VfL Bochum
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
VfL Bochum | |||||||||||||||||||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||||||||||||||||||
Volle naam | Verein für Leibesübungen Bochum 1848 Fußballgemeinschaft e.V. |
||||||||||||||||||||||||||||||||
Stigting | 1911 | ||||||||||||||||||||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Stadion | rewirpowerSTADION (vroeër bekend as Ruhrstadion), Bochum |
||||||||||||||||||||||||||||||||
Kapasiteit | 32 645 | ||||||||||||||||||||||||||||||||
Liga | Bundesliga | ||||||||||||||||||||||||||||||||
|
VfL Bochum is ‘n Duitse sportklub uit die Wesfaalse stad Bochum wat veral bekend is om sy sokkerafdeling.
Die sokkerafdeling van die vereniging was die kampioen van die Bundesliga 2 in die 2005/06-seisoen en speel in die 2006/07-seisoen dus in die Bundesliga.
Naas sokker het VfL Bochum die volgende afdelings: pluimbal, basketbal, skerm, hokkie, atletiek, handbal, swem, dans, tennis, tafeltennis, gimnastiek en vlugbal.
Inhoud |
[wysig] Geskiedenis
[wysig] Oprigting tot Tweede Wêreldoorlog
Die atletiekklub Bochumer TV is in 1848 gestig. Die eer vir die eerste sokkerklub in Bochum gaan egter aan Fußballklub 06 wat later bekend word as SV Germania 06 Bochum. In 1908 word SuS Bochum gestig wat in 1919 met Bochumer TV saamsmelt om TuS Bochum 1848 te vorm.
TuS Bochum het slegs een seisoen in die Gauliga Wesfale gespeel, terwyl Germania van 1933 tot 1938 in die Gauliga gespeel het. Die Nazi's het egter aangedring dat TuS en Germania saamsmelt om sodoende VfL Bochum te vorm.
[wysig] Naoorlogse geskiedenis en die Bundesliga
In 1949 speel die klub in die Oberliga Wes. Die klub het daarna tussen die 1ste en 2de klasse gespring.
Met die oprigting van die Bundesliga in 1963 het die klub sokker in die 3de klas van die Duitse sokkerstruktuur gespeel. Twee jaar later promoveer die klub na die 2de. In 1968 verloor die klub in die Duitse bekereindstryd teen 1. FC Keulen en 3 jaar later promoveer die klub vir die eerste keer na die Bundesliga.
In 1988 verloor die klub weereens die Duitse bekereindstryd, hierdie keer teen Eintracht Frankfurt.
‘n Hoogtepunt in die klubgeskiedenis was die deelname aan die UEFA-bekerkompetisie in 2004.
[wysig] Onlangse ligaposisionering
|
|
[wysig] Eksterne skakels
Bundesliga seisoen 2006/07 | |
Alemannia Aken - DSC Arminia Bielefeld - Bayer Leverkusen - FC Beiere München - VfL Bochum - BV Borussia Dortmund - VfL Borussia Mönchengladbach - Eintracht Frankfurt - FC Energie Cottbus - Hannover 96 - Hertha BSC Berlyn - Hamburger SV - FSV Mainz 05 - 1 FC Neurenberg - FC Schalke 04 - VfB Stuttgart - SV Werder Bremen - VfL Wolfsburg |