Ohrigstad
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Ohigstad is 'n klein dorpie noord van Lydenburg in die Mpumalangaprovinsie van Suid-Afrika.
Ohrigstad is oorspronklik deur 'n groep Voortrekkers onder die leierskap van Andries Potgieter gestig en dra die naam van 'n Nederlandse weldoener, Georgius Ohrig, wat by die stigting behulpsaam was. Nadat malaria 'n aantal slagoffers onder die setlaars geëis het, moet hulle die dorp verlaat en keer eers later na die suksesvolle bestryding van die siekte weer terug.
'n Begraafplaas en die ruïnes van 'n fort uit die Voortrekkertydperk kan nog steeds besigtig word.