Static Wikipedia February 2008 (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu

Web Analytics
Cookie Policy Terms and Conditions La Rochelle - Wikipedia

La Rochelle

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

La Rochelle
Land: Frankryk
Gewes (région): Poitou-Charentes
Département: Charente-Maritime (17)
Koördinate: 46°09' N, 01°09' O
Oppervlakte: 28,43 vk km
Bevolking: 76 584 (1999)
Bevolkingsdigtheid: 2 694 / vk km
Hoogte: 0-28 m bo seespieël
Burgemeester: Maxime Bruno (2001-2008)

La Rochelle is 'n stad in die weste van Frankryk en die hoofstad (prefektuur) van die département Charente-Maritime met 76 584 inwoners (1999). La Rochelle is een van die belangrikste Franse hawens aan die Atlantiese Oseaan en speel 'n groot rol by die stigting van die Franse kolonies in Noord-Amerika. Danksy sy pragtige wit sandsteengeboue staan dit in Frankryk bekend as la ville blanche - "die wit stad". Die stad word deur 'n brug met 'n lengte van 2,9 kilometer met die eiland Île de Ré verbind. Sy hawe lê aan die einde van 'n beskermde seestraat, die Pertuis d'Antioche.

La Rochelle
La Rochelle

Inhoud

[wysig] Geskiedenis

La Rochelle is in die 10de eeu gestig en speel reeds in die 12de eeu 'n belangrike ekonomiese rol as Atlantiese seehawe. 'n Aantal handelsroetes van die Orde van die Tempeliers het La Rochelle as hulle eindpunt op die vasteland. Hertog Willem X van Akwitanië verleen in 1137 die status van 'n vrye hawestad aan La Rochelle. Die burgemeester Guillaume de Montmirail, wat vyftig jaar later benoem word, is die eerste in Frankryk. Tot by die 15de eeu bly La Rochelle veral danksy die wyn- en southandel die grootste Atlantiese hawestad in Frankryk.

[wysig] Die beleg van La Rochelle

Kardinaal Richelieu tydens die beleg van La Rochelle
Kardinaal Richelieu tydens die beleg van La Rochelle

Tydens die renaissance word La Rochelle die sentrum van 'n hervormingsbeweging en sedert 1568 ook 'n geestelike sentrum van die Hugenote-beweging. Die stad ontwikkel tot een van die liberaalste en welvarendste in die land. Die politieke ontwikkelings in die twintigerjare van die 17de eeu maak 'n einde aan hierdie bloeitydperk. Die prins van Guise verniel in 1622 die vloot van La Rochelle onder die bevel van Jean Guiton. Op 10 September 1627 lui 'n geveg met die koninklike troepe van Lodewyk XIII egter 'n tydperk van onrus en onderdrukking deur die owerhede in. As gevolg van die geveg word La Rochelle op bevel van kardinaal Richelieu veertien maande lank beleër. 25 000 mense of twee derdes van sy bevolking sterf 'n hongerdood tydens die beleg. Met sy oorgawe raak die stad sy burgemeester en sy voorregte kwyt.

Die toenemende vervolging van die Hugenote bereik sy hoogtepunt met die herroeping van die Edik van Nantes deur koning Lodewyk XIV. 'n Groot aantal Hugenote emigreer na die buiteland, en Protestantse burgers van La Rochelle is in hierdie tydperk (1689) ook die stigters van die stad New Rochelle naby die huidige New York.

[wysig] La Rochelle en die Nuwe Wêreld

'n Nagtelike oorsig oor die hawe van La Rochelle
'n Nagtelike oorsig oor die hawe van La Rochelle

Die volgende tydperk is danksy die groeiende seehandel met die Nuwe Wêreld (Nieu-Frankryk in Noord-Amerika en die Antille-eilande in die Karibiese See) deur groot welvaart gekenmerk. La Rochelle speel 'n groot rol in die sogenaamde driehoekshandel, met slawe-invoere uit Afrika, suikerhandel met die plantasies in die Karibiese See en pelshandel met Kanada. Skepe uit La Rochelle neem Franse setlaars na Kanada en groot klippe, wat in La Rochelle as straatstene en boumateriaal vir pragtige geboue dien, terug na Frankryk. Maar hulle vervoer veral slawe uit Afrika na die plantasies van die Nuwe Wêreld. Die stad beleef 'n bloeitydperk ten opsigte van sy kuns, kultuur en argitektuur.

