Transantarktiese Berge
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Die Transantarktiese Berge (85°00′S 175°00′W) is 'n bergreeks in Antarktika wat met 'n paar onderbrekings strek vanaf Kaap Adare tot Coats Land. Die berge dien as die skeiding tussen Oos-Antarktika en Wes-Antarktika. Ingesluit is die kontinue maar afsonderlik benoemde berggroepe langs die weste kant van die Ross See en die westelike en suidelike kante van die Ross Ysbank; so ook die Horlick Berge, die Thiel Berge, Pensacola berge, Shackleton Reeks en die Theron Berge. Die suiwer beskrywende naam is in 1962 deur US-ACAN aanbeveel en is sedertdien internasionaal aanvaar.