Wikipedia:Geselshoekie/Argief17des04
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
[wysig] Landtabel
Ek het 'n templaat geskep vir die tabel van inligting vir 'n land. Enkele vertalings moet ek nog nagaan. Ek het dit só gedoen dat dit maklik vanaf die engels geknip en plak sal kan word (engelse veranderlikes is behou). Die beelde sal egter hernoem moet word voordat hulle opgelaai word. (Ek het die harde manier uitgevind - ek het die templaat by Nederland gebruik). Kan beelde hernoem word deur dit te skuif? As ons hierdie wil gebruik, sal ons altyd die prentjies se name moet verander voordat dit opgelaai word, en kan ons dalk dan maar ook die templaat verander dat die hele lêernaam in Afrikaans kan wees (byvoorbeeld Nederland_vlag_groot.png ipv Netherlands_flag_large.png). Kommentaar? --Alias 14:20, 30 05 2004 (UTC)
- Nee, beelde kunnen niet hernoemd worden. TeunSpaans 05:33, 11 06 2004 (UTC)
- Ek wonder of ons nie maar die kaarte wat ons het moet oplaai met nuwe name en die oues uitvee nie. Dis dalk die maklikste oplossing. (sien ook hierdie interessante manier waarop prentjies gedoen is by Maleisië.) --Alias 11:33, 10 09 2004 (UTC)
[wysig] Categories
Ek het 'n poging gedoen om 'categories' te gaan gebruik maar dit het nie gewerk nie. In die nl. kroeg het Andre Engels my gesê dat in die language file die Engelse 'category' en 'category talk' eers in Afrikaans vertaal moet word en dan moet ons 'n ontwikkelaar vra om dit live te maak. Wat is die beste vertaling Kategorie en Kategorie bespreking? Jcwf
- Ek dink dat Kategoriebespreking een woord is in Afrikaans. Andersins kan ons Kategorie bespreek of Bespreek kategorie gebruik, maar dis dalk om 't ewe (kom ons kyk of nog iemand dalk 'n opinie het). template en template_talk moet ook nog vertaal word. Konsekwentheid is seker goed, maar ek vermoet dat die huidige vertalings nie ideal is nie (die hoofletter B in GebruikerBespreking?). Ek sal graag ook wil help met die vertaling van die LanguageAf.php lêer. Ek het al 'n paar idees vir verandering begin neergeskryf by Gebruiker:Alias/koppelvlak.
- Ek het nounet gaan kyk na Middeleeue en dit lyk asof die Kategorië wel werk, maar dat "Categories" net onvertaal is. Ek weet nie meer self van die probleem met die artikelnaam vs kategorienaam nie. --Alias 14:02, 17 06 2004 (UTC)
-
- Dit lyk net so dat dit werk, maar dit werk nie rêrig nie. Wat is template in Afrikaans, ons het sjabloon in Nederlands. Vorm? Mal? Jcwf
Hoe werk die kategorieë? Ek wil graag al my artikels oor die chemiese elemente onder die kategorie: Chemiese elemente rangskik maar ek is nie seker hoe om te werk te gaan nie.
Die naamruimtes moet dus hernoem word. Ek sou ook graag kategorie wou aan die gang kry. Daar is volgens my twee skemas. Los gerus stemme en kommentaar hier.
Ek sal graag wil terugvoer hoor ivm hierdie twee moontlikhede. Het die Nederlanders dalk ondervinding met die gevolge van hierdie keuses? --Alias 16:56, 14 10 2004 (UTC)
Twee sake: Die woord in Afrikaans vir die spesiale bladsy Categories moet Kategorieë wees met twee e's. Verder wonder ek as ek 'n Category tag insit word die artikel outomaties gelys onder die betrokke Category bladsy of moet dit per hand gedoen word. Baie Dankie.
[wysig] Eerste skema
- Kategorie en Bespreek_kategorie
- Templaat en Bespreek_templaat (NL gebruik Sjabloon)
Kommentaar?
Sodra hierdies gedoen is, wil ek graag al die ander verander sodat dit hiermee ooreenstem:
- [niks] en Bespreek (gewone artikels)
- Gebruiker en Bespreek_gebruiker (hierdie klink vir my bietjie snaaks)
- Wikipedia en Bespreek_wikipedia
- Mediawiki en Bespreek_mediawiki
- ens...
Hierdie patroon stem ooreen met die Nederlandse Overleg_... en is 'n bietjie korter.
