Ceres (dwergplaneet)
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Ceres, ook bekend as 1 Ceres, is die kleinste dwergplaneet in ons sonnestelsel en die enigste een in die hoof-asteroïdegordel. Die planeet se naam is afgelei van die Romeinse godin Ceres, die godin van groeiende plante, die oes en moederlike liefde. Ceres was op 1 Januarie, 1801, deur Guiseppe Piazzi ontdek. Met 'n diameter van ongeveer 950 km is Ceres verreweg die grootste en massiefste liggaam in die asteroïdegordel en besit ook ongeveer 'n derde van die gordel se massa. Onlangse waarnemings het gewys dat die planeet sferies is, anders as die vorms van die kleiner asteroïdes wat minder swaartekrag het.
Die sonnestelsel |
---|
Die son · Mercurius · Venus · Aarde · Mars · Ceres · Jupiter · Saturnus · Uranus · Neptunus · Pluto · Eris |
Planete · Dwergplanete · Mane: Aarde · Mars · Asteroïdies · Jupiter · Saturnus · Uranus · Neptunus · Pluto · Eris |
Klein hemelliggame: Meteoroïdes · Asteroïdes (die astroïdegordel) · Centaurs · TNV's (Kuipergordel/Verstrooide skyf) · Komete (Oortwolk) |