Karlsruher SC
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Volledige naam | Sport Club von 1894 Mühlburg-Phönix e.V. |
Bynaam | KSC |
Opgerig | 6 Junie 1894 |
Stadion | Wildparkstadion, Karlsruhe |
Kapasiteit | 32 306 |
Kompetisie | Bundesliga 2 |
Karlsruher SC is ‘n sokkerklub uit die stad Karlsruhe in Duitsland. In die beginjare was die klub bekend as Phönix Karlsruhe en die span was vroeg suksesvol toe dit in 1909 die Duitse kampioen geword.
Op 16 Oktober 1952 het Phönix met VfB Mühlburg saamgesmelt, wat self ‘n fusie was met VfB Karlsruhe sedert 1933. Die klub het hiermee ook sy huidige naam Karlsruher Sport Club von 1894 Mühlburg-Phönix e.V. aangeneem, wat meesal afgekort word na Karlsruher SC. In 1956 haal die span vir die eerste keer sedert 1909 die eindstryd om die nasionale titel, maar verloor teen BV Borussia Dortmund met 2-4.
In 1963 was die klub een van die oorspronklike deelnemers aan die Bundesliga.
‘n Hoogtepunt in die klubgeskiedenis was toe die klub in 1994 in die tweede ronde van die UEFA-beker met 1-3 teen Valencia CF van Spanje verloor het, maar in die terugwedstryd met 7-0 gewen het! KSC het voortgegaan om ook PSV Eindhoven, Boavista FC Porto en Girondins de Bordeaux uit te skakel voordat hulle in die halfeindronde teen SV Austria Salzburg op die wegdoelreël uitgeskakel is.
[wysig] Erelys
- 1909
DFB-Pokal
- 1955, 1956
[wysig] Onlangse ligaposisionering
|
|
[wysig] Eksterne skakels
2. Bundesliga seisoen 2006/07 | |
FC Augsburg - TSV 1860 München - Eintracht Braunschweig - FC Carl Zeiss Jena - FC Erzgebirge Aue - MSV Duisburg - SC Rooiwit Essen - SC Freiburg - SpVgg Greuther Fürth - FC Hansa Rostock - 1 FC Kaiserslautern - Karlsruher SC - TuS Koblenz - 1. FC Keulen - Kickers Offenbach - SC Paderborn 07 - SpVgg Unterhaching - SV Wacker Burghausen |