95 stellings
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Maartin Luther het op 31 Oktober 1517 die 95 stellings teen die kerkdeur van Wittenberg vasgeskyker. Hierin verklaar verklaar hy dat die Roomse leer oor saligheid verkeers deur Bybelse tekse uit te haal en te verduidelik.
Oproep tot bekering
- Wanneer ons Heer en Meester Jesus Christus sê: "Bekeer julle, want die koninkryk van die hemel ‘het naby gekom" (Matteus 4:17), bedoel Hy dat ‘n gelowige se hele lewe een van voortdurende bekering moet wees.
- Hierdie bekering begin met ‘n nuwe bewuswording van en berou oor vorige verkeerde gedrag. Dit geld nie slegs vir elke individuele gelowige nie, maar ook vir die kerk as geheel.
- Ware berou en verootmoediging het tot gevolg dat die gelowige en die kerk sonde en verkeerde gedrag haat en aflê – nie in eie krag nie, maar deur die genade en die krag van Jesus Christus.
- God beloof vergifnis en ‘n nuwe begin aan belydende, berouvolle sondaars: "As Ek die hemel gesluit hou sodat daar geen reën is nie, of as Ek die sprinkaan beveel om die land kaal te vreet of as Ek pes onder My volk stuur; en My volk oor wie My Naam uitgeroep is, toon berou en bid en vra na My wil en draai terug van hulle bose weë af, sal Ek luister uit die hemel en hulle sondes vergewe en hulle land herstel" (2 Kronieke 7:13,14).
Die huidige toestand van die samelewing
- Deesdae verval mense al hoe meer in sondes soos godde¬loosheid, hoogmoed, liefdeloosheid, okkultisme, ongehoor¬saamheid, aborsie, immoraliteit, egbreuk, homoseksualiteit, dwelmmisbruik, leuens, hebsug en diefstal. (Vgl. Eksodus 20:2-17; Romeine 1:18-31; I Korintiërs 6:9; Galasiers 5:19-21.)
- Natuurlik was hierdie sondes altyd daar, maar tans word baie daarvan openlik geduld en op ‘n voetstuk geplaas. “Hulle doen nie net self hierdie dinge nie, maar hulle vind dit ook goed as ander dit doen” (Romeine 1:32).
- In baie lande is vorige wetgewing teen godslastering, pornografie, aborsie, genadedood, homoseksualiteit, dwelmmisbruik ensovoorts, verslap of herroep.
- 'n Samelewing wat gedrag duld en selfs openlik aanmoedig wat deur die Heilige Skrif as “sonde” en ‘n “gruwel” in die oë van die Here beskryf word, grawe sy eie graf en is ryp vir die oordeel. “Gehoorsaanzheid aan die Here laat ‘n volk sterk staan; sonde bring skande oor ‘n volk” (Spreuke 14:34).
- Toestande in baie hedendaagse lande kan vergelyk word met die morele verval wat die direkte oorsaak van die val van die Romeinse ryk was.
- Dit is slegs ‘n kwessie van tyd voordat die nasionale en sosiale stelsels wat tans God se verordeninge verwerp, ineen¬stort.
Die mislukking van die kerk
- In hierdie omstandighede moet die kerk plaaslik en wêreld¬wyd weerstand bied teen die gees van die tyd, getrou aan die roeping om “lig” en “sout” te wees (Matteus 5:13-16; Romeine 12:2; Efesiërs 5:11).
- As die kerk sy roeping verwaarloos, staan hy onder die oordeel wat God oor ontroue wagters uitspreek: “Wanneer Ek vir ‘n goddelose sê hy gaan sterwe, en jy waarsku hom nie, jy praat nie en jy waarsku nie die goddelose teen sy bose optrede om hom so in die lewe te hou nie, dan sal hy deur sy sonde sterwe, maar Ek sal van jou rekenskap eis vir sy dood” (Esegiël 3:18).
