Dakar-tydren
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Die Dakar-tydren (voorheen bekend as die Parys-Dakar-tydren) is 'n jaarlikse tydren wat deur die Amaury Sport Organisation georganiseer word. Die tydren is oop vir amateur- en professionele jaers, maar amateurs maak gewoonlik tot 80 persent van jaers uit.
Die Dakar kan eerder as 'n uithourit beskou word as 'n tradisionele tydren, aangesien die terrein waardeur die deelnemers jaag baie taaier is, terwyl die voertuie eerder ware veldvoertuie is as gemodifiseerde sedans wat in gewone veldwedrenne gebruik word. Behalwe gewone veldwerk wat die voertuie moet verrig, is bykomstige hindernisse die oorsteek van sandduine, modder, kameelgras, rotse, ensovoorts. Afstande per dag kan ook tot 'n hele paar honderd kilometers wees, wat uiterste stamina en uithouvermoë verg.
Inhoud |
[wysig] Geskiedenis en roete
Die tydren het ontstaan in 1978, 'n jaar nadat 'n jaer, Thierry Sabine in die woestyn verdwaal het, en gedink het dit is die ideale plek vir 'n jaarlikse uithourit. Aanvanklik het die wedren jaarliks in Parys, Frankryk begin en in Dakar, Senegal klaargemaak. As gevolg van politieke omstandighede en ander faktore het die begin en eindpunt egter later begin verskil van die oorspronklike. Die eindpunt was met die uitsondering van vier tydrenne in Dakar, maar Parys was die beginpunt net tot in 1995.
[wysig] Volledige lys van roetes
- 1979: Parys - Dakar
- 1980: Parys - Dakar
- 1981-1988: Parys - Algerië - Dakar
- 1989: Parys - Tunisië - Dakar
- 1990: Parys - Tripoli - Dakar
- 1991: Parys - Tripoli - Dakar
- 1992: Parys – Kaapstad
- 1993: Parys - Dakar
- 1994: Parys - Dakar - Parys
- 1995: Granada, Spanje - Dakar
- 1996: Granada - Dakar
- 1997: Dakar - Agadez - Dakar
- 1998: Parys - Granada - Dakar
- 1999: Granada- Dakar
- 2000: Dakar – Kaïro, Egipte
- 2001: Parys - Dakar
- 2002: Arras, Frankryk - Madrid, Spanje - Dakar
- 2003: Marseilles, Frankryk - Sharm el Sheikh, Egipte
- 2004: Clermont-Ferrand, Frankryk - Dakar
- 2005: Barcelona, Spanje - Dakar
- 2006-2009: Lissabon, Portugal - Dakar
Die hedendaagse tydrenne gaan gewoonlik deur Marokko, Wes-Sahara en daarna na die graslande en woestyne in Mauritanië. Die gedeeltes deur Atar en die sandduine en canyons van Mauritanië se Adrar area word beskou as die mees uitdagendste van alle veldtydrenne.
In 1992 het Hubert Auriol die Dakar in 'n sedanvoertuig gewen nadat hy voorheen die motorfietsafdeling van die kompetisie twee keer gewen het. Dit het hom die eerste jaer gemaak wat in beide die tweewiel- en vierwielafdelings geseëvier het.
[wysig] Voertuie en klasse
Die drie vernaamste kompetisieklasse in die Dakar is motorfietse, sedan motorvoertuie (enige iets van strand-knortjorre ("beach buggies") tot vragmotors) en groot vragmotors. Baie voertuigvervaardigers gebruik die uiterste omstandighede van die tydren om voertuie te toets en die uithouvermoë van hul voertuie te demonstreer. Oorspronklik het Europese veeldoeligheidsvoertuie soos die Land Rover, die Range Rover, die Mercedes-Benz G, en die Pinzgauer, sowel as die Japannese Toyota Land Cruiser, die tydren oorheers. Ander vervaardigers het gemodifiseerde stadsvoertuie soos die Rolls-Royce, Citroën, Peugeot (405 T16 en 205 T16) en selfs Porsche ingeskryf.