[wysig] Tweede skema
'n Alternatief is
- Gebruiker en Gebruikerbespreking
- Templaat en Templaatbespreking
- Kategorie en Kategoriebespreking
- ens
Watter skema ookal gekies word sou ek graag van Bronnemateriaalenbespreking ontslae wou raak. Dit is in elkgeval nie 'n bronnelys nie. --Alias 20:41, 5 10 2004 (UTC)
Daar word nou gestem oor hierdie naamskemas by Wikipedia:Koppelvlak. --Alias 21:15, 16 11 2004 (UTC)
[wysig] BronnemateriaalEnBespreking
Andre Engels suggereerde dat BronnemateriaalEnBespreking misschien iets korter kon. Vinden jullie dat ook? Hebben jullie suggesties? TeunSpaans 05:41, 23 06 2004 (UTC)
- Ek stem saam. Ek het al 'n paar idees vir verandering begin neergeskryf by Gebruiker:Alias/koppelvlak. Ek sal graag ook 'n paar ander naamruimtes wil verander. Is daar enige gevolge hieraan verbonde? --Alias 06:34, 23 06 2004 (UTC)
- Gevolge? Dat zou kunnen. Voor we al te enthousiast van start gaan, probeer eerst even om bijvoorbeeld BronnemateriaalEnBespreking in Bespreek of Bespreking te veranderen. Kun je daarna zonder probleem de bestaande BronnemateriaalEnBespreking bladsye zien en wysigen?. TeunSpaans 06:18, 25 06 2004 (UTC)
[wysig] Mieliestronk
Ek vra vir hulp dat ons oral waar materiaal van Die Mieliestronk gebruik is, dit aandui mbv die mieliestronk-templaat (sien gerus Mpumalanga). Kyk gerus na hierdie bydraes asook hierdies. Dankie byvoorbaat. --Alias 22:20, 15 07 2004 (UTC)
[wysig] Wit vs blank
Met verwysing na die artikel oor apartheid, was daar sommer iets waaroor ek gewonder het (het nie rêrig 'n sterk persoonlike opinie nie): miskien kan almal hulle opinies hier los. Ek dink ons kan dalk probeer konsekwent wees in die gebruik van "wit" teenoor "blank" om te verwys na wittes/blankes (europeërs). Kommentaar? --Alias 15:34, 13 09 2004 (UTC)
- Bedoel jy dat almal na "blankes" sal verwys as "witmense"? Ek stem saam dat iets meer konsekwent gevestig word.--GerharBe 09:05, 16 09 2004 (UTC)
[wysig] Datum-/Tyd- spesifikasie
Daar bestaan verskeie artikels met ietwat vae (vaag) gebeurtenis-verwysing, soos bv. "onlangs" en "tans" -- dit ontstaan uit die outeur se tyds-verwysingsraamwerk op die datum dat die artikel geskep of aangesuiwer word. Volgende jaar en daarna sal geen leser die relatiwiteit insien nie en mag die noukeurigheid misleidend wees, tensy die wysigingsgeskiedenis van die artikel ook nagelees word (wat sekerlik nie die bedoeling is vir "lesers" van die Wiki nie?). Miskien kan meningsvormers hul opinie uitspreek. My voorstel is dat hierdie tipe aanwysing vervang word met 'n duideliker afbakening: bv: (1) "onlangs" kan vervang word met iets soos: "Op 12 Desember 2003 het so-en-so nuwe lig op hierdie 1888-teorie gewerp ..."; en (2) "tans" kan vervang word met iets soos: "Sedert 2004 doen wetenskaplikes navorsing om dit-en-dit te bepaal".--GerharBe 09:05, 16 09 2004 (UTC)
- Ek stem saam dat dit tydloos geskryf moet word sover moontlik. Waar artikels bygewerk word hiervoor, moet daar net sorg gedra word dat die nuwe weergawe steeds korrek is en nie miskien 'n waninterpretasie dra van wat met "onlangs" ens bedoel is nie. --Alias 07:47, 17 09 2004 (UTC)
- Juis. Sal 'n mens (sysop) die beginselgedagte kan publiseer onder riglyne?--GerharBe 14:31, 23 09 2004 (UTC)
[wysig] 1 000 000 Wikipedia artikels
Daar is 'n persvrystelling op meta wat ek begin vertaal het. Help gerus hier. Hierdie is 'n groot gebeurtenis vir Wikipedia. Ek sou graag die berig hier plaaslik ook wou sit waneer dit gereed is. Miskien kan ons vir RSG kontak of so-iets. Iemand dalk 'n kontak by plaaslike radiostasies/koerante? --Alias 08:52, 17 09 2004 (UTC)
Dit is klaar vertaal. Dankie aan GerharBe vir hulp. Gaan asb na en dink aan of ons dalk klein bietjie inligting oor die Afrikaanse Wikipedia kan insluit. Los gerus kommentaar hier of by die artikel se besprekingsblad. --Alias 22:09, 17 09 2004 (UTC)
- Ek sal graag die media wil kontak. Dis dalk net die blootstelling wat ons nodig het. Is daar enige besware as ek myself as kontakpersoon op die persvrystelling plaas? Ek woon in Johannesburg en is redelik beskikbaar vir onderhoude ens. --Alias 14:05, 20 09 2004 (UTC)
[wysig] Vertaling gevraagd
wie kan http://meta.wikimedia.org/wiki/Translation_requests/Fund-Sep vertalen? TeunSpaans 20:19, 18 09 2004 (UTC)
[wysig] Vertalingshulp
Kan iemand asseblief help met die korrekte Afrikaans vir:
- Solid-state electronics
- My woordeboek (vrek oud) gee vastetoestandkommponent vir solid state component. Ek sou dus "vastetoestand-elektronika" raai. --Alias
- Cascade
- Wat is die konteks? My woordeboek gee neerstort, neergolf, neerklater. Ek vermoed ons soek dalk 'n verklaring saam met watter woord ookal gekies word. --Alias
- doped - soos vir silikonskywe
- Ek weet nie presies wat hierdie behels nie, maar dalk is "verlak" die woord wat jy soek? --Alias
PS, gebruik gerus wiki-teks vir lyste (soos wat ek dit hier verander het). Dis heel eenvoudig en maak die kans vir foute heelwat minder. Ons voeg ook gewoonlik onderaan hierdie besprekingslyste by (en neem geleidelik van bo af weg). Groete, Alias 10:26, 20 09 2004 (UTC)
Dankie ek dink vastetoestand elektronika sal werk. Skuus ek moes seker cascade in konteks geplaas het. Dis soos wanneer 'n mens praat van 'n cascade controller (Nie een van die woorde werk in die konteks nie). Verlak klink ook nie vir my lekker nie? Ek sal nog so bietjie rondvra!