- Daar is individuele gelowiges en groepe binne-in die kerk wat dapper weerstand bied teen heersende tendense, maar oor die algemeen verwaarloos die kerk in baie lande toenemend die roeping om die Evangelie te verkondig en God se verordeninge te verdedig.
- Die kerk wat toegee aan hedendaagse tendense en ideologieë, verloor sy rigting.
- So ‘n kerk wat sy sin vir rigting verloor het, kan nie meer individue op koers plaas nie.
Die miskenning van die Woord van God
- Die verlies aan rigting is die direkte gevolg van die miskenning van die grondslag waarop alle ware geloof en kennis berus: die Heilige Skrif.
- Selfs wanneer die Bybel nog uiterlik in die Kerk gebruik word, word dit dikwels onderwerp aan eiegeregtige, selfver¬heffende argumente en kritiek wat God Se openbaring weer¬spreek.
- Tereg het Nikolaus Ludwig von Zinzendorf gebid: “As U Woord ongeldig is, waarop sal ons geloof berus? Vir my gaan dit nie om ‘n duisend wêrelde nie, maar om U Woord.”
- Aangesien die kerk volgens die Reformatoriese beskouing die “vrug is van die skeppende krag van die Woord van God”, hou ‘n kerk wat Sy Woord prysgee, op om kerk te wees.
- Wanneer die Woord van God prysgegee word, behoort ‘n mens nie verwonderd te wees oor die gevolge nie: Wanneer ons die Woord van God prysgee, lei dit tot die prysgee van die inhoud van die Woord, en dit impliseer die disintegrasie van Skriftuurlike leer en ‘n Skrifgetroue lewenswyse.
Die aftakeling van die Skriftuurlike Godsbegrip
- Die aftakeling van die Skriftuurlike leer begin met die aftakeling van die Skriftuurlike begrip van God. In stryd met die duidelike Skriftuurlike openbaring, verloën baie “teoloë” die Drie-eenheid, God se almag, heiligheid en geregtigheid, of interpreteer dit verkeerd.
- Wie ontken dat die wonderwerke en profesieë waarvan die Bybel getuig, werklik plaasgevind het of nog gaan plaasvind, stel God voor as ‘n kragtelose beginsel - figuurlik gesproke “sonder arms of bene”. So ‘n “God” is ‘n selfgemaakte afgod, ‘n god van rasionalistiese filosowe en nie die “God van Abra¬ham, die God van Isak en die God van Jakob”, die Vader van Jesus Christus nie (Blaist Pascal).
Die aftakeling van die Skriftuurlike leer aangaande Jesus Christus
- Sekere “teoloeë beweer tans dat Jesus Christus bloot ‘n mens, ‘n sosiale revolusionêr, ‘n verkondiger van vrede, ‘n bevryder of iets dergeliks was, maar nie God nie. Hulle ontken Sy maagdelike geboorte, liggaamlike opstanding, hemelvaart en liggaamlike wederkoms in mag en heerlikeid; so ontken hulle ook die verlossing van ons sondes deur Sy kruisdood. Hierdie dwaalleer is nog verder van die waarheid as die valse leer van die bekende ketter Arius, wat in die vierde eeu na Christus deur die kerk veroordeel is. Arius het meer insig getoon en sy leer het minder valshede verkondig as baie “mo¬derne teo1oë” van ons tyd: hy het Jesus ten minste as die “bonatuurlike Logos (Woord)” beskou, nie bloot as ‘n mens nie. Die geskiedenis leer dat alle dwaalleer geneig is om met verloop van tyd al verder van die waarheid af te wyk.
- Ons antwoord op die dwaling van Arius en baie “moderne teoloë” is dat Jesus Christus nie bloot ‘n mens is wat deur God geskape is nie. Hy is waarlik mens en waarlik God tegelyk, ewige Seun van God en Self ook God, die tweede persoon in die Drie-eenheid “Wie die Seun het, het die lewe; wie nie die Seun van God het nie, het ook nie die lewe nie” (1 Johannes 5:12; vgl. 1 Johannes 2:22; 1 Johannes 4:2-3).
