Penis
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Die penis (meervoud penisse) of fallus is die uitwendige manlike geslagsorgaan, en, in soogdiere, die uitwendige manlike orgaan vir urinering. Dit is verwant aan die vroulike klitoris, aangesien dit vanaf dieselfde embriologiese struktuur ontwikkel. Die penis kan 'n ereksie kry en kan dan gebruik word vir seksuele omgang.
Inhoud |
[wysig] Die menslike penis
Die menslike penis verskil van sommige ander soogdierspesies s'n, deurdat dit nie 'n ereksie-been het nie. Om die verharde, regop toestand te verkry, verhoog die bloedvloei na die penis en word 'n ekstra bloedvolume tydens die ereksie daar gestoor. Dit kan ook nie binne-in die buikholte ingetrek word nie, en laastens het dit 'n groter as gemiddelde groote vergelek met die liggaamsmassa.
[wysig] Struktuur
Die menslike penis bestaan uit drie kolomme verhardbare weefsel:
- die twee corpora cavernosa en
- een corpus spongiosum
Die corpus spongiosum lê aan die onderkant (ook bekend as die ventrale kant) van die penis; die twee corpora cavernosa lê langs mekaar aan die bokant (dorsale kant).
Die eindpunt van die corpus spongiosum is keëlvormig vergroot. Hierdie vergroting vorm die glans penis. Die voorhuid is romdom die basis van die glans aangeheg. Dit is 'n los velvou wat in volwassenes kan terugtrek om die glans te ontbloot. Die riffie aan die onderkant van die penis, waar die voorvel aan die glans vasheg, word die frenum (of frenulum) genoem.
Die uretra, wat die laaste gedeelte van die urienweë is, loop dwarsdeur die corpus spongiosum en die opening daarvan is bekend as die meatus. Die meatus is geleë op die bopunt van die glans penis. Dit dien doel beide as 'n deurgang vir urien en vir die ejakulasie van semen. Spermatozoa word geproduseer in die testes en gestoor in die aangehegte epididymis. Tydens ejakulasie, word sperm met die vas deferens opgestoot, dit is twee buises wat oor en agter die blaas langs loop. Vloeistof word deur die seminale vesikels bygevoeg en die vas deferens word dan die ejakulatoriese buise wat by die uretra aansluit binne-in die prostaat klier. Die prostaat sowel as die bulbouretrale kliere voeg verdere uitskeidings by, en die semen word deur die lengte van die penis aangestoot en by die meatus uit..
Die soomriffie is die sigbare riffie tussen die laterale helftes van die penis, aan die ventrale of onderkant van die penis. Dit loop vanaf die meatus (die opening van die uretra) dwarsoor die skrotum na die perineum (die area tussen die skrotum en die anus).
[wysig] Ooreenkoms met die vroulike geslagsdele
Die glans van die penis is homoloog aan die klitorale glans, die corpora cavernosa is homoloog aan die liggaam van die klitoris, die corpus spongiosum is homoloog aan die vestibulêre bolletjies wat onder die labia minora lê, en die skrotum is homoloog aan die labia minora, die labia majora en die klitorale kappie. Die soomriffie bestaan nie by vroue nie, aangesien die twee helftes nie aan mekaar gekoppel is nie.
[wysig] Ereksie
Kyk na die artikel ereksie.
[wysig] Grootte
Kyk na die artikel penisgrootte
[wysig] Normale variasies
- 'n Slap penis kan dieper in die liggaam ingetrek word soos wat dit kouer word, en die oënskynlike grootte van die penis van elke man verskil dus gedurig.
- Pêrelagtige peniele papules is knoppies van 'n ietwat ligter kleur wat voorkom rondom die basis van die glans. Dit is normaal om hierdie knoppies te hê.
- Fordyce-vlekke is klein opgehewe geel-wit knoppies van een tot twee mm wat op die penis kan voorkom, asook op die binne-aspek van die lippe van die gesig. Dit is ook normaal om hulle te hê.
- Talgagtige verhewendhede is soortgelyke opgehewe knoppies, maar 'n bietjie groter, op die skag van die penis. Hulle vind hul oorsprong van klein talgkliere en dit is normaal om dit te hê.
- Fimose is die onvermoë om die voorhuid oor die glans van die penis terug te trek. Dit kom as 'n natuurlike verskynsel voor onder babas en seuns voor die aanvang van geslagsryping. 'n Bietjie minder as die helfte van seuns teen die ouderdom van 10 het reeds 'n voorhuid wat ten volle terugtrekbaar is.