Interresante brokkie inligting! Volgens Etymonline.com kom die woord dope uit Amerikaanse Engels waar die woord oorspronklik uit die Hollandse woord doop kom!
-
- Eng. Doped betekent dat in de halfgeleider (Si, GaAs what have you) een zeer kleine hoeveelheid van een ander element is opgelost. Dit verandert de elektrische eigenschappen dramatisch. In Nederlands wordt inderdaad ook wel gewoon 'dopen' gedoopt enz gebruikt hiervoor. Overigens halfgeleider elektronika kan ook denk ik. Jcwf
[wysig] Geskiedenis van Afrikaanse Wikipedia
Is daar nie iemand wat vir ons 'n bietjie van 'n geskiedenis artikel oor die ontstaan van die Afrikaanse Wikipedia kan skryf nie? Ek is nogal nuuskierig om te weet wie die initiatief aan die dag gelê het om hierdie bal aant rol te kry!
[wysig] Leë artikels met jaartalle as opskrif?
As ek die lukrake bladsy knoppie druk kry ek omtrent heeltyd hierdie leë artikels wat somtyds selfs na jaartalle in die toekoms in verwys?!! Met die engelse weergawe gebeur dit nie! Kan ons nie hierdie jaartal artikels verwyder of is daar nie 'n manier om hulle uit te sluit by die lukrake funksie se resultate nie? Renier 20:58, 21 09 2004 (UTC)
- Sien gerus hierdie bespreking oor bladsyverwydering. Miskien kan jy sommer hierdie kommentaar van jou daar plak as jy wil. -Alias 09:21, 22 09 2004 (UTC)
- Dit is een probleem dat alle wiki's vertonen. Op nl. heb ik ook meerdere malen geprobeerd het neerzetten van lege jaren te verhinderen, maar er altijd wel iemand die denkt zich nuttig te maken door het aanmaken ervan. Ik ben bang dat de enige oplossing is de leegte te gaan opvullen en dat is baie werk. Jcwf
- Kan ons nie miskien eerder by al hierdie bladsy REDIRECTs maak na bv "eerste eeu vC" nie?. Op hierdie manier kan artikels steeds 'n skakel maak na "34 vC", en dit stel ons in staat om meer relevante artikels te skep (en minder lëe artikels te skep). Maw een artikel per eeu, met redirects vanaf elke jaar-artikel. --Alias 20:50, 5 10 2004 (UTC)
- Dit is een probleem dat alle wiki's vertonen. Op nl. heb ik ook meerdere malen geprobeerd het neerzetten van lege jaren te verhinderen, maar er altijd wel iemand die denkt zich nuttig te maken door het aanmaken ervan. Ik ben bang dat de enige oplossing is de leegte te gaan opvullen en dat is baie werk. Jcwf
[wysig] Fondsinsameling
Die is voorbij. Dat bericht kan men verwijderen door MediaWiki:Sitenotice te ledigen. w:nl:gebruiker:walter 07:42, 9 10 2004 (UTC)
[wysig] Template vir Dubbelsinnige betekenisse
Is daar 'n template wat ek kan gebruik om dubbelsinnige betekenis aan te dui in 'n artikel? - Renier
- {{Dubbelsinnig}}
- Dit lyk so:
- Om dit te redigeer, gaan na Template:Dubbelsinnig. As ek reg onthou, word dit by die Engels altyd onderaan 'n artikel gebruik (daarvoor dan die streep). Miskien kan ons dit ook so doen? --Alias 06:17, 12 10 2004 (UTC)
Ek wil voorstel om iets getiteld "(on)duidelikheidsblad" of "rigtingwyser" te gebruik; "disambiguation" verwys na die aksie van dubbelsinnigheid uitskakel (wat vir my mooi ingeprent word deur die "rigtingwyser"-idee), wat verskil van die konsep van dubbelsinnigheid. (Dewet 16:13, 5 11 2004 (UTC))
[wysig] WYSIWYG
Terloops Alias dankie vir regstellings van taal en tikfoute in my artikels. Dis eienaardig as mens self 'n ding geskryf het hoe moeilik dit is om die goed raak te sien. Werk iemand iewers in die wêreld nie aan 'n "WYSIWIG editor" vir Wikipedia nie, of is dit net ons wat sukkel met stadige internet konneksies?
