Frankies (taal)
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Frankies is 'n versamelnaam vir die Wes-Germaanse tale en Frankiese dialekte, wat hulle historiese oorsprong in die ooste van die Frankiese Ryk het:
- Die Nederfrankiese taal met Nederlands, Afrikaans en hulle dialekte;
- Die tale en dialekte van die Wesmiddelduitse taal;
- Die Hoogduitse dialekte in die oorgangsgebied van die Middelduitse tot Opperduitse taalgebied.
Taalkundiges verskil oor die vraag of daar werklik sprake van 'n Frankiese taalfamilie kan wees, aangesien daar nog geen bewyse gelewer word dat die huidige Frankiese tale en dialekte taalhistories uit een gemeenskaplike Frankiese oorsprongstaal ontwikkel het. (Sien ook: Franke)
Inhoud |
[wysig] Frankiese tale en dialekte
[wysig] Frankies in die Nederduitse taalgebied
- Nederlands, soms ook Nederfrankies genoem (Nederland, België, Frankryk en Noordryn-Wesfalen)
- Fries-Hollandse dialekte, mengdialekte van Wesfries en Nederlandse dialekte (Nederland)
- Hollandse dialekte (Nederland)
- Vlaamse dialekte (België, Frankryk, Nederland)
- Suidnederfrankies (Nederland, Noordoosbelgië, VSA, Noordryn-Wesfalen)
- Suidgelders (Kleverlands; Nederland, Noordryn-Wesfalen)
- Pella Dutch (Iowa, VSA)
- Limburgs-Bergies (Provinsie van Limburg, België; Provinsie van Limburg, Nederland; Noordryn-Wesfalen (in die omgewing van Düsseldorf en Duisburg))
- Suidgelders (Kleverlands; Nederland, Noordryn-Wesfalen)
- Afrikaans (Suid-Afrika, Namibië; immigrantetaal in Australië, Kanada, die VSA, Nieu-Seeland)
[wysig] Frankies in die Wesmiddelduitse taalgebied
- Middelfrankies
- Ripuaries, ook Ripuaries-Frankies genoem (Noordryn-Wesfalen, Rynland-Palts en België)
- Rynfrankies
- Moeselfrankies (Noordryn-Wesfalen, Rynland-Palts en Saarland)
- Lëtzebuergesch, ook Luxemburgs genoem (Luxemburg, België en Frankryk)
- Lotaringies (Frankryk)
- Palties
- Wespalties (Rynland-Palts en Saarland)
- Voorpalties (Rynland-Palts en Frankryk)
- Keurpalties (Baden-Württemberg)
- Hessies-Nassous (Hessen en Rynland-Palts)
- Nederhessies (Hessen en Thuringen)
- Moeselfrankies (Noordryn-Wesfalen, Rynland-Palts en Saarland)
[wysig] Frankies in die oorgangsgebied tussen Middel- en Opperduits
- Oosfrankies (Beiere, Baden-Württemberg, Hessen, Thüringen en Sakse)
- Mainfrankies (Beiere en Thüringen suid van die Rennsteig)
- Suidfrankies (Baden-Württemberg (Karlsruhe, Pforzheim, Heilbronn) en Hessen (in die oostelike Odenwald)
[wysig] Eksterne skakels
- Huidige Duitse dialekte
- "The Linguasphere Register", Zone 52 (Germaanse tale)
- Der fränkische Dialekt (Friedrich Engels)