Static Wikipedia February 2008 (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu

Web Analytics
Cookie Policy Terms and Conditions Dmitri Sjostakovitsj - Wikipedia

Dmitri Sjostakovitsj

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Dmitri Sjostakovitsj
Dmitri Sjostakovitsj

Dmitri Dmitrievitsj Sjostakovitsj (Russies: Дми́трий Дми́триевич Шостако́вич, Dmitrij Dmitrijevič Šostakovič) (Sjabloon:OldStyleDate–9 Augustus 1975) was 'n Russiese komponis van die Sowjet tydperk. Hy het 'n komplekse verhouding met die Sowjet regering gehad; sy musiek is twee keer amptelike veroordeel, in 1936 en 1948, en sy werk is periodieke verban. Ter selfde tyd het hy een van die gewildste Sowjet komponiste van sy generasie gebly en het hy verskeie lofbetuigings en staatstoekennings ontvang, en het in die Opperste Sowjet gedien.

Na 'n aanvanklike avant-garde periode, het Sjostakovitsj hoofsaaklik in die romantiese idioom geskryf, sterk beïnvloed deur Mahler. Hy het dit egter gekombineer met atonaliteit en per geleentheid toonrye. Sy musiek sluit baie keer skerp kontraste en elemente van die groteske in. Sy grootste werke word meestal beskou as simfonië en strykkwartette, vyftien van elk; ander werk sluit in operas, ses konserte en beduidende hoeveelheid filmmusiek. Laurel Fay kom in Grove tot die gevolgtrekking dat:

"Amid the conflicting pressures of official requirements, the mass suffering of his fellow countrymen, and his personal ideals of humanitarian and public service, he succeeded in forging a musical language of colossal emotional power."[1]

Inhoud

[wysig] Lewe

[wysig] Vroeë lewe

Sjostakovitsj is in Sint Petersburg, Rusland as die tweede van drie kinders aan Dmitri Boleslavovisj Sjostakovitsj en Sofija Kokaoulina Sjostakovitsj gebore. Sy familie was polities oorwegend liberaal en tolerant (een van sy ooms was 'n Bolsjewis. Hy was 'n wonderkind as beide 'n pianis en komponis. Sy talent het te voorskyn gekom toe hy op nege-jarige ouderdom klavierlesse begin neem het. In 1918, skryf hy 'n begrafnismars ter nagedagtenis aan twee leiers van die Kadet party wat deur Bolsjewistiese matrose vermoor is. In 1919 word hy toegelaat tot die Petrograd Konservatorium, op daardie stadium gelei deur Alexander Glazunov. Hy het egter swaar gekry weens sy oënskynlike gebrek aan politieke ywer en het aanvanklik in 1926 die eksamen in Marxistiese metodologie gedruip. Sy eerste groot musikale prestasie was die Eerste Simfonie wat vir sy graduering geskryf is.

Na sy graduering het hy aanvanklik 'n dubbele loopbaan as konsertpianis en komponis gevolg, maar sy droë speelstyl hetgereeld nie aanklank gevind nie. Hy verkry nogtans 'n "eervolle vermelding" by die 1927 Warskou Internasionale Klavierkompetisie. Na die kompetisie ontmoet Sjostakovitsj die dirigent Bruno Walter, wat so beïndruk was met die komponis se Eerste Simfonie dat hy die Berlyn première later die jaar gedirigeer het. Daarna konsentreer Sjostakovitsj op komposisie en beperk optredes spoedig tot uitvoerings van sy eie werk. In 1927 skryf hy sy Tweede Simfonie (met die onderskrif Na Oktober). Terwyl hy die simfonie skryf begin hy ook sy satiriese opera Die Neus, gegrond op die stories deur Gogol. In 1929, word die opera deur RAPM, die Stalinistiese musikante organisasie, gekritiseer as "formalisties" en kry dit tydens die opening daarvan in 1930 oor die algemeen swak resensies.

1927 dui ook die begin van die komponis se verhouding met Ivan Sollertinski aan wat sy beste vriend gebly het tot laasgenoemde se dood in 1944. Sollertinski het Sjostakovitsj aan die musiek van Gustav Mahler voorgestel wat 'n sterk invloed op sy musiek gehad het vanaf die Vierde Simfonie. 1932 tree hy in 'n oop huwelik met sy eerste vrou, Nina Varzar. Aanvanklike probleme lei in 1935 tot egskeidingstappe maar die paartjie is gou weer herenig.

