Eiffeltoring
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Die Eiffeltoring is die bekendste baken van die Franse hoofstad Parys. Die toring wat van staal gemaak is word deur die Franse ingenieur Alexandre Gustave Eiffel (1832-1923) beplan en vir die Wêreldtentoonstelling en die eeufees van die Franse Rewolusie in 1889 gebou. Die toring is 300,5 meter hoog (met sy antenna 320,8 meter) en dien vandag as uitsigpunt en uitsaaitoring. Daar is hysbakke wat 'n voortreflike uitsig oor die stad bied, en in goeie weersomstandighede kan 'n mens sowat 70 kilometer ver sien. Waagmoediges kan met die 1 652 trappies op na die boonste platvorm stap. Die toring huisves 'n poskantoor, 'n rolprentteater wat met sy films die geskiedenis van die Eiffeltoring behandel en, op die tweede verdieping, die bekende restourant Jules Verne. Dit is so gewild dat besprekings weke vooraf gemaak moet word. Net soos die Washington gedenksteen in Washington DC is die Eiffeltoring ook 'n obelisk, dit is egter net baie goed vermom.