Golf (fisika)
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Hierdie artikel behandel golwe in die mees algemene sin; 'n aparte artikel fokus op seegolwe.
'n Golf is 'n versteuring wat voortgeplant word. Behalwe vir elektromagnetiese straling, en moontlik gravitasionele straling, wat deur 'n vakuum kan beweeg, bestaan golwe in 'n medium waardeur dit kan beweeg en energie kan oordra sonder dat enige van die deeltjies van die medium permanent verplaas word; d.w.s., daar is geen massaverplasing nie. Enige spesifieke punt ossilleer om 'n vaste punt.
Golwe het kruine (hoë) en trôe (lae) wat óf letterlik óf in 'n grafiek van die wisseling kan voorkom.
Twee tipes golwe wat onderskei kan word is transversale en longitudinale golwe.
Transversale golwe is golwe waarin die kruine en troe loodreg is op die rigting waarin die golf beweeg, soos bv. elektromagnetiese golwe, of 'n watergolf.
Longitudinale golwe is golwe waarin die kruine en troe parallel aan die rigting van voortplanting is, soos klank golwe.