1929. Sjostakovitsj, Meyerhold, Mayakovski en Rodchenko wat Mayakovsky se toneelstuk The Bedbug instudeer
1929. Sjostakovitsj, Meyerhold, Mayakovski en Rodchenko wat Mayakovsky se toneelstuk The Bedbug instudeer

In die laat 1920's en vroeë 1930's werk hy by TRAM, 'n proletaries jeugteater. Hoewel hy min werk in die pos verrig het, het dit hom van ideologiese aanvalle beskerm. Groot dele van die periode is spandeer aan die skryf van sy opera Lady Macbeth van die Mtsensk Distrik; dit is vir die eerste keer in 1934 opgevoer en was onmiddelik suksesvol, beide op populêre en amptelike vlak. Dit is beskryf as “die resultaat van die algemene sukses van Sosialistiese herkonstruksie, van die korrekte beleid van die Party" en dat so 'n opera “slegs deur 'n Sowjet komponis wat in die beste tradisie van Sowjet kultuur opgevoed is geskryf kon gewees het.”[2]

[wysig] Eerste veroordeling

In 1936 val Sjostakovitsj in onguns. Die jaar begin met 'n reeks aanvalle op hom in Pravda, in besonder 'n artikel genaamd Muddle Instead of Music. Die veldtog is deur Stalin, wat Lady Macbeth as formalisties verwerp het, aangehits; gevolglik het kommissies begin opdroog en het sy inkomste met omtrent drie-kwart geval. Daar is begin met repetisiesvir die Vierde Simfonie, maar die politieke klimaat het opvoerings onmoontlik gemaak. Dit is tot 1961 nie opgevoer nie, maar Sjostakovitsj het die werk nie ontken nie: dit het die benoeming as sy vierde simfonie behou. 'n Klavier reduksie is in 1946 uit gegee.

1936 was ook die begin van die Groot Suiwering, waarin baie van die komponis se vriende en familie in hegtenis geneem of tereggestel is. Sy enigste vertroosting in die tydperk was die geboorte van sy dogter Galina in 1936; sy seun Maxim is twee jaar later gebore.

Die komponis se reaksie op die veroordeling van sy werk was die Vyfde Simfonie van 1937, wat musikaal meer konserwatief as sy vroeëre werk was en overte politieke inhoud ontbreek het. Dit was 'n sukses, en is steeds een van sy mees gewilde werke. Dit was ook in die tydperk wat Sjostakovitsj die eerste van sy strykkwartette geskryf het. Sy kamer werke het hom toegelaat om te eksperimenteer en idees uit te druk wat onaanvaarbaar sou wees sy meer publieke simfoniese stukke. In September 1937 begin hy komposisie gee by die Konservatorium, wat hom 'n mate van finansiële sekuriteit verskaf het maar met sy eie kreatiewe werk ingemeng het.

[wysig] Oorlog

Met die uitbreek van die oorlog tussen Rusland en Duitsland in 1941, het Sjostakovitsj aanvanklik in Leningrad gebly tydens die beleg toe hy die eerste drie bewegings van sy Sewende Simfonie (met die bynaam Leningrad) geskryf het. Hy het ook tot propaganda pogings bygedra en as 'n brandweerman geposeer en deelgeneem aan 'n radio uitsaaiprogram aan die Sowjet volk . In Oktober 1941, is die komponis en sy familie na veiligheid gebring in Kuybishev (nou Samara), waar die simfonie voltooi is. Dit is aangeneem as 'n simbool van Russiese weerstand beide in die USSR en in die Weste.

In die lente van 1943 trek die familie na Moskou. Terwyl die Sewende Simfonie 'n heroïese (en uiteindelike seëvierend) stryd teen teëspoed uitbeeld, is die Agste Simfonie van die jaar moontlik die toppunt van somber en geweldadige uitdrukking in Sjostakovitsj se uitset wat daartoe gelei het dat dit tot 1960 verban is. Die Negende Simfonie (1945), daarteenoor, is 'n ironiese Haydenagtige parodie, wat nie die eise vir 'n gesang van oorwinning bevredig het nie. Sjostakovitsj het aangehou om kamermusiek te komponeer, vernaamlik sy Tweede Piano Trio (Op. 67), opgedra aan Sollertinski, met 'n bittersoet, Joodse totentanz tema as finale.