- Groot plesier. Ek werk met konqueror wat speltoetsing doen in die teksboksie. Mens kan ook knip en plak na jou woordverwerker of watookal. Ek maak baie van die "Wys voorskou" gebruik om te sien hoe dit werklik gaan lyk. Idees en besprekings oor WYSIWIGs ens sal jy waarskynlik alles op meta: kry. --Alias 20:41, 5 10 2004 (UTC)
- Ekt die bespreking gekry by meta:WYSIWYG_editor - lyk my nie daar is al iets bruikbaar in sig nie. --Alias 16:56, 14 10 2004 (UTC)
[wysig] Lys van webwerwe
Kan ons nie iewers in die Wikipedia naamruimte 'n bladsy skep met skakels na Afrikaanse webwerwe wat op hul beurt skakels na die afrikaanse Wikipedia het nie? Gerig aan administrateurs (Alias?) --Renier 06:46, 3 11 2004 (UTC)
- Klink goed (definitief in die Wikipedia naamruimte). Gaan gerus voort en doen dit. Ek weet egter net van mieliestronk.com. Ek dink ons moet 'n nuwe gebruikerportaal skep met al die skakels na die wikipedia-naamruimte se bladsye. Die geselshoekie moet tans altwee rolle vervul. --Alias 09:33, 8 11 2004 (UTC)
[wysig] Veiligheid van data
Ek wonder net of ons nie op 'n gereelde basis die Afrikaanse databasis moet aflaai nie. Hoe gereeld word die data gerugsteun?
Ek sal ook graag 'n weergawe van die Afrikaanse wiki op 'n CD wil versprei aan mense wat nie internet toegang het nie asook aan skole. Het iemand dit al gedoen? --Renier 06:46, 3 11 2004 (UTC)
- nl:Gebruiker:Erik Zachte maakt een versie van Wikipedia voor PocketPC. Ik denk dat hij je verder kan helpen. Danielm 20:13, 4 11 2004 (UTC)
- Dankie ek sal met hom kontak maak vir advies. --Renier 21:00, 4 11 2004 (UTC)
[wysig] Signaal-/ruisverhouding
De laatste tijd gaat het goed hier; er worden lange, goede artikels geschreven. Bravo!!
Alleen.... tot mijn grote gruwel zie ik dat Gebruiker:Pumpie weer onzin aan het schrijven is :( Volgens de officiële telling heeft de Afrikaanse Wikipedia 3957 artikels, volgens de alternatieve telling [2] 891. Je zou kunnen zeggen dat dit een signaal-/ruisverhouding is van 23%. Dit is erg slecht. Ter vergelijking met andere kleine Wikipedia's:
Taal: Artikels off. Artikels alt. Sign/ruis af (Afrikaans) 3957 891 23% fy (Fries) +- 1000 +- 1000 +- 100% wa (Waals) +- 3000 +- 3000 +- 100% nds (Platduits) 640 520 81%
Enkele grote talen:
Taal: Artikels off. Altikels art. Sign/ruis en (Engels) +- 390000 +- 359000 +- 92% nl (Nederlands) +- 39000 +- 38000 +- 97% sv (Zweeds) +- 47000 +- 35000 +- 90%
Met andere woorden, in 77% van de artikels op de Afrikaanse Wikipedia staat geen informatie... :( Hoewel dit natuurlijk jullie beslissing is, zou ik zeggen dat aktie nodig is. Wat denken jullie? Danielm 20:11, 4 11 2004 (UTC)
- Ek stem saam. Ek het al heelwat e-pos aan mense gestuur om die projek te probeer bevorder en van hulle is akademici wat ek glo nie betrokke sal wil raak as hulle die indruk kry dat hierdie nie 'n ernstige poging en 'n klomp gemors is nie. Miskien moet ons dalk nie te bang wees om bladsyverwyderings te doen nie. Ons het te min bydraers om elke artikel wat in die klas val te debatteer, later as ons meer van 'n kritieke massa opgebou het in terme van bydraers kan ons dalk met groter omsigtigheid te werk gaan. --Renier 21:09, 4 11 2004 (UTC)
-
- Ek steun ook die idee van 'n kortpad om bladsye mee uit te vee (vir nou). Ek sou verkies dat ons eerder min sinvolle blaaie het (en dus 'n goeie verwysingsbron begin raak), eerder as wat ons kan spog met duisende blaaie, maar 77% van hulle is nutteloos. Ek dink dit sal ook maklik gedefinieer kan word watter bladsye in hierdie kategorie val: enigiets wat leeg is, of net 'n enkelsin, irrelevante/sinnelose inhoud (vergeleke met ensiklopediese inhoud), of uit-en-uit gemors. Miskien kan andere hierdie lys bietjie uitbrei/verfyn? (Dewet 5/11/04 10:11 SAST)
- Hmm. Waarvan word daardie tellings gegenereer? Oftewel, hoe vind 'n mens sulke onsinnige bladsye? Ek verwys gewoonlik na "ou bladsye" of "kort bladsye"... Maar ja, dis 'n definitiewe probleem, en 'n "catch-22" om bydraers te vind, soos Renier noem... (Dewet 5/11/04 9:02 SAST)
-
- De statistieksoftware is (ook) gemaakt door Erik Zachte. Volgens mij heeft Erik databanktoegang, we zouden Erik om een lijst kunnen vragen. De procedure voor de alternative telling is als volgt. Uit een artikel worden alle opmaakcodes, commentaar en koppen verwijderd. Daarna wordt het aantal tekens geteld. Als het artikel meer als 200 tekens en minimaal 1 interne schakel heeft, telt het artikel.