- Swelling van die voorhuid kan voorkom wanneer die penis in seksuele aktiwiteit, insluitende masturbasie gebruik word. Alhoewel dit kommerwekkend lyk, kan dit as normaal beskou word, mits die voorhuid in sy regte toegetrekte posisie is, en nie bleek lyk nie. As dit oormatig gereeld gebeur, moet die man 'n dokter spreek, aangesien daar wel siektetoestande is waar dit 'n simptoom kan wees, soos in die geval van hartversaking.
[wysig] Enkele siektetoestande van die penis
- Patologiese fimose gebeur wanneer die voorhuid in die volwassene nie terugtrekbaar is nie, en die onvermoë gepaardgaan met pyn of fisiologiese ongemak; of wanneer hierdie onvermoë tot verswakte higiëne ly. In sulke gevalle is mediese behandeling nodig.
- Parafimose is die teenoorgestelde: wanneer dit onmoontlik raak om die voorhuid terug te trek oor die glans van die penis. Dit is meestal die gevolg van vogretensie in die voorhuid as dit teruggetrek bly ná 'n chirurgiese ingreep, of seks. 'n Mens moet druk toepas op die glans vir 'n rukkie en dan die voorhuid laat terugskuif na die normale posisie. As 'n mens dit nie regkry nie, of dit lyk of daar verminderde bloedvloei is in die penis, of die glans voel hard sonder dat daar 'n ereksie is, of daar is 'n onvermoë om te urineer, moet dit beskou word as 'n noodgeval en spoedige geneeskundige hulp behoort verleen te word.
- In Peyronie-siekte maak bindweefselverdikkings dat die penis tydens ereksie nie reguit is nie, maar gekrom.
- 'n Penis-fraktuur gebeur wanneer die erekte penis oormatig gebuig word. Wanneer dit gebeur kan 'n kraakgeluid, geassosieer met pyn, gehoor word. Dit is ook nodig om onmiddelike mediese behandeling hiervoor te kry.
- In diabetes, kan die penis 'n perifere neuropatie ontwikkel, met 'n naalde-en-spelde gevoel in die penisvel, maar selfs ook heeltemal die afwesigheid van sensasie.
- Impotensie is die onvermoë om 'n genoegsame ereksie te ontwikkel sodat voldoende seksuele aktiwiteit kan plaasvind.
- Hipospadie is 'n ontwikkelingsversteuring waar gevind word dat die meatus nie op die korrekte anatomiese posisie is nie.
- 'n Mikropenis is 'n baie klein penis, weens 'n kongenitale afwyking.
[wysig] Psigiatriese versteurings rondom die penis
- koro - 'n waan dat die penis aan't krimp is en besig is om in die liggaam in terug te trek. Dit is 'n [kultuurspesifiek]e waan.
- Liggaamsdismorfiese versteuring - 'n waan dat daar iets fisies fout is met die penis, byvoorbeeld, dit is te klein, of sit op die verkeerde plek.
- penisafguns - die betwiste siening van Freud dat vrouens die mans beny omdat hulle 'n penis het.
[wysig] Modifisering van die manlike geslagsdele
Die mees algemene vorm van modifisering is besnydenis. Daar is 'n verskeidenheid van kulturele, geloofs- en (in skaars gevalle) geneeskundige redes om 'n deel of die hele voorhuid te verwyder. Minder algemeen word die penis deurboor, of met ander tipes liggaamskuns versier. Voorhuidherstel of strekking daarvan word ook soms gepraktiseer.
[wysig] Mites
- Masturbasie bly steeds 'n aktiwiteit wat vrees inspireer: dat 'n mens kanker sal ontwikkel wanneer 'n mens dit doen, dat 'n mens blind kan word, of waansinnig, of dat dit 'n sonde is.
- Penisgrootte
- Die meeste mans het in 'n mindere of meerdere mate 'n gevoeligheid oor die grootte van hulle penisse. Daar is dus 'n mark vir penisvergroting, omdat sommige mans so ongemaklik oor hulle "klein" penis voel dat hulle 'n vergrotingsmetode wil gebruik. Inderdaad toon studies aan dat sulke mans normale grootte penisse het.
- Daar is ook die mite dat sekere etniese groepe groter penisse het as ander. Die mees algemene persepsie is dat die "kampioen"-groep dié van Afrika-oorsprong is.
[wysig] Nie-menslike penisse
- Die meeste buideldiere, met die uitsondering van die twee grootste kangeroespesies, se penisse is gesplete.
- The eendmossel het die langste penis in verhouding met sy eie lengte: tot twintig keer langer as die lengte van die diertjie. Die uitgestote penis kan rondsoek vir 'n geskikte vroulike vennoot.
- Die versameling van 'n penis van al die land- en seedierspesies in Ysland is waaraan die Fallologiese Museum Reykjavík hom toewy.
[wysig] Kyk ook na
- lingam
- priapisme
- lys van volksname vir die penis
- penisskede