Warden
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Warden is dorpie in die Oos-Vrystaat wat tussen Villiers en Harrismith aand die N3 nasionale hoofweg tussen Durban en Johannesburg geleë is.
Die dorp is in 1912 op die plaas Rietvallei uitgelê. Warden het eers 'n munisipaliteit geword in 1920 en is in 1923 geproklameer. Die dorp is vernoem na Charles Warden, 'n landdros op Harrismith van 1884 tot 1900.
[wysig] Bron
BPJ Erasmus: Op Pad in Suid-Afrika. Jonathan Ball Uitgewers, 1995.