-
- In de officiële telling telt een artikel als het 1 interne schakel heeft.
-
- Hoe pakken we dit aan? Ik stel voor dat we 2 sjablonen maken:
- * Geen informatie (iets van "Template:geeninligting"?) (moet weg)
- * Beginnetje (iets van "[[Template:beginnetjie"]?) (mag blijven)
- Vervolgens markeren we alle te korte bladzijden met één van deze sjablonen. Als we klaar zijn, dan bespreken we nog even en markeren alle bladzijden die het sjaloon "geeninligting" bevatten voor verwijdering. Danielm 12:17, 5 11 2004 (UTC)
-
-
- Daniel se voorstel klink vir my goed, veral as daar sagteware is wat die bladsye automaties kan merk en uitvee en ook outomaties 'n lys van die "saadartikels" te genereer. Dan kan gewone gebruikers hierdie bladsye merk wanneer hulle dit teëkom. Ek hou nogal van die naam Template:saadjie vir 'n artikel tog sinvol is maar so 'n bietjie aan die kort kant. Ek dink weldeurdagte artikels oor 'n breër vakgebied met baie skakels/artikelversoeke na korter artikels is waarskynlik 'n beter beginpunt as om 'n klomp kort artikels te skryf. Dit sal veral help om beginners 'n natuurlike wegspringpunt te gee om aan die gang te kom. --Renier 12:51, 5 11 2004 (UTC)
-
-
-
-
- Prima. Tenzij iemand bezwaar heeft maak ik straks een sjabloon "Saadjie" aan. Danielm 18:29, 5 11 2004 (UTC)
-
-
Ik heb twee sjablonen aangemaakt, "leeg" en "saadjie". "Saadjie" gebruikt een categorie, zodat je via de categorie kunt zijn welke artikelen dit zijn. Bij "leeg" kan dat via "wat skakel hierheen".
Dus:
- Categorie:Saadjie
- Lege artikelen
-
- Goeie aksi, Danielm. Ik heb die leeg nagelopen, en dat de eerste helft ervan kan inderdaad wat mij betreft zo weg. TeunSpaans 13:49, 6 11 2004 (UTC)
- Alles hier klink heel goed. Vir 'n begin om klomp kort artikels te kry is redelik eenvoudig: Gaan kyk na Pumpiebot se bydraes. Dit sal jou waarskynlik omtrent 1500 bladsye gee. Meeste is die jaartalle wat ek al geruime tyd terug by Wikipedia:Bladsyverwydering opgesit het. Miskien kan ons begin om klarigheid oor hulle ten minste te kry? --Alias 09:44, 8 11 2004 (UTC)
- Ivm kwaliteit: ek dink daar moet minder skakels na onderwerpe wees op die voorblad, want op die oomblik wys meeste van die skakels op die voorblad na kort artikels wat nie 'n navigeerpad bied na die langer artikels nie. Miskien kry ek tyd vir herontwerp. Dan moet die artikels met skakels vanaf die voorblad (Wetenskap, filosofie, kuns, ens) werklik hard aan gewerk word om hulle nuttig te maak as portale na die res van die artikels. --Alias 09:44, 8 11 2004 (UTC)
-
- Ek is bereid om mee te help met die oefening. Ons kan dalk besluit op 'n logiese werkverdeling na aanleiding van die aktiewe bydraers se natuurlike belangstellings. --Renier 12:43, 8 11 2004 (UTC)
-
- Ek het al 'n paar van die hoofvakrigtings se artikels 'n bietjie uitgebrei maar begin rêrig 'n bietjie vasbrand met vakterme. Ek dink daar is nog 'n hele paar opsommende vak-artikels nodig vir die sosiale wetenskappe. Ek het egter nou so 'n bietjie my aptyt verloor om buite my vakgebied te skryf. Dinge begin egter belowend lyk. -RM 06:16, 23 11 2004 (UTC)
[wysig] Vertaling van die week
Hallo mijn afrikaanse broeders en zusters. Op meta is er een project begonnen om iedere week te proberen 1 artikel in zoveel mogelijk talen vertaald te krijgen, over een zo breed mogelijk aantal onderwerpen. Ook kunnen mensen artikelen van hun wikipedia voorstellen om te laten vertalen. Zie hier: meta:Translation_of_the_week voor meer informatie. Ik hoop dat 1 iemand van die Afrikaanse wikipedia mee wil doen en artikelen in het afrikaans wil vertalen en misschien een afrikaans artikel wil voorstellen!! BVD Waerth 14:06, 5 11 2004 (UTC) ps:Danielm, hier ben je dus, ik miste je al!
- So gedaan; die Engelse artikel is effe nie-koherent, so ek volstaan eers net by die eerste paragraaf. (Dewet 15:31, 5 11 2004 (UTC))
[wysig] Onveranderlike afdelings en omslagteks
Ek is tans besig met 'n vertaling van die GNU FDL en GNU GPL (amper klaar). Interresant sien ek dat die Lisensie jou verplig om 'n bydraer wat sekere onveranderklike afdelings en omslagtekste spesifiseer se wens te respekteer en dit net so met enige afgeleide werk te versprei. Dit mag dalk nuttig wees om aan bydraers uit te wys dat ons verkies dat hulle bydraes onder die GNU FDL sonder onveranderlike afdelings en omslagtekste lewer. -- Renier
- Ek wil jou tog maan tot versigtigheid. Regsvertaalwerk is geen grap nie. Ek sal veel eerder die engels behou as wat ons dalk in die moeilikheid kom oor 'n vreemde regsding wat ons nie van bewus was nie. Dis jammer dat dinge nou so uitgewerk het, maar ek weet van 'n vertaling van die GPL wat reeds deur iemand gedoen is en bespreek is op die Afrikaanse poslys by translate.org.za. Ek kan jou sy adres privaat pos, hy het nooit sy nuutste weergawe gepos nie, dit sal dus nie in die sourceforge argief wees nie. (--Alias)
- Ivm jou vraag, eks baie versigtig as dit kom by regsgoed, maar wat ek net sommer onmiddelik gewonder het is of so 'n versoek akkoord gaan met die lisensie. Ons kan vra dat hulle sekere dinge insluit, maar ek weet nie of ons hulle mag vra om hulle eie goeters nie in te sluit nie. Verder weet ek nie of ons as Afrikaanse Wikipedia ons eie besluit hieroor kan neem nie. Teun? Daniel? --Alias 14:43, 9 11 2004 (UTC)
-
- Ik zit een beetje te raden naar de betekenis van het woord "goeters" en daarmee is de vraag me een beetje onduidelijk. In ieder geval kan je de GFDL gerust vertalen, als je er maar bijschrijft dat mocht het gebeuren dat de Afrikaanse en Engelse versies strijdig zijn, de Engelse variant geldig is. Wees bij het vertalen voorzichtig met de betekenis van woorden, zoek ze in het woordenboek op, ook al weet je de betekenis. Danielm 10:33, 10 11 2004 (UTC)
- Dit word reeds so op die Engelse weergawe in die copyright policy afdeling versoek. Daar was reeds 'n paar mense wat dit gedoen het. Daar word egter gesê dat indien jy van ander FDL bronne jou inligting kry waar sodanige omslagteks en onveranderlike afdelings gespesifiseer word dat jy dit wel moet plaas op Wikipedia. Miskien moet die ontwikkelaars van die sagteware in die nuwe weergawe 'n logiese plek laat vir sulke teks? Rondom vertaling is daar 'n inleidende sin wat deur die FSF gespesifiseer word wat stel dat die vertaling slegs bedoel is om die verstaan van die Lisensie te bevorder en dat slegs die Engelse weergawe van krag mag wees in enige regsgeding.
Daar is egter 'n probleem in dat jy m.a.w. opskrifte moet hê wat gemerk word "History" en "acknowledgements" ens. en per implikasie moet jy dan engelse opskrifte in 'n Afrikaanse dokument hê, aangesien slegs die engelse weergawe van krag is. Dalk 'n debat wat ek met die fsf kan opneem. --Renier 10:07, 10 11 2004 (UTC)
[wysig] Bladsyverwydering
Kan iemand met admin regte nie maar asseblief 'n begin maak en hierdie hordes leë bladsye uitvee nie! Dit is amper meer werk om dit {{Leeg}} te merk as wat dit sou wees om net eenvoudig die goed uit te vee. - Renier
- Ek sou graag wil begin en sal hopelik binnekort bietjie meer tyd hê (was biejtie Kaap toe, Je!) maar die kommentaar oor die jaartal artikels was bietjie traag (ek dink jy en Dewet se opinie is darem dieselfde as myne) en ek wil nie sulke ingrypende veranderinge sonder waarskuwing maak nie. Ek glo genoeg tyd is verby wat jaartalle betref. Ek sou graag bietjie terugvoer wou hê oor my idee hoër in hierdie bladsy (redirects na die eeue). (--Alias)
- Ivm ander kort artikels sal ons moet kyk: ek het nog net na enkeles gekyk, en ek dink dat die skeiding tussen leeg en saadjie dalk moeilik gaan wees en dat ons dalk eerder na die saadjie-kant moet veilig speel. Aangesien daar verskille hieroor kan wees, glo ek dis my plig om tog maar deur die vervelige waarskuwing-wag-uitvee siklus te gaan. Ek sien nie 'n mooi gemeenskapvriendelike manier daarom nie, maar ek hoor graag kommentaar. --Alias 14:57, 9 11 2004 (UTC)
-
- Eenvoudig. Persoon 1 merkt een artikel als leeg. Als persoon 2 dit artikel wil behouden, maakt hij er een "saadjie" van. Als het artikel te kort is voor een "saadje" typt 2 persoon er enkele zinnen bij. Is er geen bezwaar, artikel weg. En omdat het artikel zo kort is, zullen weinig mensen dit betreuren.
