Ekwatoriaal-Guinee
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Ekwatoriaal-Guinee is 'n klein land aan die weskus van Afrika. Dit beslaan sowat 28 051 km². Die 511 000 inwoners (2003) is hoofsaaklik Bantoe (80%), Boebi (10%), kleurlinge (Fernandino's, 3 000) en blankes (4 000, oorwegend Spanjaarde). Die bevolking is byna uitsluitlik Rooms-Katoliek. Spaans is die ampstaal. Die hoofstad is Malabo met 93 000 inwoners (2003). Die land bestaan uit 'n kontinentale deel, Rio Muni, en 'n aantal eilande.
[wysig] Geskiedenis
Aan die einde van die 15de eeu het die Pousdom Afrika en Asië aan Portugal, en die Amerikaanse kontinent wes van 50° Wes aan Spanje toegeken. Die Spanjaarde was op soek na 'n Afrikaanse bron van slawe, en in 1778 het die Portugese die eiland Fernando Poó (die huidige Bioko) en Annobon (Pagaloe) saam met regte op die vasteland aan hulle afgestaan. Portugal het die gebied geruil vir die Spaanse toestemming om sy kolonies in Suid-Amerika te vergroot. Die Spanjaarde het koffie- en kakaoplantasies op die bergagtige, vulkaniese eilande aangelê. Staatsgreep van President Teodoro Obiang Nguema Mbasogo in 1979. By die eerste verkiesings op 21 November 1993 is kandidate wat die laaste tien jare in die buiteland deurgebring deelname geweier.
[wysig] Ekonomie
Die vasteland Rio Muni (Mbini) is in vergelyking met die eilande slegs yl bevolk en minder ontwikkel. Buitelandse beleggings is op die bosbou en die palmolieproduksie beperk. Daarnaas word ook koffie, kakao en sisal verbou. Die belangrikste uitvoerprodukte is skepe (wat voorheen ingevoer is), hout, tekstielprodukte en kakao.
|
||
---|---|---|
Algerië | Angola | Benin | Botswana | Burkina Faso | Burundi | Comore-eilande | Demokratiese Republiek van die Kongo | Djiboeti | Egipte | Ekwatoriaal-Guinee | Eritrea | Ethiopië | Gaboen | Gambië | Ghana | Guinee | Guinee-Bissau | Ivoorkus | Kaap Verde | Kameroen | Kenia | Lesotho | Liberië | Libië | Madagaskar | Malawi | Mali | Mauritanië | Mauritius | Marokko | Mosambiek | Namibië | Niger | Nigerië | Republiek van die Kongo | Rwanda | São Tomé en Principe | Senegal | Sentraal-Afrikaanse Republiek | Seychelle | Sierra Leone | Soedan | Somalië | Suid-Afrika | Swaziland | Tanzanië | Togo | Tsjad | Tunisië | Uganda | Wes-Sahara | Zambië | Zimbabwe |
||
Afhanklike gebiede: Brits: Britse Indiese Oseaan Gebied - Sint Helena en afhanklikhede| Portugees: Madeiraeilande |
Spaans: Kanariese-eilande - Ceuta en Melilla | Frans: Mayotte - Réunion |