Kuhliidae
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Vlagstert | ||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
![]() |
||||||||||||
Wetenskaplike klassifikasie | ||||||||||||
|
||||||||||||
Die vlagstert is 'n familie (Kuhliidae) van die perciformes orde van visse. Hulle kom natuurlik in die Indiese Oseaan en Stille Oseaan voor. Dertien spesies in een genus kom voor, waarvan slegs K. rupestris 'n varswaterspesie is.
Die vlagstert het 'n silwer voorkoms. Vlagsterte vorm 'n skool gedurende die dag en versprei in die aand op soek na kos. Die vis kan 'n lengte van 50 cm bereik.