Kattegat
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Die Kattegat is 'n baai van die Noordsee en vorm die seestraat tussen Denemarke en Swede. Dit maak deel uit van die verbinding tussen die Noord- en die Oossee. Die verloop via die Skagerrak, die Kattegat en die Sont.
Waterweë wat in die Kattegat uitmond is die Göta älv by Göteborg, saam met die Lagan, Nissan, Ätran en Viskan riviere vanuit die provinsie Hallandia aan die Sweedse kant, en die Gudenå rivier van Jutland, in Denemarke.
Die hoof eilande van die Kattegat is Samsø, Læsø en Anholt, waar die laaste twee, na aanleiding van hulle droë somerklimaat, as die Deense woestyngordel bekend staan.
Die naam Kattegat kom van die Nederlandse en Lae Saksiese woorde Kat en Gat. Dit verwys na middeleeuse navigering, waar kapteine na die gebied verwys het as so nou soos 'n kattegat - 'n opening waardeur net 'n kat kan inkom, aangesien daar heelwat vlak gebiede in die omgewing is wat navigering baie moeilik maak.
Kyk ook: Skandinawië