New Immissions/Updates:
boundless - educate - edutalab - empatico - es-ebooks - es16 - fr16 - fsfiles - hesperian - solidaria - wikipediaforschools
- wikipediaforschoolses - wikipediaforschoolsfr - wikipediaforschoolspt - worldmap -

See also: Liber Liber - Libro Parlato - Liber Musica  - Manuzio -  Liber Liber ISO Files - Alphabetical Order - Multivolume ZIP Complete Archive - PDF Files - OGG Music Files -

PROJECT GUTENBERG HTML: Volume I - Volume II - Volume III - Volume IV - Volume V - Volume VI - Volume VII - Volume VIII - Volume IX

Ascolta ""Volevo solo fare un audiolibro"" su Spreaker.
CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Strokiesverhaal - Wikipedia

Strokiesverhaal

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Die Belgiese strokiesverhaal-museum in Brussel
Die Belgiese strokiesverhaal-museum in Brussel

Strokiesverhaal' (of tekenprent-verhaal) is die generiese term vir sekwensiële kuns. Dit bestaan uit in 'n sekwensiële volgorde gerangskikte prente, wat 'n gebeurtenis beskryf of 'n verhaal vertel. Meestal (maar nie noodsaaklik nie) is die prente geteken en gekombineer met verhalende teks en/of direkte rede (wat dikwels in die vorm van spraakborrels aangebied word).

Strokiesverhale word algemeen as 'n kuns in hul eie reg beskou, wat sy oorsprong sowel in die letterkunde asook in die beeldende kuns het. Die Engelse vakterm comic of comic strip (komiese strokie) is 'n bietjie misleidend, aangesien die strokiesverhale nie noodsaaklik van komiese aard moet wees nie.

In Frankryk en België, waar strokiesverhale lankal deel van die kulturele lewe is, word na 'n strokiesverhaal as bande dessinée (getekende strokie) verwys (dikwels word net die afkorting "BD" gebruik). Die Franse letterkundige Francis Lacassin vorm in 1971 die nuwe vakterm negende kuns.

Inhoud

[wysig] Die geskiedenis van die strokiesverhaal

Die strokiesprent-fees Festival international de la bande dessinée d'Angoulême in Frankryk
Die strokiesprent-fees Festival international de la bande dessinée d'Angoulême in Frankryk

'n Presiese datum vir die eerste strokiesverhaal is moeilik om te bepaal. Met die definisie van strokiesverhale as sekwensiële kunsvorm kan die rotstekeninge van byvoorbeeld die grotte van Lascaux in Frankryk of soortgelyke tekeninge in Italië, Algerië en Sjina as vroeë strokiesverhale beskryf word, aangesien hulle 'n verhaal met behulp van tekeninge vertel.

Geskiedenis in die vorm van 'n strokiesverhaal: 'n Komeet as slegte voorteken op die Tapyt van Bayeux
Geskiedenis in die vorm van 'n strokiesverhaal: 'n Komeet as slegte voorteken op die Tapyt van Bayeux

Hierdie definisie sluit ook die antieke fresko's van Egipte, Griekeland en Rome in, wat wél as 'n verhaal beskou kan word, wat met 'n reeks beelde vertel word.

In die Middeleeue is die Tapyt van Bayeux sonder twyfel een van die beroemdste strokiesverhale, wat die Normandiese verowering van Engeland met behulp van beelde ook aan ongeletterdes sou kon verduidelik.

[wysig] Aspekte van die strokiesprent en -verhaal

[wysig] Formele aspekte

Oorspronklik het daar vaste reëls ten opsigte van die struktuur en omvang van 'n strokiesprent bestaan. Aangesien hulle in koerante vrygestel is, is die lengte, grootte, aantal prente en die duur van die strokiesverhaal vir 'n lang tyd deur die koerantredakteurs vasgelê.

Tot vandag toe moet 'n strokiesprent 'n vasstaande omvang hê, wat gewoonlik oor 'n lengtesy moet strek. 'n Strokiesverhaal bevat dus tussen drie en vyf prente, met 'n (dikwels komiese) plot aan die slot van die storie. Moderne tekenaars word egter dikwels nie meer deur sulke konvensies gebind nie.

