Dugong
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Dugong | ||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
![]() |
||||||||||||||
Wetenskaplike klassifikasie | ||||||||||||||
|
||||||||||||||
Binomiale naam | ||||||||||||||
D.dugon | ||||||||||||||
Die dugong is 'n waterlewende soogdier; die kleinste lid van die orde Sirenia (wat ook die lamantyne insluit). Die naam het sy oorsprong uit Maleis (duyung) wat dame van die see, of meermin, beteken. Die dier word net in vlak water aangetref.
Inhoud |
[wysig] Identifikasie
Die dugong se totale lengte is tussen 2,5m en 3m lank. Die liggaam is sigaarvormig, en die dier het vinpote en stertlobbe. Die vinpote is spaanagtig. Daar is nie agterpote nie, net 'n groot vlesige stert wat soos die dolfyn se stert horisontaal afgeplat is. Die velkleur is grysbruin, en is bo 'n bietjie donkerder as onder. Die bek en onderlip is bedek met kort, dik borselhare.
[wysig] Verspreiding
In Suider-Afrika kom die dugong voor langs die suidelike kus van Mosambiek, maar enkele swerwers word ook langs die kwaZulu/Natalkusgebied aangetref. Wêreldwyd het die voorkoms van die dugong verskraal van die hele suidelike gedeelte van die Stille Oseaan en die Indiese Oseaan na enkele areas in Australië, Nieu-Guinee, Palau en klein getalle langs die ooskus van Afrika.
[wysig] Habitat
Die dugong bewoon slegs vlak, beskutte water naby die kuslyn.
[wysig] Gedrag
Dugongs is gewoonlik alleenlopers, maar kan ook in pare of familiegroepe voorkom. Hulle swem stadig; en kan vir tot vyf minute onderwater bly, alhoewel die gemiddelde duiktog nie veel langer as 'n minuut duur nie.
[wysig] Geluide
Onbekend.
[wysig] Kos
Die dierspesie eet etlike soorte seegras wat voorkom in beskutte, vlak strandbaaie of strandmere.
[wysig] Voortplanting
Een kalf word voortgebring tussen November en Januarie.
[wysig] Galery
[wysig] Sien ook
- Lys van Suider-Afrikaanse soogdiere
- Lys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike name
- Suider-Afrikaanse soogdiere en hul ordes
[wysig] Eksterne skakels
[wysig] Bronne
- 'Veldgids tot die soogdiere van Suider-Afrika'. Chris en Tilde Stuart. Eerste uitgawe, 1988.
- Enkele gedeeltes van die Engelse artikel Dugong is ook gebruik.