Eintracht Braunschweig
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
![]() |
|
Volledige naam | Braunschweiger Turn- und Sportverein Eintracht von 1895 e.V. |
Bynaam | Löwen, BTSV |
Opgerig | 15 Desember 1895 |
Stadion | Stadion an der Hamburger Straße, Braunschweig |
Kapasiteit | 23 500 |
Kompetisie | Bundesliga 2 |
Eintracht Braunschweig is ‘n sokkerklub uit die Duitse stad Braunschweig, gestig in 1895.
Die klub was vinnig gewild in Noord-Duitsland en het die streekskampioen geword in 1908 en 1913. In 1914 het die klub drie spelers vir die Duitse nasionale span gelewer. Met die oprigting van die Bundesliga in 1963 word die span een van die 16 gelukkige klubs wat in die nuwe kompetisie kon meeding. Vier jaar later word die klub die eerste keer ooit die Duitse kampioen en staan slegs 27 doele af, ‘n rekord wat eers in 1988 deur SV Werder Bremen verbeter is.
Brauschweig was ook die eerste klub in die Bundesliga wat ‘n borg se logo op sy truie aangebring het, ‘n voorbeeld wat vinnig nagevolg is. In 1977 mis die span ‘n tweede titel op ‘n haar na deur 1 punt onder die kampioen VfL Borussia Mönchengladbach te eindig en gelyk met FC Schalke 04 te trek, maar 3de geplaas te word deur ‘n swakker doelkoeffisiënt.
Nog ‘n indrukwekkend rekord van die klub is dat geen speler ‘n enkele rooi kaart gekry het van 1963 tot 1973 nie.
[wysig] Erelys
- 1967
[wysig] Onlangse ligaposisionering
|
|
[wysig] Eksterne skakels
2. Bundesliga seisoen 2006/07 | |
FC Augsburg - TSV 1860 München - Eintracht Braunschweig - FC Carl Zeiss Jena - FC Erzgebirge Aue - MSV Duisburg - SC Rooiwit Essen - SC Freiburg - SpVgg Greuther Fürth - FC Hansa Rostock - 1 FC Kaiserslautern - Karlsruher SC - TuS Koblenz - 1. FC Keulen - Kickers Offenbach - SC Paderborn 07 - SpVgg Unterhaching - SV Wacker Burghausen |