Die aftakeling van die Skriftuurlike leer aangaande sonde en verlossing
- Wanneer die Skriftuurlike leer aangaande Christus ont¬breek, word die Skriftuurlike leer aangaande sonde en verlos¬sing betekenisloos. ‘n “Kragtelose” Christus is nie in staat om ons van die sonde, dood en die duiwel te verlos nie.
- Gevolglik word sonde verontskuldig en die geldigheid van God se verordeninge ondergrawe - of anders word verlossing heeltemal of gedeeltelik in die hande van die mens self geplaas (selfverlossing of sinergisme).
- Die verontskuldiging of ontkenning van sonde in die Skriftuurlike sin word vandag in opvattings soos die volgende in die kerk en samelewing gesien: dat die beoefening van homoseksualiteit nie sondig of sieklik is nie; dat pornografie, aborsie en genadedood nie veroordeel moet word nie; dat die wettiging van dwelmmiddels sal bydra tot die afname in hierdie kriminele aktiwiteite. Maar “ellende wag vir die wat sleg goed noem en goed sleg, wat van duisternis lig maak en van lig duisternis, wat bitter soet noem en soet bitter” (Jesaja 5:20).
- Selfverlossing word openlik of verskuild in verskeie “mode-teologieë” verkondig: ‘n Feministiese bloed-“teologie” vervang verlossing deur Jesus Christus met heil uit die kragte van die vrou en haar menstruale bloed; in ‘n bevrydings- en revolusionêre “teologie” word hoop gevestig op die krag van sosiale groepe en hulle gewelddadige metodes; en in ‘n psigo¬”teologie” word heil verwag uit die mens se innerlike krag, waar bepaalde tegnieke toegepas word vir selfverwesenliking.
- Maar Jesus Christus “bring die verlossing en niemand anders nie. Daar is geen ander naam op die aarde aan die mense gegee waardeur God wil dat ons verlos moet word nie” (Handelinge 4:12). Dit is vandag nog net so geldig soos toe dit geskryf is.
Die indringing van vreemde geeste in die kerk
- Hoe meer ‘n kerk by die gees van die tyd en huidige tendense aanpas, hoe groter word die gevaar dat die Gees van God uit hulle midde verdryf sal word en dat vreemde geeste by die agterdeur ingelaat word.
- Vreemde geeste heers in die ideologieë en godsdienste van hierdie wêreld (Efesiërs 6:12).
- As beweer word dat die vreemde geeste en die Gees van God een en dleselfde gees is, weerspieël dit die groot afvalligheid en verduistering van ons tyd (vgl. Romeine 1:19-23), want “die wat aan vreemde geeste offers bring, bring offers aan duiwels en nie aan God nie” (1 Korintiërs 10:20).
- As die “gees van Assisi” altyd weer tydens intergeloofsbyeenkomste aangeroep word (met verwysing na die “gebed vir vrede van die godsdienste” in 1986 te Assisi), behoort die leiers van sodanige “gebedsbyeenkomste” ag te slaan op die eerste gebod, die fundamentele opdrag van ons Christelike geloof: “Ek is die Here jou God... Jy mag naas My geen ander gode hê nie” (Eksodus 20:2-3).
Die verwêreldliking van die kerk
- Baie mense, insluitende sommige politici, wag op die kerk om duidelike Skrifgetroue leiding te gee.
- Hoe meer ‘n kerk egter in pas wil bly en oop is vir beinvloeding deur die wêreldse tydsgees, hoe groter word die gevaar om die unieke boodskap wat die kerk aan ‘n grootliks ongelowige en verloregaande mensdom verskuldig is, te verwaarloos.
- 'n Kerk wat by die tendense en politieke slagspreuke van regs of links aanpas, kan die wêreld nie ten goede beinvloed nie, maar word deur die suigkrag van die wereld meegesleur. So ‘n kerk word wêreldgelykvormig en gevolglik nutteloos.
