'n diploïedsporofiet. Die sperm van mosse is biflagellate, i.e. hulle het twee flagella wat aandrywing ondersteun. Sonder water kan bevrugting nie plaasvind nie. Na bevrugting druk die onvolwasse sporofiet deur die die archegoniale venter. Dit neem omtrent 'n kwart tot 'n halwe jaar vir die sporofiet om volwasse te word. Die sporofietliggaam bestaan uit 'n lang steel, genaam 'n seta, en 'n kapsule met 'n kappie wat die operculum genoem word. Die kapsule en operculum word op hulle beart weer deur 'n haploïed calyptra skede omvou wat die oorblyfsel van die archegoniale venter is. Die calyptra val gewoonlik af wanneer die kapsule ryp is. Binne die kapsule ondergaan spoorproduserende selle meiosis om haploïde spore te vervaardig, waarna die siklus weer kan begin. Die mond van die kapsule word gewoonlik omring deur 'n stel tande genaamd peristome. Dit kan in sommige mosse afwesig wees.
In sommige mosse word groen plantaardige strukture genaamd gemmae op die blare of stingels vervaardig, wat kan afbreek en nuwe plante vorm sonder dat dit nodig is om deur 'n bevrugtingsiklus te gaan. Dit is 'n geslagslose voortplanting vermoeë.
[wysig] Klassifikasie van mosse
Mos is tradioneel saam met lewermos en horingblad in die Afdeling Bryophyta (briofiete) gegroepeer, waarbinne mosse die klas Musci verteenwoordig het. Die groep, is egter parafilities en die neiging is nou om hulle op te breek. In so 'n stelsel verwys die Afdeling, Bryophyta spesifiek na die mosse. Dit lyk of hulle die naaste lewendige familie van die vaatplante is.
Die mosse word gegroepeer in 'n enkele klas nou genaamd Bryopsida, en word verdeel in sewe subklasse:
- Andreaeidae
- Sphagnidae
- Tetraphidae
- Polytrichidae
- Buxbaumiidae
- Bryidae
- Archidiidae
Andreaeidae word onderskei deur die biseriate (twee rye selle) rhisoïde, multiseriate (baie rye selle) protonema, en sporangium wat lengtegewys verdeel. Meeste mosse het kapsules wat bo oopmaak.
Die Sphagnidae, die veenmosse, bestaan uit die enkele genus Sphagnum. Die vrom uitgebreide suur veenlande of veenmoerasse. Die blare van Sphagnum het groot dooie selle wat afwissel met lewendige fotosintetiese selle. Die dooie selle help om water te berg. Behalwe vir die kenmerk stel die unieke vertaking, thallose (plat en uigerek) protonema, en ontploffende sporangium dit apart van ander mosse.
Die Tetraphidae is uniek in die sin dat, soos hulle naam aandui, dit slegs vier groot peristome tande om die opening van die kapsule het.
Polytrichidae het blare me lamellae, wat flappe op die blare is wat soos die vinne van 'n heat sink lyk. Dit help om vogtigheid te bewaar. Hulle verskil ook van ander mosse wat betref ander details van hulle anatomie en ontwikkeling.
Die Buxbaumiidae word ook 'bug mosses' genoem omdat hulle gewoonlik baie klein en minder gametofore het en die hele plant meestal die sporofiet kapsule is. Die vorm herinner aan die van 'n bug, wat aanleiding gee tot die volksnaam.
Meeste (>95%) mosse behoort tot die Bryidae.
Die Archidiidae word onderskei deur hulle uiters groot spore en die wyse waarop die sporangium ontwikkel.
[wysig] Habitat
Mosse word hoofsaaklik in vogtige plekke met lae ligvlakke in baie gebiede in die wêreld aangetref. Mosse is volop in beboste gebiede en op die rante van strome. 'n Paar spesies is geheel en al akwaties, soos Fontinalis antipyretica, en ander soos Sphagnum spp word in moerasse, veenlande en baie stadig bewegende waterweë aangetref. Sulke akwatiese of semi-akwatiese mosse kan baie langer wees as die normale lengtes van mosse wat op droë grond aangetref word. Individuele plante kan verskeie sentimeters lank is byvoorbeeld algemeen in Sphagnum spesies. Mosse word ook in krake tussen plaveiklippe in klam stadstrate aangetref. Sommige tipes is aangepas tot stedelike omstandighede en word slegs in stede aangetref.
