Jacques Cartier
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Jacques Cartier (Saint-Malo, Frankryk, 31 Desember, 1491 - 1 September 1557) was 'n Franse ontdekkingsreisiger van Kanada.
Die Koning van Frankryk, François I, het hom gekies om certaines îles et pays où l'on dit qu'il se doit trouver grande quantité d'or et autres riches choses te vind ("sekere eilande en lande waar daar skynbaar, groot hoeveelhede goud en ander rykdom is"). In 1534 het hy vertrek op 'n vaart opsoek na 'n westelike weg na Asië. Hy het sekere dele van wat nou bekend staan as Newfoundland bestudeer (beginnende op 10 Mei van daardie jaar).