Michail Petrowitsj Lazaref
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Michail Petrowitsj Lazaref (Russies: Михаил Петрович Лазарев) (3 November, 1788 — 11 April, 1851), Russiese vlootaanvoerder en verkenner, admiraal (1843).
Inhoud |
[wysig] Opleiding en loopbaanbegin
Lazaref kom uit 'n ou Armeense familie. In 1800 skryf hy in by Rusland se Vlootkollege. Drie jaar later word hy na die Britse vloot gestuur, waar hy vir 'n ononderbroke vyf-jaar navigasie sou bly. In 1808—1813, dien Lazaref in die Oossee Vloot. Hy neem deel aan die Russies-Sweedse Oorlog van 1808-1809 en die Patriotiese Oorlog van 1812.
[wysig] Loopbaan as Ontdekkingsreisiger
Lazaref omseil vir die eerste keer om die aardbol in 1813—1816, aanboord die vaartuig Suvorov; die ekspedisie het by Kronstadt begin en het Alaska bereik. Gedurende die tog ontdek Lazaref die Suworow Atoll.
As 'n aanvoerder van die skip Mirny en as Fabian von Bellingshausen se ondergeskikte op sy wêreldvaart in 1819-1821, neem Lazaref deel in die ontdekking van Antarktika en talle eilande. Op 28 Januarie 1820 (Nuwe datumstyl) ontdek die ekspedisie die Antarktiese vasteland waar hulle die Antarktiese kus nader by 'n punt met koördinate 69°21′28″S, 2°14′50″W en ysvelde daar waarneem.
In 1822-1825, omseil Lazaref die aardbol vir die derde keer op sy fregat Kreyser en onderneem hy wye navorsing in die meteorologie en etnografie velde.
[wysig] Oorlogstyd Bevelvoering
In 1826 word Lazaref bevelvoerder van die skip Azov, wat na die Middellandse See sou seil as deel van die eskadron onder bevel van Admiraal Login Petrovitsj Geiden en neem deel aan die Slag van Navarino in 1827. Lazaref ontvang die rang van Skoutadmiraal vir uitnemendheid tydens die slag.
In 1828—1829 was hy in bevel van die Dardanelles blokkade.
In 1830 keer Lazaref terug na Kronstadt en word 'n bevelvoerder van vlooteenhede van die Oossee Vloot. Twee jaar later word hy as Stafhoof van die Swartsee Vloot aangestel.
In Februarie tot Junie van 1833 lei Lazaref 'n Russiese eskadron na die Bosporus en teken die Verdrag van Hunkar-Iskelesi met Turkye. In 1833 word Lazaref aangestel as bevelvorder van die Swart See Vloot, die Swart See haweens, en ook as militêre goewerneur van Sevastopol en Nikolajev.
[wysig] Invloed en nalatingskap
Admiraal Lazaref was invloedryk beide in in tegniese aangeleenthede en as mentor tot jonger offisiere. Hy het die skep van 'n stoomaangedrewe vloot voorgestaan, maar Rusland se tegniese en ekonomiese agterstand was 'n groot hindernis hierteen. Hy het ook 'n aantal Russiese vloot bevelvoerders insluitend Pavel Nachimov, Vladimir Kornilov,Vladimir Istomin, en Grigory Boetakov opgelei.
'n Atol in die Stille Oseaan, kape in die Amur riviermonding en op die Unimakeiland, 'n eiland in die Aral See, 'n baai en hawe in die See van Japan en ander plekke dra Lazaref se naam.
[wysig] Eksterne skakels
- 'n Kaart van sy Antarktiese ekspedisie (in Russies), let wel alle datums is volgens die Juliaanse kalender