Outaouaisrivier
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Die Outaouaisrivier (Frans: rivière des Outaouais, Engels: Ottawa River) is 'n rivier in Kanada, wat oor die grootste deel van sy lengte die grenslyn tussen die provinsies Québec en Ontario vorm. Die Outaouais ontspring in die Capimitchigamameer in die westelike deel van Québec en vloei tot die Timiskamingmeer naby die grens van Ontario, van daar in suidoostelike rigting na Ottawa, oor die Chaudière-waterval en neem daarna die Rideau- en Gatineauriviere op.
Die Outaouais mond naby Montréal in die Sint-Laurensrivier uit en vorm die Saint-Louismeer. Die lengte van die Outaouais is 1 271 kilometer.
Kategorieë: Québec | Ontario | Riviere