In 2002, was voorbeelde van die sedan-motorvoertuigklas die Mitsubishi Pajero/Montero, die Volkswagen Touareg, en die Nissan Navara. Mercedes Benz M, BMW X5 en BMW X3, Hummer H1 en Hummer H3 sport veeldoeligheidsvoertuie was ook teenwoordig, maar het nie in die wennersposisies gespog nie. Jean-Louis Schlesser het 'n reeks strand-knortjorre gebou vir die tydren wat heelwat wenners opgelewer het. Amerikaanse "Baja" styl vragmotors het ook hul verskyning gemaak, maar selde gewen.
Vragmotors (T4 "Camions" of "Lorries") sluit in Tatra, LIAZ, Kamaz, Hino, MAN, DAF, PERLINI, Mercedes-Benz Unimog, Renault Kerax, SCANIA, IVECO en GINAF. In die 1980's was daar sterk kompetisie tussen DAF en Mercedes-Benz, wat gelei het tot voertuie wat met twee enjins en meer as 1000 perdekrag (hp) (750 kW) uitgestoot het. Later het Tatra, Perlini en Kamaz tot die tydren toegetree.
KTM is die mees populêre en meestal die wennermotorfiets. Die grootste mededingers in die motorvoertuigklas is Volkswagen, Mitsubishi en Nissan, en in die motorfietsklas Yamaha en KTM. Na 2000 het hernude kompetisie begin die vragmotorklas tussen DAF, Tatra, Mercedes-Benz en Kamaz.
[wysig] Insidente
In 1982 het Mark Thatcher, seun van die destydse Britse Eerste Minister Margaret Thatcher, en sy Franse mede-bestuurder, Charlotte Verney en 'n meganikus, vir ses dae verdwyn. Die drietal het op 9 Januarie herstelwerk aangebring en toe die verkeerde pad verder gevolg. 'n Algeriese militêre vliegtuig het hulle wit Peugeot 504 50km van koers af gevind.
In 1986 het die organiseerder van die tydren, Thierry Sabine, dood verongeluk in 'n helikopterongeluk.
Ses mense, drie deelnemers en drie plaaslike inwoners, is dood tydens die 1988-wedren. Dit sluit in 'n 10-jarige kind van Mali wat die pad oorgesteek het, en 'n kameraspan wat 'n ma-en-dogter in Mauritanië doodgery het.
In 2005 is vyf mense, insluitende twee renjaers dood in die tydren, terwyl 'n Suid-Afrikaner, Elmar Symons, 'n motorfietsjaer in die 2007 tydren, oorlede is.
[wysig] Kritiek
Die tydren het sy sarsie kritiek uit verskeie oorde ontvang, meestal as gevolg van die impak van die tydren op die plaaslike bevolkings waardeur gejaag word. Die feit dat Wes-Sahara 'n deurgangspunt is sonder dat die Polisario Front (die aanvaarde verteenwoordiger van die Sahrawi inwoners in Wes-Sahara wat deur Marokko beset word) se mening ingewin word, is nog 'n punt van kritiek. Na hierdie kritiek het die organiseerders van die Polisario Front toestemming vir tydren gekry sedert 2000. Die Vatikaan, Afrikamenseregtegroepe en die Groen Party in Frankryk het ook al beswaar aangeteken vir verskeie redes teen die tydren. Plaaslike gemeenskappe kla dat hulle min voordeel van die tydren ondervind, aangesien die deelnemers min geld op plaaslike goedere spandeer, terwyl mens en dier baie keer sterf in die jaers se pad.
