Jacques Chirac
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
![]() |
|
Verkies op : | 7 Mei 1995 en 5 Mei 2002 |
Presidentskap : | 17 Mei 1995 - 16 Mei 2002
en sedert 17 Mei 2002 |
Voorganger : | François Mitterrand |
Opvolger : | - |
Gebore op : | 29 November 1932 |
Geboorteplek : | Parys, Frankryk |
Jacques René Chirac, beter bekend as Jacques Chirac (29 November 1932, Parys, Frankryk - ), is 'n Franse staatsman wat sedert 17 Mei 1995 die amp van die Staatspresident van die Franse Republiek beklee.
Jacques Chirac is 'n lid van die gaullisties-konserwatiewe party Union pour un Mouvement Populaire ("Volksbewegingsunie", oorspronklik: Union pour une Majorité Presidentielle).
Chirac studeer aan 'n aantal leidende Franse universiteite (onder meer die ENA) en doen sy diensplig in Algerië. In 1967 word hy vir die eerste keer as 'n lid van die parlement verkies.
In die jare sestig en sewentig is Chirac 'n medewerker van die presidente Georges Pompidou en Valéry Giscard d'Estaing. In die tydperk van 1974 tot 1976 en nog eens van 1986 tot 1988 is hy Eerste Minister van Frankryk en van 1977 tot 1995 burgemeester van Parys.