Panda
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Groot panda | ||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
![]() |
||||||||||||||
Wetenskaplike klassifikasie | ||||||||||||||
|
||||||||||||||
Die groot panda (Ailuropoda melanoleuca) is 'n soogdier wat geklassifiseer is in die Ursidae familie en voorkom in sentraal en suid Sjina.
[wysig] Algemene inligting
Die groot panda word gekenmerk deur 'n swart en wit pels. 'n Volwasse panda word omtrent 1.5m lank en 75cm hoog en kan tot 115kg weeg. Die panda se hoofbron van voedsel is bamboes maar hulle kan ook ander kos soos heuning, eiers en vis eet. Pandas is 'n bedreigde spesie met omtrent 1600 pandas in die natuur en 188 in aanhouding. Volgens 'n sensus in 2005 is die natuurlike pandabevolking besig om te groei.