Ethernet
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Ethernet is 'n raamgebaseerde rekenaarnetwerktegnologie vir plaaslike netwerke (PN'e) (Engels: Local Area Networks of LAN). Dit definieer bedrading en die seine van die fisiese vlak, asook raamformate en protokolle vir mediatoegangsbeheer (media access control, MAC). Daar is verskillende standaarde vir Ethernet, met bus- en stertopologie wat moontlik is, en spoed vanaf 10 Megabis per sekonde tot 1 Gigabis per sekonde. Dit het die 1990's die gewildste netwerktegnologie geword.