Ségolène Royal
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Ségolène Royal, gebore Marie-Ségolène Royal (sego'lɛn ʁwa'jal) (* 22 September 1953 in Dakar, Senegal) is 'n Franse politikus en kandidaat van die Sosialistiese Party van Frankryk (PS) vir die presidentsverkiesing in 2007.
Sy is sedert Junie 2002 lid van die Franse parlement vir Deux-Sèvres en beklee sedert Augustus 2004 ook die amp van voorsitter van die Gewestelike Raad van Poitou-Charentes. Die kanse is goed dat sy as die eerste vroulike staatspresident van Frankryk en opvolger van Jacques Chirac gekies sal word.