4 Augustus
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
4 Augustus is die 216de dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (217de in skrikkeljare). Daar volg nog 149 dae in die jaar.
Jul - Augustus - Sep | ||||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 |
8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 |
15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 |
22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 | 28 |
29 | 30 | 31 | ||||
2004 dag rangskikking Al die dae |
Inhoud |
[wysig] Gebeure
- 1693 - Die tradisionele datum vir die uitvinding van sjampanje deur Dom Perignon.
- 1704 - Brits-Nederlandse troepe beset Gibraltar.
- 1912 - Die 53-jarige Noorweegse skrywer Knut Hamsun voltooi sy romantrilogie "Die swerwer".
- 1914 - Eerste Wêreldoorlog: Duitse troepe val België binne. Die Verenigde Koninkryk verklaar oorlog teen Duitsland en die VSA verklaar neutraliteit.
- 1916 - Die VSA koop die Maagde-eilande (in die oostelike deel van die Karibiese see) vir $25 miljoen van Denemarke.
- 1944 - 'n Nederlandse informant lei die Gestapo na waar Anne Frank en haar familie gevind word.
- 1991 - Die Griekse skip die Oceanos sink langs die kus van Suid-Afrika.
[wysig] Geboortes
- 1805 - William Rowan Hamilton, wiskundige, natuurkundige en filosoof, te Dublin, Verenigde Koninkryk (tans Ierland)
- 1859 - Knut Hamsun, Noorweegse romanskrywer, ontvanger van die Nobelprys vir Letterkunde in 1920 († 1952)
- 1900 - Elizabeth Bowes-Lyon, voormalige Britse koningin
- 1901 - Louis Armstrong, Amerikaanse jazz-trompetspeler en -sanger.
[wysig] Sterftes
- 1060 - Koning Henry I van Frankryk (gebore 1008)
- 1875 - Hans Christian Andersen, Deense skrywer
- 1997 - Jeanne Calment op 122, sover bekend die oudste mens ooit