- Die enigste uitweg is bekering en verootmoediging voor God, en om dan opnuut Sy Woord wat in die Bybel opgeteken is, met woord en daad te gehoorsaam en aan die wêreld te verkondig.
Die gedrag van gelowiges in die lig van die huidige oordeel.
- Die feit dat die krag en Bybel-verankerde leer en lewe dikwels in die kerk ontbreek, is reeds ‘n oordeel van God (1 Petrus 4:17) en die gevoig van die afvalligheid van ‘n saligmakende geloof in die eindtyd (Matteus 24:12; 2 Tessaloni¬sense 2:3).
- 'n Kerk wat toenemend soos ‘n hoer word, word al meer soos die wêreld, vermeng heidense afgode met die God van die Bybel en streef na geld, mag en wêreldse aanvaarding. In so ‘n kerk word die gebooie van God en die verlossing deur Jesus Christus geringgeskat en druk word toenemend op die ware gelowiges uitgeoefen (Openbaring 17-18).
- Des te meer word gelowiges opgeroep om te volhard in die geloof, hoop en liefde; en om te bid vir hulle vyande wat hulle belaster en vervolg sodat ook hulle tot bekering mag korn (Matteus 5:44).
- Boweal word gelowiges opgeroep om aan hulle Heer en Heiland Jesus Christus getrou te bly en elke gees van ver¬menging en wêreldgelykvormigheid te weerstaan, om so¬doende soveel moontlik mense te roep om volgelinge van Jesus Christus te word: “Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense My dissipels” (Matteus 28:19).
Getrouheid aan die groot opdrag
- Die Groot Opdrag bly van krag ook wanneer misleiding en afvalligheid toeneem, en kom eers tot ‘n einde met Jesus se wederkoms in mag en heerlikheid (Matteus 24:14). Sen¬dingwerk (in die sin van die bekering van ongelowiges tot Jesus Christus) is die positiewe antwoord van gelowiges op al die versoekings.
- Sendingwerk is die lewensasem van die kerk. Sonder sendingwerk sterf die kerk. Die kerk staan voor die keuse: “Sendingwerk of die dood” (Otto Riecker).
- As die kerk as geheel die Sendingopdrag nie kan of wil nakom nie, word individuele Christene opgeroep om steeds sendingwerk te doen. Hulle word opgeroep orn Skrifgetroue sendinggenootskappe te stig of te ondersteun om hierdie taak te volvoer.
- Deur Skrifgetroue sendinggenootskappe kan nuwe ge¬meentes en kerke ontstaan, wat uiteindelik die kerke wat van die Christelike geloof afvallig geword het, vervang.
Die vraag oor kerkverlating
- Elke individuele gelowige is geroepe om self aan die hand van die Skrif te toets of sy gemeente en kerk op die Woord van God gebaseer is of nie.
- As afwykings en wantoestande raakgesien word, moet dit openlik aan die kerk bekendgemaak word. As dit om ernstige afwykings gaan, wat na herhaalde besware steeds voortgaan, kom ‘n gelowige voor die keuse te staan om te ly, of om die kerk te verlaat. Hy moet nogtans so lank as moontlik bly -liewer “optrede” as “uittrede”.
- Die afvalligheid kan egter so erg word dat dit vir ‘n gelowige onvermydelik word om so ‘n kerk te verlaat, t.w.v. ‘n goeie gewete en gehoorsaamheid aan die Here Jesus Christus. Dit gebeur naamlik wanneer die kerk as geheel op wette besluit wat dwaalleer en sonde goedkeur en selfs verpligtend maak.
- Wanneer ‘n gelowige die lidmaatskap van ‘n kerk opsê wat ver afgedwaal het van die leer en lewe wat gegrond is op die heilige Skrif, kan hy die versekering hê dat hy nie die Kerk van Jesus Christus verlaat nie, maar ‘n organisasie wat valslik “kerk” genoem word.