As gevolg van die moeilike dekades van die Sewejarige Oorlog, die Franse Rewolusie en die Napoleoniese Oorloë raak La Rochelle sy leidende rol in die seehandel kwyt. Tegelykertyd verloor Frankryk die meeste van sy oorsese besittings in die Nuwe Wêreld en as gevolg van die konflikte met Groot-Brittanje verswak ook sy posisie as seemag. Hawens soos La Rochelle speel nou 'n kleiner rol.

[wysig] Die 19de eeu

Die duikboot Plongeur (1863)
Die duikboot Plongeur (1863)

In 1864 word La Rochelle se hawe die toneel vir toetse met die wêreld se eerste meganies aangedrewe duikboot, die Plongeur, onder die bevel van Marie-Joseph-Camille Doré, 'n boorling van die stad.

[wysig] Die Tweede Wêreldoorlog

Tydens die Tweede Wêreldoorlog rig die Duitsers 'n duikbootbasis in La Rochelle op. Weens die groot aantal vyandelike troepe is die stad die laaste in Frankryk wat teen die einde van die oorlog bevry is.

[wysig] La Rochelle vandag

Die ou hawe van La Rochelle
Die ou hawe van La Rochelle
'n Brug verbind La Rochelle met die Île de Ré
'n Brug verbind La Rochelle met die Île de Ré

La Rochelle bewaar sy argitektuur en maritieme erfenis vir die nageslag en het tot 'n eersterangse toeristebestemming langs die weskus van Frankryk ontwikkel. Vissery, skeepsbou en seehandel (onder meer die invoer van ru-olie, Kanadese houtspane vir die Franse papierbedryf en tropiese hout) speel nog steeds 'n belangrike rol in die plaaslike ekonomie. Die stad behoort nog tot die tien grootste hawens van Frankryk, met sowat 1 000 vragskepe wat hier jaarliks aanlê, en gereelde verbindings met lande soos Argentinië, Chili, Indonesië en Sjina, maar sy hawe is te klein vir die meeste groot houerskepe.

La Rochelle is die toneel van die grootste Europese handelskou vir bote, Le Grand Pavois, en het talle nywerhede rondom die bou van bote en jagte ontwikkel. Die moderne jaghawe van Les Minimes, wat plekke vir 3 500 skepe en bote bied, is die grootste van sy soort aan die Europese Atlantiese kus en die tweede grootste in Frankryk na Marseille.

Die grootste ondernemings in die metropolitaanse gebied van La Rochelle is Alstom, wat hier die nuwe trem Citadis ontwikkel, Delphi Diesel Systems ('n vervaardiger van dieselenjins), Rhodia Electronics & Catalysis ('n vervaardiger van bymiddels vir katalisatore en die elektroniese bedryf) en Dufour ('n vervaardiger van sportbote).

[wysig] Klimaat

Moderne argitektuur in La Rochelle
Moderne argitektuur in La Rochelle

Alhoewel La Rochelle op dieselfde breedtegraad soos Montréal in Kanada lê, word die plaaslike klimaat danksy die invloed van die Golfstroom dwarsdeur die jaar deur gematigde temperature gekenmerk. Die gemiddelde temperatuur is 5 °C in Januarie (met 91 sonskynure) en 24 °C in Julie (met 302 sonskynure).

[wysig] Besienswaardighede

  • 'n Ou stadpaleis uit die 18de eeu huisves die Musée du Nouveau Monde (Museum van die Nuwe Wêreld), wat La Rochelle se betrekkinge met die Nuwe Wêreld sedert die 16de eeu behandel.
  • Die Musée rochelais d'histoire protestante is gewy aan die geskiedenis van die protestantisme in La Rochelle en in die provinsies Aunis en Saintonge.

[wysig] Eksterne skakels

Static Wikipedia 2008 (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -

Static Wikipedia 2007 (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -

Static Wikipedia 2006 (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu