Middeleeue
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Die Middeleeue word rofweg gesien as die tyd tussen 400 en 1500 na Christus in die Europese geskiedenis. Na die middeleeue, in die renaissance, kom monargieë tot stand en word van die klassieke kulture herontdek, en word die middeleeue beskou as 'n tussenfase na die val van die Wes-Romeinse ryk teen die einde van die 5de eeu).
In die tyd van 476 tot 800 word die weste van Europa oorheers deur die koninkryke wat deur die Germaanse stamme gestig is. Die Franke het 'n belangrike rol gespeel omdat hulle die katolieke vorm van Christendom aangeneem het en stadig 'n groot deel van Europa verower het. In 800 word hulle koning Karel die Grote keiser en begin die Karolingiese Renaissance. Die keisers verloor vinnig hulle mag aan hulle vasalle (onderdane) en so begin die feodale tyd.
[wysig] Eksterne skakels
- Cunnan - 'n Engelse wiki wat inligting versamel van die middeleeue en die renaissance