Skagerrak
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Die Skagerrak is 'n gedeelte van die Noordsee, wat begrens word deur Denemarke (Jutland) in die suide, Noorweë in die noorde en Swede (Bohuslän) in die ooste.
In die suidooste is die Skagerrak verbind met die Kattegat, waarlangs die Sont en vervolgens die Oossee bereik kan word. By die plek waar Skagerrak en Kattegat mekaar ontmoet (Grenen, tewens die noordelikste punt van Denemarke) is die vissersdorp Skagen geleë, waaraan die see sy naam ontleen.
In die Noordsee op die hoogte van Skagerrak, word die Slag van Skagerrak op 31 Mei 1916 deur die Britse en die Duitse vloot geveg.