Griekse alfabet
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Die Griekse alfabet is gebruik om die Griekse taal sedert ongeveer die 9de eeu v.C te skryf. Dit is die eerste ware alfabet, dit is, een wat 'n simbool vir elke vokaal en konsonant het, en is die oudste alfabet wat steeds in gebruik is.
- Ander gebruike:
Die letters word ook gebruik om nommers voor te stel; in dieselfde soort konteks as die Romeinse syfers. Behalwe om by die skryf van moderne Grieks gebruik te word, word die letters ook gebruik as wiskundige simbole, by die name van deeltjies in bv. fisika, as name van sterre, in die name van tropiese siklone, en ook vir ander gebruike.
- Ontstaan:
Die Griekse alfabet het ontstaan as 'n aanpassing van die Feniciese alfabet, en het weer op sy beurt aanleiding gegee tot die opkoms van die Latynse, Koptiese, Cyrilliese alfabet, en selfs meer, soos gedokumenteer in Geskiedenis van die alfabet. Die Griekse alfabet is nie verwant aan die Linear B en die Cypriot syllabary nie, vroeër sisteme van skryf vir Grieks.