-
- P.s. begin gerust, de meeste artikelen zijn echte onzin.Danielm 10:33, 10 11 2004 (UTC)
[wysig] Jy vs U
Ek let op dat Dewet my gebruik van "u" as aanspreekvorm in kennisgewings ens verander na "jy". Sover ek weet is dit bloot goeie styl om waneer mens anoniem met iemand kommunikeer (uit die mond van 'n organisasie), gebruik te maak van formele taal. Ons spreek mekaar natuurlik as "jy" aan, ons het al "ontmoet" en julle weet wie ek is. Maar as ons (die projek) iemand wil waarsku oor 'n moontlike kopieregprobleem (bv), sou ek eerder beleefd wou wees en hom/haar as "u" aanspreek. Ek besef hierdie is moontlik 'n saak van voorkeur wat styl betref. Ek weet nie of dit iemand sal pla as hulle as "u" aangespreek word nie, maar ek is seker daar is mense wat geafronteerd sal voel as hulle as "jy" aangespreek word. Ek plaas my opmerking hier vir kommentaar. --Alias 12:20, 10 11 2004 (UTC)
- Ek het self redelik daaroor nagedink; vir my is dit 'n baie stywe en formele styl om deurentyds "u" te gebruik. Ek dink dit is ook maar 'n soort evolusie wat Afrikaans besig is om te ondergaan, soortgelyk aan ander tale waar paralelle te vind is; die Engelse "thy"/"thou" wat die korrekte aanspreekvorm was in vergeleke met "you". Veral ook vir persone wat uit 'n dubbelmedium-huishouding kom is dit glad nie vreemd om 'n onbekende persoon as "jy" aan te spreek nie, bloot omdat "you" nie affront sou veroorsaak het nie. Ek dink mens kan dit ook deesdae in advertensie en ander media sien, waar die gebruik van "u" begin verdwyn ten voorkeur van "jy". (Dewet 13:08, 10 11 2004 (UTC))
-
- Ek stem saam dat dit besig is om te verander (dit grief my soms as ek in die media as "jy" aangespreek word - vandaar my opmerking). My punt is bloot dat 'n deel van ons "teikenmark" (Afrikaanse akademici, afgetrede spesialiste) moontlik geafronteerd kan voel, en ek dink dit meer beleefd is om "u" te gebruik. "Formeel" in jou woorde is volgens my maw goed - ons is immers besig om 'n ensiklopedie te skryf. Die Nederlands gebruik ook "u" sover ek weet. Die feit dat daar in dubbelmedium-huishoudings "jy" gebruik word, is sekerlik so, maar ek glo nie dat ons ons noodwendig daarvolgens moet skik nie. Maar ek hoor graag wat almal dink. --Alias 13:35, 10 11 2004 (UTC)
-
- Ek self is 'n voorstander van die minder formele jy aanspreekvorm. Maar aan die ander kant toe ek in Amerika en Australië was ek baie meer beïndruk met mense wat my aanvanklik eers as sir aangespreek het. Daar is tog iets wat jou meer welkom laat voel as mense jou aanvanklik met respek behandel al slaan hulle later oor na minder formele aanspreekvorme. In 'n wêreld waar mense mekaar met minder respek behandel is dit dalk goed om so 'n bietjie van die ouwêreldse maniere te behou (ten minste vir die eerste kontaksituasie). Renier.
-
-
- Sonder om my punt te herhaal, wil ek net in die konteks van jou opmerking sê dat boodskappe vir kopieregprobleme, vandalisme, ens waarskynlik eerste kontakgeleenthede is. Miskien is 'n gemengde benadering wel moontlik. Miskien moet aanspreking vermy word? --Alias 13:27, 11 11 2004 (UTC)
-
Ek wil nie hê ons moet 'n berg van 'n molshoop maak nie; ek werk elke dag in 'n "formele" (in die sin van Universiteit, nie taalgebruik nie) akademiese omgewing, en ek kan nie aan een persoon dink wat omgekrap of gegrief sal voel as hulle "jy" teëkom nie. Ek wil eerder 'n vriendelike, welkomende beeld uitstraal deur meer informele taalgebruik, as wat dit té "high and mighty" klink. Daar is seker die risiko na beide kante toe, reken ek, maak nie saak wat ons besluit nie. Wat my argument staaf is dat 'n mens dit deesdae oral begin raakloop; van koerante tot finansiële instansies se vorms; ek dink 'n persoon wat weier om by te dra omdat ons 'n verkeerde aanspreekvorm gebruik het, het groter probleme, en gaan sukkel in die groter samelewing. :) Maar soos alles anders, is dit net my opinie.
