Benzodiasepien
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Die benzodiasepiene is 'n tipe geneesmiddel met angsverligtende, spierverslappende, hipnotiese en antikonvulsiewe eienskappe. Dit word dikwels gebruik vir die korttermynverligting van erge angs of slaaploosheid. Langtermyngebruik kan geneesmiddelafhanklikheid tot stand bring. Dit word vermoed dat die benzodiasepiene werk op die GABA reseptorgroep. Die aktivering van dié neuroreseptor lei tot die onderdrukking van die hoër geestelike funksies. Daar is grootskaals begin om hierdie tipe middel voor te skryf sedert die laat 1960’s en 1970’s.
Inhoud |
[wysig] Lede van die groep
Benzodiasepiene word gewoonlik in drie groepe verdeel:
- kortwerkend (korter as ses ure) –- 'n terugbons-slaaploosheid, en verergering van angs teen wakkerwordtyd kan hiermee voorkom.
- tussen kort-en-langwerkend (effektief vir tussen 6-10 ure) -– matige residuele simptome kan voorkom
- langwerkend (langer as 10 ure) –- sterk kalmerende, onderdrukkende simptome kan met die gebruik hiervan voorkom, asook 'n opbouing van die bloedkonsentrasie.
[wysig] Lys van benzodiasepine
Sien 'n Lys van benzodiasepiene.
[wysig] Uitwerkings
Alle benzodiasepiene het die volgende voorspelbare uitwerkings, alhoewel sommige sterker slaapmiddels kan wees en andere 'n sterker geheueverlies (sien onder newe-effekte) kan veroorsaak. Hoe hoër die dosis, hoe sterker is die effek.
- Angswerend
- Antikonvulsiewe effek
- Spierverslappend
- Slaapmiddel.
[wysig] Newe-effekte
- Geheueverlies (dit veroorsaak 'n anterograde geheueverlies).
- Slaperigheid
- Ataksie
- Verwarring
- Vertigo
- Ingekorte oordeel
- Ingekorte vermoë om masjinerie te bedryf
Al die bogenoemde newe-effekte word vererger met die inname van alkohol.
[wysig] Afhanklikheid
Langtermyngebruik lei gewoonlik na afhanklikheid. As daar dan summier opgehou word met die gebruik van die middel, kan die volgende simptome van onttrekking die gebruiker tref:
- Slaaploosheid
- Angs, en selfs paniekaanvalle
- Tagikardie
- Hipertensie
- Depressie, en selfs selfmoordgedagtes
- Tremor
- Sweet
- Eetlusverlies
- Wane
- Stuipe
Daarom is dit altyd beter om 'n persoon wat lank of op 'n hoë dosis van ‘n benzodiasepien was, versigtig, en verkieslik onder mediese toesig, te speen.
[wysig] Geskiedenis
Die eerste benzodiasepien, chloordiazepoksied is toevallig ontdek in 1954 deur die Oostenrykse wetenskaplike Dr Leo Sternbach (1908-2005), toe hy dit herbekyk het -- nadat hy dit eers laat vaar het -- op 'n tydstip toe 'n assistant besig was om sy laboratorium vir hom op te klaar.
[wysig] Verwysings
- Gerada C, Ashworth M. ABC of mental health. Addiction and dependence--I: Illicit drugs. BMJ 1997;315:297-300. Fulltext. PMID 9274553.
- Sternbach LH. The discovery of librium. Agents Actions 1972;2:193-6. PMID 4557348
[wysig] Eksterne skakels
[wysig] Bron
Verkorte weergawe van die artikel Benzodiazepine vanuit die Engelse Wikipedia