Japanese slagskip Yamato
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
![]() Yamato op proewe, 1941 |
|
Loopbaan | ![]() |
---|---|
Bestel: | Maart 1937 |
Neergelê: | 4 November 1937 |
Gelanseer: | 8 Augustus 1940 |
Indiensneming: | 16 Desember 1941 |
Lot: | Gesink op 7 April 1945 Noord van Okinawa |
Algemene Eienskappe | |
Verplasing: | 65,027 ton (leeg, insluitend 21,266 ton pantser); 72,800 tonnes (geskat, volle vrag) |
Lengte: | 256 m (800.5 ft) waterlyn 263 m (862.5 ft) totaal |
Breedte: | 36.9 m (121 ft) |
Diepgang: | 11 m (36 ft) maksimum |
Aandrywing: | 4 stoomturbines 150,000 shp (110 MW), aangedryf deur 12 Kanpon stoomketels, Vier 3-len skroewe, 6.0 m (19.7 ft) wyd |
Spoed: | 27 knope (50 km/h) |
Rykafstand: | 11,500 km teen 16 knope (30 km/h) |
Bemanning: | 2,750 |
Pantser: | 650 mm op die aangesing van die geskuttorings 410 mm sypantser, geinklineer teen 20 grade 200 mm gepantserde dek |
Bewapening: | In 1941: 9 x 46 cm (18.2 duim) (3x3) 12 x 15.5 cm (6.1 duim) (4x3) 12 x 12.7 mm (6x2) 24 x 25 mm AA (8x3) 4 x 13 mm AA (2x2) In 1945 (soos gesink): |
Vliegtuie: | 7, 2 katapulte |
Yamato (大和), genoem na die antieke Japanese provinsie van Yamato, was `n slagskip van die Japanese Imperiale Vloot en was die eerste skip van sy klas. Hierdie skip en sy susterskip, Musashi, was die grootste, swaarste slagskepe wat ooit gebou is en was bewapen met nege 46 cm (18.1 duim) hoofkanonne.
[wysig] Konstruksie
Die Yamato klas is in die tydperk na die Washington Vlootverdrag ontwerp. Werk aan die ontwerp het in 1934 begin en is na verandering, is die finale ontwerp vir 'n 68,000 ton skip in 1937, aanvaar. Yamato is in 'n spesiaal voorbereide dok by die Kure Vlootskeepsverf beginnende op 4 November 1937. Die skip is op 8 Augustus 1940 te water gelaat en is op 16 Desember 1941 in gebruik geneem. Oorspronklik sou daar vyf skepe van die klas gebou gewees het, maar die derde skip van die klas, Shinano, is omskep in 'n vliegdekskip tydens konstruksie na die nederlaag by die Slag van Midway en die onbenoemde "Rompnommer 111" is geskrap in 1943 toe die omtrent 30% voltooi was, die vyfde skip in die klas is nooit bestel nie.
Die klas was ontwerp om beter te wees as enige skip wat die Verenigde State waarskynlik op daardie tyd sou bou. Die 46 cm hoofkanonne is bo 40.6 cm gekies, omdat die wydte van die Panama Kanaal die onuitvoorbaar sou maak vir die Amerikaanse Vloot om 'n skip met kanonne van 'n soortgelyke kaliber te bou sonder ernstige ontwerpsbeperkings en onvoldoende defensiewe rangskikkings nie.