'n Ander beperking het die aantal bladsye in 'n strokiesprent-album betref. Om tegniese redes kon maksimaal 48 bladsye gedruk word, aangesien een vel drukpapier plek bied vir vier bladsye. Die avonture van Kuifie het oorspronklik in 'n aantal aflewerings verskyn, met 'n totale omvang van meer as 100 bladsye. Hergé, die Belgiese skepper van Kuifie, was genoodsaak om die verhale vir die album-uitgawes tot die standaardomvang van 62 bladsye te verkort. Hierdie konvensie word in die sewentigerjare vir die eerste keer deur die tekenaar Hugo Pratt gebreek. Vir die verhale van sy karakter Corto Malese het hy die omvang van elke album self bepaal.

Met die opkoms van die Graphic Novel ("grafiese roman") word hierdie verskynsel algemeen. Die grafiese romans in die vorm van strokiesprente is ten opsigte van hulle literêre aanspraak en indiwidualiteit aan die geskrewe romans gelyk gestel. Tans word strokiesvehale ook in boekvorm uitgegee en bevat soms enkele honderd bladsye.

[wysig] Teikengroep

'n Bladsy van die strokiesprentreeks Little Nemo
'n Bladsy van die strokiesprentreeks Little Nemo

Daar bestaan 'n aantal misverstande oor die strokiesprent en -verhaal. Een van die oudste clichés veronderstel dat strokiesverhale nie vir grootmense geskryf en geteken sou word nie. Hierdie vooroordeel dateer uit die vroeë tydperk van die genre, toe die eerste Amerikaanse strokiesprente op karakters soos The Yellow Kid en The Katzenjammer Kids gefokus het.

Min mense het egter waargeneem dat selfs die moderne kunsstrominge van dié tyd in strokiesprente ingewerk is (soos byvoorbeeld in Winsor McCay se Little Nemo, wat invloede van die art nouveau-styl toon) en ook vooraanstaande kunstenaars as strokiesprenttekenaars opgetree het (soos byvoorbeeld Lyonel Feininger met sy The Kin-der-Kids). Strokiesprente het daarnaas sowat vertig jaar lank hoofsaaklik in koerante verskyn, wat byna uitsluitlik deur volwassenes gekoop is.

Strokiesprentkunstenaars soos Carl Barks, Hergé, Charles M. Schulz, Morris of Uderzo het soms veertig jaar lank hulle karakters geteken, en die kinders, wat die strokiesverhale gelees het, is dikwels ook as grootmense nog steeds gereelde lesers. Nogtans het sedert die laat sestigerjare ook strokiesprente verskyn, wat op volwasse lesers gemik was, soos die sogenaamde Underground Comix.

Strokiesverhale vir volwasse lesers is vir 'n lang tyd vereenselwig met erotiese of selfs pornografiese prente. Inderdaad het baie skrywers en tekenaars net geleidelik begin om hulle werke aan die belangstellings van 'n volwasse teikengroep aan te pas en hulle lewenservarings te verbeeld en te verwoord. Hierdie strokiesverhale maak nie meer gebruik van wetenskapsfiksie- en fantastiese elemente nie, maar reflekteer eerder die maatskaplike realiteit met persoonlike ervarings.

Desondanks is daar ook strokiesverhale, wat wetenskapsfiksie met erotiese en pornografiese elemente verbind, soos die Morbus Gravis (Latyn: "swaar siekte")-reeks met sy hoofkarakter Druuna, wat deur die Italiaanse strokiesprenttekenaar Paolo Eleuteri Serpieri geskep is.

[wysig] Afrikaanse strokiesverhale

Die vermenslikte bobbejane van Adoons-hulle (1948), wat naas 'n aantal ander tipies Afrikaanse karakters en tema's deur die Suid-Afrikaanse strokieskunstenaar Thomas Ochse Honiball (1905-1990) geskep is, behoort tot die bekendste strokiesverhale wat oorspronklik in Afrikaans verskyn het. Honiball het tydens sy verblyf in die Verenigde State kennis met die oorsese koerantstrokies gemaak en na sy terugkeer na Suid-Afrika in 1930 besluit om die strokiesverhaal ook by die Afrikaanse publiek bekend te maak.

'n Ander bekende Suid-Afrikaanse strokiesverhaalreeks, wat ook internasionale erkenning geniet, is Bitterkomix, wat deur die Kaapstadse kunstenaars Anton Kannemeyer en Conrad Botes geskep is en vir die eerste keer in 1992 verskyn het. Die reeks is gemik op volwasse lesers en lewer kommentaar op maatskaplike wantoestande.

[wysig] Eksterne skakels

Static Wikipedia (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -

Static Wikipedia 2007 (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -

Static Wikipedia 2006 (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu

Static Wikipedia February 2008 (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu