Swartkopwielewaal
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Oriolus larvatus
Die Swartkopwielewaal is 'n algemene standvoël.
Inhoud |
[wysig] Identifikasie
Word aan sy swart kop en pienk snawel uitgeken; vergelyk met die kleiner Swartkeelgeelvink wat 'n swart snawel het. Die geslagte lyk eners.
25 cm
[wysig] Habitat
Kom een-een of in pare in klam, goed ontwikkelde boomveld of gemengde bosveld, oewerbos en uitheemse bome voor. 'n Lawaaierige, opvallende voël. Vermy die droë sentrale en westelike streke.
[wysig] Verspreiding
Kom voor in die suidelike dele van die Wes-Kaap en Oos-Kaap, KwaZulu-Natal, Swaziland, Mpumalanga, Limpopo Provinsie, Mosambiek, Zimbabwe, die noord-oostelike deel var Botswana, die Kaprivi-strook en die noordelike deel van Namibië.
[wysig] Geluid
Sy gewone geroep is 'n helder "fioee"; uiter ook 'n skor alarmroep "tjurr".
[wysig] Ander name
Black-headed Oriole
[wysig] Suid-Afrikaanse voëls
- Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls
- Klasifikasie-indeks van Suid-Afrikaanse voëls
- Wetenskaplike naam-indeks van Suid-Afrikaanse voëls
[wysig] Bronne
Newman se Voëls van Suider-Afrika, ISBN 1868729826