Russies
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Russies (Русский язык, 'ru.skʲi jɪ.'zɨk) is 'n taal wat tot die Slawiese tale behoort. Dit is die grootste taal in die taalgroep. Binne Slawies vorm dit met Oekraïens en Wit-Russies die Oos-Slawiese groep. Dit is die voertaal in baie van die republieke van die voormalige Sowjetunie, waaronder Rusland.
Russies word in Europa o.a. in Estland (saam met Esties), Georgië (saam met Georgies, Abchazisch, Ossetisch, Armeens en Turks), Letland (saam met Lets), Litaue (saam met Litaus en Pools), Moldawië (saam met Roemeens, Oekraïens, Bulgaars, Turks en Gagaoezisch), Oekraïne (saam met Oekraïens, Krim-Tataars, Gagaoezisch, Roemeens, Hongaars, Bulgaars, Pools, Duits, Slowaaks, Wit-Russies en Grieks) en Wit-Rusland (saam met Wit-Russies, Oekraïens en Pools) gepraat. In Rusland word naas Russies ook nog tale soos Tsjetsjeens, Tataars, Kirgizisch, Basjkiers en byna honderd ander tale gepraat.
Russies word met die Cyrilliese alfabet geskryf. Met transliterasie na ander alfabette/tale sluip allerlei verskille in soos veral duidelik in die transkripsie van eiename, soos Gorbatsjov, Gorbatsjow, Gorbachev ens.
Enkele aspekte waar dit met Afrikaans verskil sluit in: afwesigheid van die lidwoord, vrye sinsbou, vrye klemtone, verbuiginge van selfstandige en byvoeglike naamwoorde (ses naamvalle), en aspekte van die werkwoorde.
[wysig] Dialekte
Eienaardig is die feit dat Russies baie min dialekte het. Die verskil tussen dialekte en algemeen Russies betref veral uitspraak. So word in Suid-Russiese dialekte (gebied van Krasnodar en Rostov-na-Donoe) die letter “г” ongeveer soos die Afrikaanse/Nederlandse “g” uitgespreek (/x/), hoewel dit in die standaardtaal meer soos “g” van die Engelse woord “green” klink (/g/). Lomonosov het Russies sy hedendaagse vorm in die tweede helfte van die 18de eeu gegee; Poesjkin en Karamzin'n egte letterkunde daarmee in die 19de eeu.
In die Noord-Russiese dialek (gebied van Vologda en Archangelsk) word “o” altyd as “o” uitgespreek. In die standaardtaal word “o” daarteenoor slegs beklemtoon as “o” uitgespreek en anders as “a”. So noem die Russe self hulle hoofstad nie “Moskwa” ("móskwa") nie;, maar wel “Maskwa” ("maskwá"), want die klemtoon val op die tweede lettergreep.
[wysig] Nederlands & Duits in die Russiese taal
Deur die belangstelling van tsaar Pieter die Grote in die Nederlandse skeepvaart het daar nogal heelwat Nederlandse woorde (skeepvaartterme) in Russies beland wat ook in Afrikaans vir ons heel bekend behoort te lyk:
- sluis - шлюз - (spr. 'sjljoes')
- snoer - шнур - (spr. 'sjnoer')
- kabeltouw - кабельтов - (spr. 'kabiltóf')
- kiel - киль - (spr. 'kiel')
- ruim - трюм - (spr. 'trjoem' (< 't ruim))
- kajuit - каюта - (spr. 'kajoéta')
- noord - норд - (spr. 'nort')
- zuid - зюйд - (spr. 'zjoejt')
- oost - ост - (spr. 'ost')
- west - вест - (spr. 'west')
- schipper - шкипер - (spr. 'sjkiépjir')
- vlaggestok - флагшток - (spr. 'flagsjtók' (met 'Engelse', eksplosiewe 'g'))
- bootsman - боцман - (spr. 'batsmán')
Daar is ook 'n aantal Duitse woorde in die Russiese taal opgeneem:
- Schlagbaum - шлагбаум - (spr. 'sjlakbáum')
- Rucksack - рюкзак - (spr. 'rjoegzák' (met eksplosiewe 'g'))
- Butterbrot (Duits: toebroodjie) - бутерброд - (spr. 'boetjêrbrót')
- Perückenmacher (Duits: 'pruikmaker') - парикмахер (haarkapper) - (spr. 'parjikmágjir' met Afrikaanse, frikatiewe 'g')
[wysig] Sien ook
Sjabloon:Wikibooks
- Uitspraak van die alfabet
- Nederlands vir Russe
- Russian Lessons .Net
![]() |
Vir woordeboekinligting, sien die bladsy Russies op WikiWoordeboek |
Indo-Europese tale > Satem-tale > Slawiese tale > | ||
Wes-Slawiese tale: | Oos-Slawiese tale: | Suid-Slawiese tale: |
Kasjoebies | Polabies | Pools| | Slowaaks | Sorbies | Rusyn (Rusnak) | Tsjeggies | Oekraïens | Russies | Rusyn (Roeteens) | Wit-Russies | Bulgaars | Macedonies | Kerkslawies | Sloweens | Serwo-Kroaties (Bosnies, Kroaties, Serwies) |