vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
26 September is die 269ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (270ste in skrikkeljare). Daar volg nog 96 dae.
- 1687 - Die Parthenon in Athene word gedeeltelik vernietig in 'n gewapende stryd tussen Venesiese en Ottomaanse magte.
- 1901 - Tweede Vryheidsoorlog: Generaal Louis Botha val Fort Itala en Fort Prospect aan.
- 1905 - Albert Einstein publiseer sy spesiale relatiwiteitsteorie in die tydskrif Annalen der Physik.
- 1983 - Luitenant Kolonel Stanislav Petrov van die Sowjet Unie verhoed 'n wêreldwye kernoorlog deur sy weiering om in weerwil van rekenaarverslae te aanvaar dat die VSA missiele teen die USSR lanseer het.
- 1992 - President FW de Klerk en ANC-leier Nelson Mandela bereik 'n ooreenkoms oor 'n proses om meerderheidsregering in Suid-Afrika te vestig.
[wysig] Geboortes
[wysig] Sterftes
[wysig] Vakansies, vierings, en waarmeningsdae
Dae in die Geskiedenis