Jutland
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Jutland (Deens: Jylland, Duits: Jütland) is 'n skiereiland. Die suidelike deel daarvan vorm die Duitse deelstaat Schleswig-Holstein. In die Weste grens dit aan die Noordsee, in die Noorde aan die Skagerrak, in die Noordooste aan die Kattegat en in die Ooste aan die Deense eilande en die Oossee.
Die land is taamlik plat, met lae heuwels en veengrond. Dit het 'n oppervlak van 29 775km2 en 'n bevolking van 2 491 852 (2004).
Die Suidelike gedeelte vorm Schleswig-Holstein, waarvan die besit afwisselend Deens en Duits was. Die laatste wysiging vind plaas na die Eerste Wêreldoorlog, toe deur 'n volksstemming 'n deel van Schleswig na Denemarke oorgegaan het.
Jutland kry sy naam van die Jutte, 'n Germaanse volkstam, wat in die 5de eeu hulleself in die gebied gevestig het.
Stede in Jutland:
- Århus
- Aalborg
- Esbjerg
- Randers
- Kolding
- Vejle
- Horsens