- Die ware Kerk, wat self ook nie volmaak is nie, maar wie se lidmate nogtans streef na ‘n lewe in die krag van Christus en volgens die heilige Skrif, bestaan voort buite hierdie orga¬nisasie en vind nuwe vorms om gemeenskap op te bou. Slegs vir hierdie Kerk geld die woorde: “... die magte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie” (Matteus 16:18).
Die grondslag vir hervorming in die kerk
- In watter kerk ‘n gelowige homself ook al bevind, elke kerk benodig ‘n hervorming in die sin van ‘n geestelike vernuwing. Dit kan slegs by die individuele gelowiges begin: deur persoon¬like verootmoediging, erkenning van persoonlike skuld en onvermoë, en vertroue in die genade en krag van Jesus Christus.
- Slegs Jesus Christus moet ons Here wees, niemand anders nie - nie die stigters van godsdienste of ideologieë of enigiemand anders nie.
- Slegs die Woord van God, soos opgeteken in die Bybel, is geldig - geen ander geskrifte, bronne van openbaring of ideologieë nie.
- “Jesus Christus is, soos die Heilige Skrif getuig, die enigste Woord van God. Na Hom moet ons luister, Hom moet ons gehoorsaam en vertrou in lewe en in sterwe. Ons verwerp die valse leer dat die kerk naas die een ware Woord van God ook nog ander verskynsels of magte, persone of waarhede as bron van Goddelike openbaring kan en behoort te erken of verkon¬dig” (Artikel 1, Barmen Teologiese Verklaring, 1934).
Ware en valse eenheid
- Ware hervorming in die sin van geestelike vernuwing, begin met die verootmoediging en lewensveranderende bekering van baie individue en lei tot ‘n nuwe gemeenskap in die Gees. Hoewel dit aanvanklik onsigbaar is, word dit toenemend meer sigbaar.
- Die verdeeldheid van gelowiges in talle opponerende groepe en klein groepies is ongehoorsaamheid aan God, ‘n skande voor die wêreld en werk verlammend in op die Sendingopdrag (vgl. Jobannes 17:20-21). Dit behoort egter nie ‘n onoorkomelike hindernis te wees nie as gelowiges die kern¬waarheid van die Evangelie (naamlik die regverdigmaking van sondaars slegs uit genade) onthou en hulle eenheid in die grondwaarhede van die Evangelie ontdek: In beginselsake eenheid, in onbelangrike sake vryheid, bo alles liefde.
- Die eenheid van gelowiges wat volg op bekering kan en sal nie ‘n eenheid ten koste van die Bybelse waarheid wees nie, maar eenheid op die waarheid van Christus gebaseer (Johannes 14:6; 17:11,17; Efesiërs 2:14).
- Ware eenheid sluit slegs dié in wat in Christus glo en Sy Woord as “die Waarheid” bewaar, wat in die wêreld, maar nie van die wêreld is nie, en gevolglik deur die wêreld gehaat word (Johannes 17). Daarteenoor sluit valse eenheid die hele mensdom in, meng met alle ideologieë en godsdienste, en vervolg (deur diskriminasie, intimidasie en selfs geweld) gelowiges wat trou bly aan Jesus Christus as die enigste Here, Verlosser en Vredevors.
- Ware eenheid word deur God geskenk deur evangelisering en sendingwerk onder alle volke, en deur die duidelike oproep tot saligmakende geloof en tot volle oorgawe aan Jesus Christus (Matteus 28:18-20; Johannes 17:20-21). Valse eenheid verontag¬saam die oproep tot bekering en gee voorkeur aan politieke problematiek en pogings tot selfverlossing deur die mens - dit is die mens sonder God, wat “die waarheid nie liefgehad en tot sy redding aanvaar het nie”. Uiteindelik kulmineer dit in die koms van die wettelose mens wat “in die tempel van God sal gaan sit en voorgee dat hy God is” (2 Tessalonisense 2:4,10).
