La Grande-Motte
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
La Grande-Motte is 'n moderne vakansieoord met 6 458 inwoners (1999) in die département Hérault (Languedoc-Roussillon, Suid-Frankryk), wat op 1 Oktober 1974 amptelik gestig is. La Grande-Motte lê in die historiese gebied Petite Camargue, sowat 30 km van Montpellier af, en is as een van die tipiese Franse vakansieoorde van die sewentigerjare beplan.
Die bekendste bakens van die stad is die "Piramides", 'n reeks geboue wat 'n groot aantal vakansiewoonstelle huisves, en Point Zéro, die Nulmeridiaan, wat deur La Grande-Motte loop.