Uranus (planeet)
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
|
Uranus is die sewende planeet van die son. Dit is 'n gas reus met die derde grootste diameter en vierde grootste massa. Dit is vernoem na die Griekse god van die hemel.
Die enigste ruimtetuig om Uranus te besoek was NASA se Voyager 2.
William Herschel het Uranus ontdek op 13 Maart 1781. Dit is uniek aangesien alle planete tot Saturnus vanaf antieke tye af reeds bekend was. Dit is ook die eerste planeet wat ontdek is deur tegnologie te gebruik in plaas van met die blote oog te sien.
Inhoud |
[wysig] Ontdekking en benaming
Uranus is die eerste planeet wat ontdek is wat nie vanaf antieke tyd bekend was nie. Die vorige kere wat Uranus gesien was, was dit verwar met 'n ster. Die eerste opgetekende besigtiging van die ster was in 1690 toe John Flamsteed dit gekatalogiseer het as 34 Tauri. Hy het Uranus ten minste 'n verdere ses kere gesien. Die rekord behoort egter aan 'n Fraanse astonoom, Pierre Lemonnier, wat Uranus ten minste twalf keer tussen 1750 en 1771 gesien het.
William Herschel het die planeet formeel ondek op 13 Maart 1781. Hy het dit egter geraporteer as 'n komeet op 26 April 1781[1].
Die oorspronklike naam wat Herschel aan die planeet gegee het was Georgium Sidus (George se ster), vernoem ter vir Koning George III. Hy het dit egter verander na die Georgian Planet. Die naam is selfs so laat as 1850 gebruik, maar was egter nie aanvaarbaar buite Britanje nie. Lalande het die naam Herscel voorgestel in 1784. Na heelwat alternatiewe name voorgestel is, het Bode, redigeer van die Berliner Astronomisches Jahrbuch, die naam Uranus begin gebruik.
In Chinees, Japanees, Koreaans en Vietnamees beteken die naam van die planeet letterlik "Hemel koning ster" (天王星).[2]
[wysig] Natuurlike satelliete
Uranus het 27 natuurlike satelliete. Die name is gekies as karakters uit Shakespeare en Alexander Pope. Die vyf grootstes is Miranda, Ariel, Umbriel, Titania en Oberon.
Die grootste mane van Uranus (in vergelyking met die Aarde se maan) |
|||||
---|---|---|---|---|---|
Naam |
Diameter (km) |
Massa (kg) |
Orbitale radius (km) |
Orbitale periode (d) |
|
Miranda | 470 (14%) |
0.7 (0.1%) |
129,000 (35%) |
1.4 (5%) |
|
Ariel | 1160 (33%) |
14 (1.8%) |
191,000 (50%) |
2.5 (10%) |
|
Umbriel | 1170 (34%) |
12 (1.6%) |
266,000 (70%) |
4.1 (15%) |
|
Titania | 1580 (45%) |
35 (4.8%) |
436,000 (115%) |
8.7 (30%) |
|
Oberon | 1520 (44%) |
30 (4.1%) |
584,000 (150%) |
13.5 (50%) |
[wysig] Sigbaarheid
Uranus se helderheid is tussen +5.5 en +6.0, wat beteken dat dit op 'n goeie aand gesien kan word met die blote oog as 'n ligte ster. Dit kan maklik gevind word met verkykers. Met 'n amateur teleskoop gee die planeet 'n ligte blou skynsel en twee van die mane (Titania en Oberon) kan van tyd tot tyd gesien word.
[wysig] Bronne
- ↑ Account of a Comet, By Mr. Herschel, F. R. S.; Communicated by Dr. Watson, Jun. of Bath, F. R. S., Philosophical Transactions of the Royal Society of London, Volume 71, pp. 492-501.
- ↑ "Sailormoon Terms and Information." The Sailor Senshi Page. URL besoek op 2006-03-05.
Die sonnestelsel |
---|
Die son · Mercurius · Venus · Aarde · Mars · Ceres · Jupiter · Saturnus · Uranus · Neptunus · Pluto · Eris |
Planete · Dwergplanete · Mane: Aarde · Mars · Asteroïdies · Jupiter · Saturnus · Uranus · Neptunus · Pluto · Eris |
Klein hemelliggame: Meteoroïdes · Asteroïdes (die astroïdegordel) · Centaurs · TNV's (Kuipergordel/Verstrooide skyf) · Komete (Oortwolk) |