Pluto (dwergplaneet)
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Pluto is 'n dwergplaneet in die sonnestelsel. Tot onlangs is Pluto gesien as die negende planeet. Op 23 Augustus 2006 het die Internasionale Astronomiese Unie Pluto geklassifiseer as 'n dwergplaneet.
Pluto se wentelbaan is nie rond nie, wat beteken dat dit met tye nader aan die son is as Neptunus. Dit is kleiner as heelwat van die mane in die sonnestelsel. Charon is Pluto se grootste natuurlike satelliet. In 2005 is twee kleiner satelliete ontdek, naamlik Nix en Hydra.
Die sonnestelsel |
---|
Die son · Mercurius · Venus · Aarde · Mars · Ceres · Jupiter · Saturnus · Uranus · Neptunus · Pluto · Eris |
Planete · Dwergplanete · Mane: Aarde · Mars · Asteroïdies · Jupiter · Saturnus · Uranus · Neptunus · Pluto · Eris |
Klein hemelliggame: Meteoroïdes · Asteroïdes (die astroïdegordel) · Centaurs · TNV's (Kuipergordel/Verstrooide skyf) · Komete (Oortwolk) |