9 Desember
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
9 Desember is die 343ste dag van die jaar volgens die Gregoriaanse kalender (die 344ste in 'n skrikkeljaar). Daar is nog 22 dae oor in die jaar.
Nov - Desember - Jan | ||||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | |||
5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 |
12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 |
19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 |
26 | 27 | 28 | 29 | 30 | 31 | |
2004 dag rangskikking Al die dae |
Inhoud |
[wysig] Gebeure
- 1793 - New York se eerste daaglikse koerant, genaamd die American Minerva, sien die lig.
- 1888 - Herman Hollerith installeer 'n tipe rekenaarmasjien by die Verenigde State se Oorlogsdepartement.
- 1931 - Spanje word 'n republiek.
- 1941 - Die Republiek van China verklaar op Japan, Duitsland, en Italië oorlog.
- 1950 - Harry Gold kry dertig jaar se gevangenistraf omdat hy die VSA se geheime kernwapenplanne aan Rusland verkoop het.
- 1961 - Adolf Eichmann word skuldig bevind van oorlogsmisdade in Israel.
- 1963 - Zanzibar word onafhanklik.
- 1990 - Lech Wałęsa word die eerste direk verkose president van Pole.
- 1992 - Die skeiding van Prins Charles, die Prins van Wallis en Diana, die Prinses van Wallis word aangekondig.
- 2005 - del.icio.us, 'n sosiale boekmerkwebwerf word deur Yahoo vir tussen $15-30 miljoen VSA dollars aangeskaf.
[wysig] Geboortes
- 1594 - Koning Gustavus Adolphus van Swede († 1632)
- 1608 - John Milton, Engelse digter en skrywer († 1674)
- 1916 - Kirk Douglas, Amerikaanse akteur.
- 1934 - Dame Judi Dench Britse aktrise.
- 1946 - Sonia Gandhi, Indiese president van die Indian National Congress Party.
- 1950 - Joan Armatrading, Amerikaanse sangeres.
- 1954 - Jean-Claude Juncker, Luxemburgse politikus
- 1972 - Fabrice Santoro, Franse tennisspeler.
[wysig] Sterftes
- 1565 - Pous Pius IV
- 1669 - Pous Clement IX
- 1996 - Mary Leakey, argeoloog en antropoloog.
[wysig] Vakansie-, vierings-, en waarnemingsdae
- Die Opalia-fees ter ere van die Romeinse godin van die oes, Ops.
- Anna-se-dag. Op hierdie dag in Swede word almal met die naam Anna vereer, en dit is ook die dag waarop almal in Skandinawië die verrottingsproses van die luitvis begin, wat op Kersdag verorber word.
Vertaal vanaf die Engelse Wikipedia.