Robert Koch
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Heinrich Hermann Robert Koch (Desember 11, 1843 - Mei 27, 1910) was 'n Duitse dokter. Hy het beroemdheid verwerf vir die ontdekking van tubercle bacillus (1882) en cholera bacillus (1883) en vir sy ontwikkeling van Koch se postulate. Koch was een van die stigters van die studie-rigting bakterologie. Koch was ook betrokke by ondersoeke na ‘n verskeidenheid van mens- en diere-siektes soos melaatsheid, plaag, malaria en beeste siektes.
Die Nobel prys vir Medisyne is aan hom toegeken in 1905.