Waar ook al hulle voorkom benodig mosse vog om te oorleef as gevolg van die klein grootte en dunheid van die weefsel, gebrek aan cuticle (wasagtige bedekking wat waterverlies verhoed), en die verseite vir water om bevrugtingand te bewerkstellig. Party mosse kan uitdroging oorleef en word weer lewendig na 'n paar uere van rehidrasie.
In noordelike breedtegrade sal die noordelike kant van bome meer mos op hê as die ander kante. Daar word aangeneem dat dit gebeur as gevolg van die gebrek aan voldoende water vir voortplanting aan die son kant van bome. Suid van die ewenaar is die omgekeerde waar. In digte bosse waar sonlig nie deurdring nie groeie mosse ewe goed aan al die kante van 'n boomstam.
[wysig] Verbouing
Mos word soms as 'n onkruid beskou in grasperke, maar dit word doelbewus aangemoedig om te groei onder estetiese beginsels in Japannese tuinbou. In baie ou tempeltuine vorm mos 'n tapyt in 'n woudtoneel. Een van die beste voorbeelde is die mostuin by Saiho-ji in Kyoto met 120 verskillende soorte mos wat onder die welige bome floreer[1]. Daar word geglo dat mos 'n sin van kalmte, ouderdom en stilte aan 'n tuin bring.
Reëls vir verbouing is nie algemeen gevestig nie. Mosversamelings is baie keer begin deur wilde monsters oor te plant. Dit kan egter baie moeilik wees om sommige spesies weg van hulle natuurlike habitat te onderhou (met die unieke kombinasie van lig, vogtigheid, beskuttingvan die wind, ens).
Die groei van mos van spore is selfs meer uitdagend. Mos spore reën voortdurend op blootgestelde oppervlaktes neer – die oppervlaktes wat geskik vir sekere mosspesies sal tipies binne 'n paar jaar van blootstelling tot wind en reën deur daardie mos gekoloniseer word . Materiale wat poreus is en vog behou, soos baksteen, hout, en seker growwe beton mengsels is mosgunstig. Oppervlaktes kan ook met suur stowwe insluitend karringmelk, joghurt, urine, en versigtig fyn gemaakte moss, water en ericaceous kompos voorberei word.
'n Verbygaande gier in die laat 19de eeu het gelei tot die vestiging van mosserye in baie Engelse en Amerikaanse tuine. Die mossery is gewoonlik uit belatte hout gebou met 'n plat dak, oop aan die noorde kant (om skadu te bewaar). Mosvoorbeelde is in die krake tussen die houtlatte geïnstalleer. Die hele mossery is dan gereeld natgemaak om groei te handaaf.
[wysig] Kommersiële gebruik van mosse
Daar is 'n aansienlik mark vir die versameling van wilde mos. Die gebruike vir ongeskende mos is hoofsaaklik in die bloemistehandel, kerskranse en ander tuisversiering. Vergane mos in die genus Sphagnum is ook die hoof komponent van veen, wat ontgin word beide as 'n grond bymiddel en vir gebruik in die rook van mout in die vervaardiging van Skotse whisky. Daar is toenemende kommer in dele van die wêreld waar die handel aan die groei is dat beduidende omgewingskade deur die aktiwiteite van kommersiëele mosoesers aangerig kan word. In Ierland en die Verenigde Koninkryk loop veenlande die gevaar om te verdwyn. Dit neem tot 25 jaar vir 'n veenland wat geoes is om te herstel[2]. In Skotland is veenmos selfs al deur dwelmhandel en ander georganiseerde misdaadbendes versamel vir verkoop aan tuinsentrums met ernstige gevolge vir natuurgebiede in Skotland[3].
In die Tweede Wêreldoorlog is mos as 'n soort pleister gebruik vir soldate se wonde. Sommige vroeë mense het dit ook as babadoeke gebruik as gevolg van die hoë absorbsie vermoë.
In landelike Verenigde Koninkryk is Fontinalis antipyretica tradisioneel gebruik om brande te blus aangesien dit 'n groot hoeveelhede in stadigbewegende riviere aangetref kan word en die mos groot volumes water kon bevat wat met die uitdoof van vlamme gehelp het.
[wysig] Kyk ook
- Embriofiet
- Briofiet
- Korsmos
- Horingblad