[wysig] Lys van wenners
Jaar | Motors | Motorfietse | Vragmotors | Roetes | |||
---|---|---|---|---|---|---|---|
Bestuurder Mede-Bestuurder |
Vervaardiger | Bestuurder | Vervaardiger | Bestuurder | Vervaardiger | ||
2007 | ![]() ![]() |
Mitsubishi Pajero | ![]() |
KTM | ![]() |
MAN | Lissabon-Dakar |
2006 | ![]() ![]() |
Mitsubishi Pajero | ![]() |
KTM | ![]() |
Kamaz | Lissabon-Dakar |
2005 | ![]() ![]() |
Mitsubishi Pajero | ![]() |
KTM | ![]() |
Kamaz | Barcelona-Dakar |
2004 | ![]() ![]() |
Mitsubishi Pajero | ![]() |
KTM | ![]() |
Kamaz | Clermont-Ferrand-Dakar |
2003 | ![]() ![]() |
Mitsubishi Pajero | ![]() |
KTM | ![]() |
Kamaz | Marseille-Sharm el Sheikh |
2002 | ![]() ![]() |
Mitsubishi Pajero | ![]() |
KTM | ![]() |
Kamaz | Arras-Madrid-Dakar |
2001 | ![]() ![]() |
Mitsubishi Pajero | ![]() |
KTM | ![]() |
Tatra | Parys-Dakar |
2000 | ![]() ![]() |
Schlesser-Renault Buggy | ![]() |
BMW | ![]() |
Kamaz | Pariy-Dakar-Kaïro |
1999 | ![]() ![]() |
Schlesser-Renault Buggy | ![]() |
BMW | ![]() |
Tatra | Granada-Dakar |
1998 | ![]() ![]() |
Mitsubishi Pajero | ![]() |
Yamaha | ![]() |
Tatra | Parys-Granada-Dakar |
1997 | ![]() ![]() |
Mitsubishi Pajero | ![]() |
Yamaha | ![]() |
Hino | Dakar-Agades-Dakar |
1996 | ![]() ![]() |
Citroën ZX | ![]() |
Yamaha | ![]() |
Kamaz | Granada-Dakar |
1995 | ![]() ![]() |
Citroën ZX | ![]() |
Yamaha | ![]() |
Tatra | Granada-Dakar |
1994 | ![]() ![]() |
Citroën ZX | ![]() |
Cagiva | ![]() |
Tatra | Parys-Dakar-Parys |
1993 | ![]() ![]() |
Mitsubishi Pajero | ![]() |
Yamaha | ![]() |
Perlini | Parys-Dakar |
1992 | ![]() ![]() |
Mitsubishi Pajero | ![]() |
Yamaha | ![]() |
Perlini | Parys-Sirte-Kaapstad |
1991 | ![]() ![]() |
Citroën ZX | ![]() |
Yamaha | ![]() |
Perlini | Parys-Tripoli-Dakar |
1990 | ![]() ![]() |
Peugeot 405 | ![]() |
Cagiva | ![]() |
Perlini | Parys-Tripoli-Dakar |
1989 | ![]() ![]() |
Peugeot 405 | ![]() |
Honda | Parys-Tunis-Dakar | ||
1988 | ![]() ![]() |
Peugeot 205 | ![]() |
Honda | ![]() |
Tatra | Parys - Algiers - Dakar |
1987 | ![]() ![]() |
Peugeot 205 | ![]() |
Honda | ![]() |
DAF | Parys-Algiers-Dakar |
1986 | ![]() ![]() |
Porsche 959 | ![]() |
Honda | ![]() |
Mercedes-Benz | Parys-Algiers-Dakar |
1985 | ![]() ![]() |
Mitsubishi Pajero | ![]() |
BMW | ![]() |
Mercedes-Benz | Parys-Algiers-Dakar |
1984 | ![]() ![]() |
Porsche 911 | ![]() |
BMW | ![]() |
Mercedes-Benz | Parys-Algiers-Dakar |
1983 | ![]() ![]() |
Mercedes 280 G | ![]() |
BMW | ![]() |
Mercedes-Benz | Parys-Algiers-Dakar |
1982 | ![]() ![]() |
Renault 20 | ![]() |
Honda | ![]() |
Mercedes-Benz | Parys-Algiers - Dakar |
1981 | ![]() ![]() |
Range Rover | ![]() |
BMW | ![]() |
ALM/ACMAT | Parys-Dakar |
1980 | ![]() ![]() |
Volkswagen Iltis | ![]() |
Yamaha | ![]() |
Sonacome | Parys-Dakar |
1979 | ![]() ![]() |
Range Rover | ![]() |
Yamaha | Parys-Dakar |
[wysig] Eksterne skakels
- http://www.dakar.com - amptelike webwerf
- SA jaer sterf in Dakar Beeld, 9 Januarie 2007. Besoek 17 Januarie 2007.