- Ware eenheid duld geen dwaalleer nie (Galasiërs 1:6-10; 2 Johannes 9-11; Judas 34). Valse eenheid duld dwaalleer en bevorder dit selfs deur die vermenging van ideologieë.
Teologiese hervorming
- Vir ‘n hervorming in die sin van ‘n geestelike vernuwing, is teologiese hervorming noodsaaklik.
- ‘n Hervorming in die teologie is slegs moontlik indien die Bybel weer in alle erns as die Woord van God gerespekteer word in teologiese opleiding, en menslike wysheid met eerbied en ontsag aan God se Woord ondergeskik gestel word.
- Opleiding wat op die Skrif gebaseer is, vereis die vestiging en erkenning van inrigtings wat Skrifgetroue onderrig (sonder ‘hoër kritiek’) aanbied. Sulke skole, Bybelskole, teologiese kolleges en kweekskole is onontbeerlik.
Die uitoefening van kerklike tug
- Baie probleme in die kerk en teologie word veroorsaak deur die verwaarlosing van kerklike tug.
- Tug en afsnyding behoort toegepas te word op persone wat openlik ‘n onskriftuurlike leer en lewenswyse in die kerk inbring (1 Korintiërs 5; 2 Johannes 9-11).
- Om effektief te wees, moet kerklike tug op alle vlakke van die kerklike hiërargie (rangorde) van toepassing wees - dus ook op ampsdraers, lede van die sinode en kerkleiers wat hulle aan misleiding skuldig maak of dit ondersteun.
- “ ’n Bietjie suurdeeg deurtrek die hele deeg” (1 Korintiërs 5:6). Die kerklike deeg word nog gouer onbruikbaar as die “suurdeeg” invloedryke persone is.
Die roeping van die individuele gelowige
- Elke gelowige word opgeroep om die amp van die gelowige, die “koninklike priesterdom” (vgl. 1 Petrus 2:9) uit te oefen, en dit beteken dat hy sy mandaat as Christen ernstig sal opneem, om leer en lewe aan die hand van die heilige Skrif te toets.
- Daarbenewens het elke gelowige die opdrag om die tydsgees te weerstaan en om nie onbybelse ontwikkelinge te duld of daaroor te swyg nie. “Nie met geweld nie, maar met die Woord voer ons die stryd” Martin Luther).
- Elke gelowige word uitgenooi om daagliks in kontak met God te bly deur Bybellees en gebed, en om so deur Hom vermaan en versterk te word.
- Die gelowige is geroepe om die boodskap van Jesus Christus te verkondig soos dit in die Bybel opgeteken is - sonder enige beperkings, weglating of byvoeging.
- Die Bybel moet deur elke gelowige as riglyn gebruik word om daarvolgens te lewe, selfs dié gedeeltes wat in stryd met die gees van die tyd is.
- Die gelowige word opgeroep om betrokke to raak by ‘n lewende en sendinggerigte gemeente en om ‘n bydrae te lewer tot opbou daarvan.
- Hy word geroep om kerklike ampsdraers, byvoorbeeld predikers, te ondersteun as hulle as gevolg van suiwer Skrifgetroue, lewewekkende Woordverkondiging probleme met hulle kerkleiers ondervind en onder tug geplaas of met afsnyding gedreig word.
- Die gelowige behoort geldelike ondersteuning to onttrek van organisasies wat indruis teen die Evangelie (byvoorbeeld feministiese en homoseksuele groepe, sinkretistiese byeen¬komste ens.).
- Hy word opgeroep om Skrifgetroue instellings, gebeure, byeenkomste, skole, universiteite, media ens. te ondersteun of aktief daarby betrokke te raak.
Die roeping van die kerk
- Die kerk word opgeroep om homself enkel en alleen volgens die Bybel as Woord van God te oriënteer en om elke onbybelse leer te verwerp, om sodoende rigtinggewend te wees vir die individu en gemeenskap.