Ek probeer dwarsdeur dit meer onpersoonlik skryf, juis om hierdie aanspreekvorms te verhoed. Maar dit is partykeer onmoontlik. Hierdie is seker nie 'n debat met 'n eenvoudige antwoord nie. (Dewet 17:34, 11 11 2004 (UTC))
[wysig] Stelselboodskappe
Kan een van die administrateurs (Sover ek kan agterkom is dit net Alias wat aktief is?) vir ons die stelselboodskappe gaan regstel. Ek sien nie een van die skakelwenke ("tooltips") is nog vertaal nie. Dit moet gedoen word deur monobook.js te wysig. Pasop vir die gebruik van die woord "'n" daar. (ek is besig om met die sagteware op my rekenaar te speel :-) Dus weet ek dit kan lastig wees.--Renier 21:33, 13 11 2004 (UTC)
[wysig] Tale
Hoe gemaak met die artikelname van tale? In baie (meeste?) gevalle is iets soos Venda dubbelsinnig. Wat moet die taal se artikel dan wees?
- Venda (taal) - konsekwent met hoe baie dubbelsinnighede gehanteer word. Ingeboude mediawiki-ondersteuning om bloot [[Venda (taal)|]] te tik om Venda te laat vertoon. (Ek dink dit word omgeskakel as mens stoor.
- Ek stem vir hierdie een, omdat dit kragtig, eenvoudig en konsekwent is. (Dewet 20:16, 17 11 2004 (UTC))
- Venda taal - na analogie van en.wp se English language. Ons het ook Engelse taal, maar die byvoeglike gebruik van woorde soos Zoeloe, Venda, ens voel bietjie moeilik omdat daar nie 'n verbuigde vorm is nie.
- Vendataal - miskien uit 'n taaloogpunt meer korrek omdat dit een begrip is. Wel toutologies, maar in die lig van die dubbelsinnigheid wel sinvol.
- Slegs Venda volgens die aanname dat die taalartikel die waarskynlike belangstelling is van iemand wat daarvoor soek of daarna skakel. Daarmee saam dan net Venda (verklaring) vir die ander betekenisse.
--Alias 19:39, 17 11 2004 (UTC)
Ek het bloot begin met "<*> taal" (soos op en.wp) omdat meeste westerse tale wel die nodige verbuiging het, maar het nooit aan ons situasie hier gedink nie. Ek hou uit 'n beginseloogpunt nie van "<*> (verklaring)" benaming nie, want dit voel soos 'n vierkantige pen wat in 'n ronde gat inforseer word — die rigtingwyserblad moet by "<*>" gedoen word. Maar ek stem dat die ingeboude hantering van hakies nogal handig kan wees, so ek's bereid om al die bestaande "<*> taal" artikels na "<*> (taal)" te skuif. (Dewet 20:16, 17 11 2004 (UTC))
- Ek hoor graag almal se opinies. Ek dink die "Artikel (verklaring)"-bladsy is bloot gepas in die geval waar meeste mense bloot aan "Artikel" sal dink as aan die ander betekenisse van die naam. Maar nou ja, vir die tale, ek glo mens kan Zoeloe as b.nw. gebruik, maar dit voel vir my bietjie ongemaklik. Mens kan seker daaraan gewoond raak. Ek stem vir konsekwentheid wat ons ookal besluit. --Alias 15:23, 18 11 2004 (UTC)
- Het voordeel van haakjes is dat de Wikisoftware deze snapt: [[Zoeloe (taal)|]] wordt Zoeloe. Gebruik van haakjes maakt het maken van schakels veel makkelijker. Danielm 16:05, 18 11 2004 (UTC)
[wysig] Hulp met volteksnavraag
Hoe doen 'n mens dit?
- Waarna verwys jy? --Alias 21:57, 23 11 2004 (UTC)
[wysig] Pumpie
In die lig van ons nuutste poging om kwaliteit te verbeter, vra ek kommentaar oor Gebruiker:Pumpie. Kyk asb na sy bydraes. Dit hou aan en ek dink ons moet 'n beginselbesluit neem oor of ons hierdie dubbelsinnige saadjies wil hê. Meeste van hulle is waarskynlik op een of ander manier nuttig. --Alias 21:57, 23 11 2004 (UTC)
- Is redelik sinneloos om die ensiklopedie van ons met meer van hierdie tipe gemors vol te maak. Die meeste artikels is myns insiens nie eers relevant tot afrikaanssprekendes nie. In die lig van die hoër kwaliteit bydraes wat ons deesdae kry dink ek ons moet nie te bang wees met bladsyverwydering nie. Ek sien 'n leë skakel as 'n versoek tot 'n artikel. Myns insiens moet so 'n versoek ten minste in 'n sinvolle konteks geskied (Binne 'n artikel) en 'n saadjie moet geplant word deur 'n skrywer wat 'n breër artikel wil toelig maar nie voldoende kennis of tyd het om artikels buite sy persoonlike belangstellingsveld te skryf nie. Ek glo met ander woorde dat wees saadjies waarna nie vanaf 'n groter artikel geskakel word nie, sommer uitgevee moet word. Dit kon in die eerste plek in elk geval nie baie werk geverg het om die artikel te skryf nie. Renier