Lydenburg
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Lydenburg is 'n dorp in Mpumalanga, Suid-Afrika. Daar word beplan dat die dorp herdoop gaan word na Mashishing, volgens 'n aankondiging wat op 30 Junie 2006 deur die Suid-Afrikaanse Minsiter van Kuns-ene-Kultuur, Pallo Jordan, gemaak is. Lydenburg is geleë aan die Spekboom sytak van die Olifantsrivier aan die voet van die Long Tompas. Die naam van die dorp is uit Nederlands afkomstig en beteken "Dopr van Lyding." Die dorp is in die hart van die Suid-Afrikaanse forelvisvang gebied en is 'n lanbou en mynbou sentrum. Lydenburg is deel van die Thaba Chweu munisipaliteit wat volgens die 2001 sensus 'n bevolking van 81 236 het.
[wysig] Geskiedenis
Van die die vroegste bekende voorbeelde van Afrika beeldhouwerk wat terugdateer tot die ongveer 400 n.C. is in die laat 1950's in die gebied aangetref. Die Lydenburg is in 1849 deur 'n groep Voortrekkers onder leiding van Andries Potgieter gestig nadat hulle hulle vorige vestiging by Ohrigstad in die Noorde verlaat het as gevolg van 'n malariaepidemie. Die dorp het die hoofstad van De Republiek Lydenburg in Zuid Afrika geword in 1856. Die republiek het later in 1857 by die Republiek van of Utrecht aangesluit. In 1860 het beide die republieke weer aangesluit by die Zuid Afrikaanse Republiek (ZAR).
Lydenburg het in belangrikheid gestyg as gevolg daarvan dat dit op die ossewa pad na Delagoabaai (Maputo) was wat vry van Britse beheer was. In 1871 is die bou van 'n pad deur Abraham Espag op bevel van President Thomas Francois Burgers begin. Die eerste waens van Delagoabaai het in 1874 in Lyndenburg aangekom.
Op 6 Februarie 1873 is goud in die omgewing ontdek en binne 3 maande is die Lydenburggoudvelde geproklameer. Tydens die Eerste Vryheidsoorlog wat in 1880 uitgebreek het, het 'n Britse garnisoen onder Luitenant Walter Hillyar Colquhoun Long (oom van die 1ste Viscount Long) beheer van Lydenburg oorgeneem om die goudvelde te beheer. Die gedoemde opmars na Pretoria deur die 94ste Regiment onder bevel van Luitenant Anstruther het in die dorp begin. Die res van die garnisoen by Lydenburg is beleer.
teen 1910 het die spoorweg Lydenburg bereik en in 1927 het dit 'n munisipaliteit geword.