Wolkekrabber
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
'n Wolkekrabber, of toringgebou, is 'n besonder hoë gebou. Emporis Data Committee, 'n internasionale maatskappy wat 'n lys van hoe geboue oral in die wêreld instand hou, definieer 'n wolkekrabber as 'n gebou wat ten minste 35 meter hoog is en op reelmatige intervalle verdeel is in bewoonbare verdiepings [1]. Die bewoonbaarheidskriterium onderskei wolkekrabbers van torings en maste.
Die Home Insurance Building in Chicago word beskou as die eerste wolkekrabber. Dié tienverdieping-gebou is in 1884-1885 opgerig. 'n Ander aanspraakmaker op die titel is die tienverdieping-Wainwright Building van 1892 deur Louis Sullivan, wat steeds in St. Louis, Missouri staan. Die meeste vroeë wolkekrabbers het hulle verskyning gemaak in gebiede met grondtekorte in New York Stad en Chicago aan die einde van die 19de eeu.
Noodsaaklike ontwikkelings vir die ontwikkeling van wolkekrabbers was staal, gewapende beton, waterpompe en hysbakke. Tot die 19de eeu, was geboue hoër as ses verdiepings skaars. Dit was onprakties vir mense om soveel trappe op te klim, en waterdruk kon lopende water tot slegs (15 m) voer.
Die gewigsdraende dele van wolkekrabbers verskil heelwat van dié van ander geboue. Geboue tot omtrent vier verdiepings kan deur hulle mure ondersteun word, terwyl wolkekrabbers en ander hoë geboue deur 'n skeletraam ondersteun moet word. Die mure hang dan soos gordyne van die raam-vandaar die argiteksterm, gordynmuur, vir hoë stelsels van glas wat lateraal ondersteun word deur skeletrame. Spesiale voorsorgmaatreëls moet ook getref word vir windlas op die gebou.
Sommige struktuuringenieurs definieer 'n wolkekrabber as enige vertikale konstruksie waarvoor wind 'n belangriker las as gewig is. Let daarop dat hierdie kriterium nie net deur wolkekrabbers bevredig word nie maar ook deur ander hoë strukture soos torings.
Oorspronklik was die term "skyscraper" 'n vlootterm vir die mas of seil van 'n seilskip.
[wysig] Geskiedenis van die wêreld se hoogste wolkekrabbers
Vir 'n ranglys van wolkekrabbers volgens hoogte sien Lys van wolkekrabbers. Die onderstaande lys meet die hoogte van die dak van 'n wolkekrabber. Die meer algemene metode is om die hoogste argitektoniese detail te meet, en so 'n meting sou die Petronas Torings, wat in 1998 gebou is insluit.
Gebou in | Gebou | Stad | Land | Dak | Verdiepings | Spitstoring | Huidige status | ||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
1885 | Home Insurance Building | Chicago | VSA | 180 ft | 55 m | 12 | Afgebreek | ||
1890 | New York World Building | New York Stad | VSA | 309 ft | 94 m | 20 | 349 ft | 106 m | Afgebreek |
1894 | Manhattan Life Insurance Building | New York Stad | VSA | 348 ft | 106 m | 18 | Afgebreek | ||
1895 | Milwaukee City Hall | Milwaukee | VSA | 350 ft | 107 m | 9 | Staan steeds | ||
1899 | Park Row Building | New York Stad | VSA | 391 ft | 119 m | 30 | Staan steeds | ||
1908 | Singer Building | New York Stad | VSA | 612 ft | 187 m | 47 | Afgebreek | ||
1909 | Met Life Tower | New York City | VSA | 700 ft | 213 m | 50 | Staan steeds | ||
1913 | Woolworth Building | New York Stad | VSA | 792 ft | 241 m | 57 | Staan steeds | ||
1930 | 40 Wall Street | New York Stad | VSA | 71 | 927 ft | 283 m | Staan steeds | ||
1930 | Chrysler Building | New York Stad | VSA | 925 ft | 282 m | 77 | 1046 ft | 319 m | Staan steeds |
1931 | Empire State-gebou | New York Stad | VSA | 1250 ft | 381 m | 102 | 1472 ft | 449 m | Staan steeds |
1972 | Wêreldhandelsentrum toring 1 | New York Stad | VSA | 1368 ft | 417 m | 110 | 1727 ft | 526 m | In terroriste-aanval vernietig |
1974 | Sears Tower | Chicago | VSA | 1450 ft | 442 m | 110 | 1730 ft | 527 m | Staan steeds |
2003 | Taipei 101 | Taipei | Taiwan | 1470 ft | 448 m | 101 | 1667 ft | 508 m | Staan steeds |
Bron: Onbekend.
Tans vind bouwerk plaas aan die Burj Dubai in Dubai, Verenigde Arabiese Emirate. Daar word verwag dat dit die hoogste gebou in die werêld gaan word en bespiegelinge oor die uiteindelike hoogte wissel van 700 tot 950 m.
[wysig] Sien ook
- Argitektuur, Konstruksie
- Empire_State-gebou, Wêreldhandelsentrum