- Die kerk word opgeroep om meer geleenthede te skep vir sendinggerigte gemeentegroei as wat tot dusver die geval was.
- Die kerk moet getroue medewerkers wat getrou is aan die Skrif, die geleentheid gee om te werk en hulle nie met tug of afsnyding dreig nie.
- Verpligte kollektes mag nie deur die kerk ingevorder word vir organisasies of geleenthede wat Skrifgetroue gelowiges nie met ‘n goeie gewete kan ondersteun nie.
- Die kerk is geroepe om duidelike riglyne te gee oor etiese kwessies rakende die huwelik en gesin, aborsie, genadedood en homoseksualiteit - in ooreenstemming met die heilige Skrif en nie in stryd daarmee nie.
Die roeping van die staat en samelewing
- Die staat is nie dieselfde as die kerk nie (vgl. Johannes 18:36). Die staat sal egter daarby baat en geseën word as Skriftuurlike norme in ag geneem en nagevoig word.
- Hierdie Skriftuurlike norme word duidelik in die Tien Gebooie uiteengesit (Eksodus 20:2-17).
- Wanneer hierdie verordeninge nie ernstig opgeneem word nie, lei dit onvermydelik tot chaos en anargie.
- Sommige sosiale groepe en partye in baie lande bevorder chaos en anargie in die samelewing omdat hulle openlik of heimlik die fundamentele Goddelike waarhede in die Tien Gebooie bestry.
- Die Heilige Skrif beskryf sulke mense in 2 Timoteus 3:1-7: “In die laaste dae sal daar swaar tye kom. Die mense sal selfsugtig wees, geldgierig, grootpraterig en verwaand, be¬ledigend teenoor hulle medemense en ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar en ongodsdienstig; hulle sal liefdeloos en onversoenlik wees, kwaadpraters, bandeloos en wreed, sonder liefde vir die goeie; hulle sal verraaiers wees, roekeloos en hooghartig. Hulle sal eerder liefde vir genot hê as liefde vir God. Hulle sal nog die uiterlike skyn van die godsdiens hê, maar die krag van die godsdiens sal hulle nie ken nie... wat met sonde belaai is en deur allerlei sinlike begeertes gedryf word, wat altyd iets wil leer maar tog nooit tot die kennis van die waarheid kan kom nie”.
- In baie lande beklee sulke persone, wat dienaars is van “die wettelose mens” (2 Tessalonisense 2:3), sleutelposisies of strewe na mag. Hulle word gaandeweg meer invloedryk in die politiek, die massamedia, op die gebied van wet en orde, in kolleges en kerke.
- Politici, regslui, joernaliste, opvoeders, kerklui en gelowiges in alle kringe word opgeroep om teen hierdie infil¬trasie, hierdie “opmars deur die inrigtings”, weerstand to bied - deur gebed en arbeid in Bybels-Christelike sin.
Toekomsblik
- Die huidige ontwikkelings in die kerk en samelewing word in die Bybel voorspel.
- Dit is kenmerkend van die tyd wanneer satan se anti¬christelike wêreldheerser op die toneel sal verskyn.
- Jesus Christus sal egter weer kom in mag en heerlikheid om ‘n einde aan die “wettelose mens” te maak (2 Tessalonisense 2:3).
- Omdat ons nie weet wanneer Jesus weer sal kom nie, moet ons werk solank dit nog dag is.
- Ons werk vir Jesus Christus en die opbou van Sy Kerk, uit dankbaarheid vir Sy plaasvervangende offer aan die kruis en uit liefde vir Hom - met die sekerheid dat die oorwinning aan Hom behoort.
- “Nogtans, die hegte fondament wat God gelê het, staan vas met dié woorde daarop gegraveer: ‘Die Here ken dit wat aan Hom behoort,’ en: ‘Elkeen wat sê dat hy aan die Here behoort, moet wegbreek van die ongeregtigheid”’ (2 Timoteus 2:19).
Amen.