Millau
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
![Die Millau-brug](../../../upload/shared/thumb/e/ec/Millau_viaduc.jpg/250px-Millau_viaduc.jpg)
Millau (Oksitaans: Milhau) is 'n stad en onderprefektuur in die Suid-Franse département Aveyron (région Midi-Pyrénées) met 'n oppervlakte van 168,23 vierkante kilometer en 21 339 inwoners (1999). Die stad lê in die vallei van die Tarnrivier, wat hier in die Dourbie uitmond.
[wysig] Besienswaardighede
Die ravyne van die riviere Tarn, Dourbie en Jonte, die rotsdoolhof van Montpellier le Vieux, die grot Aven Armand en die Parc naturel régional des Causses is die belangrikste natuurlike besienswaardighede.
Naas Cabrières, die kasteel van die sopraan Emma Calvé, wat in 1942 in Millau oorlede is, is die Millau-brug (Frans: Viaduc de Millau), die hoogste ter wêreld, die bekendste mensgemaakte besienswaardighede van Millau.
[wysig] Sport
Die omgewing van Millau word as een van die mooiste gebiede vir sweefvliegsport-entoesiaste in Europa beskou.