Slawerny
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Slawerny is 'n toestand waarin een persoon, bekend as 'n slaaf, gedwonge en sonder vergoeding onder die beheer van 'n ander persoon werk. Die doel daarvan is omtrent altyd om die arbeid van die slaaf uit te buit. Slawe word die wettige of onwettige eiendom van hulle eienaars, en kan dus na willekeur gekoop of verkoop word.