[wysig] Tweede veroordeling

In 1948 is Sjostakovitsj in die Zhdanov dekreet weer veroordeel vir formalisme. Meeste van sy werk is verban, hy is gedwing om in die openbaar berou te toon en sy gesin se voorregte is ingetrek. Yuri Lyubimov sê dat op die stadium: "he waited for his arrest at night out on the landing by the lift, so that at least his family wouldn't be disturbed".[3]

In die volgende paar jaar is sy komposisies verdeel in filmmusiek om 'n inkomste te verdien, amptelike werk wat daarop gemik was om 'n amptelike rehabilitasie te bekom, en ernstige werk vir die lessenaarlaai". Laasgenoemde het die Vioolkonsert No. 1 en die sangsiklus Uit Joodse Volkspoësie ingesluit. Daar is meningsverskil oor die mate waartoe hy bewus was van die gevaar wat hy geloop het deur laasgenoemde te skryf. Sommige kommentators meen dat hy met amptelike beleid probeer konformeer het deur volksliedjies as sy inspirasie te gebruik; aan die anderkant het hy dit geskryf op 'n tydstip toe die na-oorlogse anti-Semitiese veldtog reeds op dreef was en Sjostakovitsj het noue bande gehad met van die mense wat daardeur geaffekteer is.

Die beperkings op Sjostakovitsj se musiek en lewensomstandighede is in 1949 verlig om sy deelname in 'n afvaardigings van Sowjet hooggeplaastes na die VSA te verseker. In die jaar skryf hy ook sy kantate Sang van die Woude, wat Stalin geprys het as die "groot tuinier". In 1951 word die komponis 'n afgevaardigde van die Opperste Sowjet gemaak. Stalin se dood in 1953 verteenwoordig die grootste bydra tot Sjostakovitsj se amptelike rehabilitasie, wat gepaard gegaan het met sy Tiende Simfonie. Dit sluit 'n aantal musikale aanhalings en kodes (noemenswaardig die DSCH en Elmira motiewe) in, waarvan die betekenis steeds onder bespreking is, terwyl die brutale tweede beweging na bewering 'n musikale portret van Stalin self is. Dit is saam met die Vyfde een van sy gewildste werke. 1953 was ook die jaar waarin 'n stroom premières van die "lessenaarwerke" plaasgevind het.

In die veertigs en vyftigs het Sjostakovitsj hegte verhoudings met twee van sy leerlinge gehad: Galina Ustvolskaya en Elmira Nazirova. Hy het Ustvolskaya van 1937 tot 1947 afgerig. Dit is glad nie duidelik wat die aard van hulle verhouding was nie: Mstislav Rostropovisj het dat as "teer" beskryf en Ustvolskaya het in 'n onderhoud in1995 beweer dat sy 'n voorstel van hom af in die vyftigs verwerp het. Ustvolskaya se vriend, Viktor Suslin, het egter in die selfde onderhoud gesê dat sy teen haar graduering in 1947 "ernstig teleurgesteld" in hom was. Die verhouding met Nazirova was oënskynlik meer eensydig, hoofsaaklik uitgedruk in sy briewe aan haar tussen 1953 en 1956. In die agtergrond was Sjostakovitsj steeds getroud met Nina Varzar tot met haar afsterwe in 1954. Hy het in 1956 met sy tweede vrou, Margarita Kainova, getrou; die huwelik het egter nie langehou nie en hulle het drie jaar later geskei.

[wysig] Aansluiting by die Kommunistiese Party

In 1960 vind nog 'n keerpunt in Sjostakovitsj se lewe plaas: hy sluit in die jaar by die Kommunistiese Party aan. Interpretasies van die gebeurtenis wissel van 'n teken van lafhartigheid, 'n gebrek aan onderneming of as die resultaat van politieke druk. Aan die een kant was die apparat ongetwyfeld minder onderdrukkend as voor Stalin se dood. Aan die anderkant onthou sy seun dat die gebeurtenis Sjostakovitsj tot trane gedryf het,[4] en hy het later sy vrou Irina vertel dat hy afgepers is.[5] Lev Lebedinski het gesê dat die komponis selfmoord oorweeg het.[6] Op omtrent die tydstip het sy gesondheid ook begin agteruit gaan. Sjostakovitsj se musikale antwoord op die persoonlike krisisse was die Agtste Strykkwartet, wat soos die Tiende Simfonie aanhalings en sy musikale monogram insluit.

In 1962 trou hy vir die derde keer, met Irina Supinskaya. In 'n brief aan sy vriend Isaak Glikman, skryf hy dat "haar enigste gebrek is dat sy 27 jaar oud is. In alle ander opsigte is sy manjifiek: slim, vrolik, reguit en baie innemend".[7] In November durf Sjostakovitsj sy enigste onderneming as dirigent aan. Hy dirigeer 'n paar van sy eie werke in Gorky: andersins het hy versoeke om te dirigeer van die hand gewys en sy senuwees of swak gesondheid as redes verskaf.

