Algebra
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Algebra is die afdeling van wiskunde waar simbole gebruik word om verhoudings aan te dui.
Klassieke algebra het uit die algemene metode van oplos van verhoudings gekom. Hierin kom getalle en simbole voor wat met die volgende bewerkings bewerk word: maal, deel, optel en aftrek, sowel as ander bewerkings soos vierkante en magte.
Onthou net altyd dat aritmetika of ook genoem rekeningkunde, nie as die selfde tipe vergelykings gesien moet word as Pythagoras se stelling nie.
In wiskunde kom magte by voor. 'n Voorbeeld hiervan is kwadraat. Enige getal maal met homself is 'n kwadraat. Byvoorbeeld is die getal 9 'n kwadraat, want . So ook die kwadraat
Moderne algebra het ontwikkel uit klassieke algebra, maar daar word baie meer gekonsentreer op die struktuur daarvan.
Algebra kan dus beskryf word as die taal van wiskunde.
[wysig] Geskiedenis
Die geskiedenis van algebra het begin in Egipte en Babilonië, waar mense geleer het om lineêre (soos ax = b) en kwadratiese (soos ax2 + bx = c vergelykings, sowel as intermediêre vergelykings soos x2 + y2 = z2, waar 'n paar onbekendes voorkom, op te los.
Hierdie manier van werk het 'n lang ruk so gebly tot in die tyd van Islam. Islamiese mense het algebra beskryf as die wetenskap vir vervanging en balansering en dit is hoogswaarskynlik hoe rekenkunde sy verskyning gemaak het. Die Islam woord vir algebra is al-jabru. In die 9de eeu het Arabiese wiskundige al-Khwarizmi een van die eerste arabiese vergelykings geskryf. Hy het die wette van algebra so goed ontleed dat hy 'n baie ingewikkelde vergelyking soos om x,y en z te vind om die volgende te balanseer: x + y + z = 10, x2 + y2 = z2, en xz = y2.