Beeld:Shostyevkondrash01.jpg
Sjostakovitsj (links), met die dirigent Kiril Kondrashin en die digter Yevgeny Yevtushenko by die première van die komponis se omstrede 13se simfonie.

In die jaar keer Sjostakovitsj weer terug tot die anti-Semitisme onderwerp van in sy Dertiende Simfonie (met die onderskrif Babi Yar). Die simfonie toonset 'n aantal gedigte deur Yevgeny Yevtushenko, waarvan die eerste die menseslagting van die jode tydens die Tweede Wêreldoorlog gedenk. Menings wissel oor hoe groot risiko dit was: die gedig is in die Sowjetmedia gepubliseer en is nie verban nie, maar dit was steeds omstrede. Na die simfonie se première is Yevtushenko gedwing om 'n strofe by sy gedig te voeg wat beweer dat Russe en Oekraïners saam met Jode by Babi Yar gesterf het.

[wysig] Latere lewe

In sy latere lewe het Sjostakovitsj aan chroniese swak gesondheid gelei, maar hy het geweier om sigarette en vodka te laat vaar. Van 1958 het hy aan 'n uitmergelende toestand gelei wat veral sy regterhand geaffekteer het en hom op die ou end gedwing het om op te hou klavierspeel: in 1965 is dit as polio gediagnoseer. Hy het ook die daaropvolgende jaar en weer in 1971 hartaanvalle gehad. Hy het verskeie kere geval en beide sy bene gebreek; in 1967 skryf hy in 'n brief:

"Teiken tot dusver bereik: 75% (regterbeen gebreek, linkerbeen gebreek, regterhand defektief. Ala wat ek nou nodig het is om my linkerhand te ruïneer en dan sal al my ledemate buite werking wees.)"[8]

Baie van Sjostakovitsj se latere werk weerspieël sy bemoeienis met sy eie mortaliteit, dit sluit in die die latere kwartette en die Veertiende Simfonie van 1969 ('n sangsiklus gebaseer op 'n aantal gedigte wat oor die doodstema handel). Die onderwerp van die werk val ook saam met Sjostakovitsj op sy mees ekstreem in terme van musikale taal, met twaalfnoot temas wat deurgans gebruik word sowel as digte polifonie. Die Vyftiende Simfonie van 1971 is in teentselling hiermee melodies en terugblikkend van aard met aanhalings uit Wagner, Rossini en die komponis se eie Vierde Simfonie.

Sjostakovitsj sterf op 9 Augustus 1975 van longkanker en word na 'n burgerlike begrafnis in die Novodevichy Begrafplaas, Moskou ter aarde gestel. Die amptelike doodsberig het eers drie dae later in Pravda verskyn, oënskynlik omdat die bewoording op die hoogste vlak deur Brezhnev en die res van die Politburo goedgekeur moes word.[9] Selfs voor sy dood is hy vereer met die baneming van Sjostakovitsjskiereiland op Alexandereiland, Antarktika (dit is tussen die Beethovenskiereiland en die Bachysbank aan die een kant en die Stravinski-inham en Monteverdiskiereiland aan die ander kant geleë).

Hy is deur sy derde vrou Irina, en sy dogter Galina, en sy seun Maxim, 'n pianis en dirigent eerste opvoerder van sommige van sy vader se werk, oorleef. Sjostakovitsj self het verskeie opnames van sy eie klavierwerke agtergelaat, terwyl vername interpreteerders van sy musiek sy vriende Emil Gilels, Mstislav Rostropovich, Tatiana Nikolayeva, en Maria Yudina insluit.

Sjostakovitsj se musikale invloed op jonger komponiste was betreklik gering. Alfred Schnittke het egter sy eklektisisme en sy kontraste tussen die dinamiese en die statiese opgeneem; sy invloed kan ook gesien word in sommige Nordiese komponiste soos Kalevi Aho[10] and Lars-Erik Larsson.[11] Sy konserwatiewe idioom het egter al hoe gewilder geword onder gehore soos die avant-garde in invloed verminder het en inligting oor sy politieke oogpunte bekend geraak het. Volgens Grove, het hy nou "the most popular composer of serious art music of the middle years of the 20th century" geword.[12]


Static Wikipedia 2008 (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -

Static Wikipedia 2007 (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -

Static Wikipedia 2006 (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu